REDAKSIONEEL

Bert Sorgdrager

Boodskap vanaf die president

van die NWU-Konvokasie

Geagte alumni

 

Dis in tye van onsekerheid en uitdagings wat karakter getoets word, en die NWU slaag die huidige karaktertoets met vlieënde vaandels.

 

Wat ’n voorreg as alumnus om steeds hierdie vooraanstaande instelling te dien en deel te wees van gebeure op ons kampusse.

 

Hiermee wil ek jou graag uitnooi om jou gewig agter jou alma mater te gooi en voluit betrokke te raak sodat ons, ten spyte van uitdagings met betrekking tot die ekonomie, die pandemie en ander struikelblokke, ongehinderd vorentoe kan beweeg.

 

Laat jou stem geld

 

Die doel van die NWU-Konvokasie is om te verseker ons alumni het ’n stem op die NWU-Raad – julle insette kan hierdie instelling help om nog hoër hoogtes te behaal.

 

Sodra jy ’n graad of diploma verwerf het, is jy outomaties ’n alumnus, maar lidmaatskap tot die NWU-Konvokasie behels ’n eenmalige aansoek en betaling van R50 vir lewenslange lidmaatskap. Daarmee kry jy toegang tot verskeie voordele, maar bowenal die voorreg om jou stem te laat geld. Klik hier en kry toegang tot die aansoek wat jou minder as drie minute sal neem om te voltooi.

 

Met die veranderinge in tegnologie, verander die wyse waarop ons kommunikeer en kontak behou met ons alumni, onder meer deur sosiale media. Gaan volg gerus die NWU-alumniblad op Facebook, waar ons julle van die jongste gebeure en interessante verwikkelinge vertel. Ons wil julle nog beter leer ken, so gaan klik gerus die “Hou van”-knoppie.

 

Ons sal julle op hoogte hou

 

Met die skryf van hierdie brief het ons nog gewag vir die laaste nominasies vir 2021 se alumni-toekennings vir uitnemendheid, maar daar is geen twyfel dat hierdie jaar se nominasies weer die room van die oes gaan wees nie.

 

Die pandemie maak beplanning toenemend moeiliker, maar sodra ons meer inligting oor die Covid-19-inperkingsvlakke het, sal ons weer met julle oor die toekennings en ook oor ons driejaarlikse konvokasievergadering kommunikeer. Intussen kan julle gerus wees dat die NWU sy studente, personeel en gemeenskappe so veilig as moontlik hou.

 

Ek wil julle graag aanmoedig om betrokke te raak en te help sodat die NWU steeds kan groei. Bly ook veilig te midde van die pandemie, en moenie moed verloor nie.

 

 

Groete,

 

Bert Sorgdrager
President van die NWU-Konvokasie

 

 

 

dIe NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARITKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U