REDAKSIONEEL

Nicolize van der Walt is die afdelingshoof van die Alumnikantoor.

 

 

NWU & U se
redaksionele span

Redakteur

Nelia Engelbrecht

 

Redaksie

Belinda Bantham

Willie du Plessis

Bertie Jacobs

Zenoyise John

Maryke Laas

Phenyo Mokgothu

Christopher Motabogi

Tumelo Muteme

Marelize Santana

Kiewiet Scheppel

 

Ontwerp en uitleg

Karen Viljoen

 

Fotografie

Redaksie en diensverskaffers

 

Redaksie

Nelia Engelbrecht

Tel 018 299 4937 of nelia.engelbrecht@nwu.ac.za

 

Die NWU & U word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans en Engels uitgegee.

 

Boodskap van die Alumnikantoor

Beste alumni,

 

Ek skryf hierdie brief net toe ons land die derde vlaag van die Covid-19 pandemie ingaan. Ons almal is weereens gerat vir dit wat na ons kant toe mag kom.

 

Soms sit ek en probeer onthou hoe die wêreld voor maskers en sosiale afstand gelyk het. Ek probeer onthou hoe die kampusse gelyk het, met studente wat kleurvol aangetrek skarrel en lag en babbel. Dit was nie eens so lank gelede nie…

 

Maar dan dink ek aan veerkragtigheid en ons vermoë om aan te pas. Om nie te bly hunker na wat was nie, maar om die beste te maak van dit wat ons nou het en die plek waar ons nou is.

 

Die fokus is op veiligheid

 

Ons mis die massas studente en hul dinge op ons kampusse. Ons mis die samekomste, pret en groepe mense. Maar ons berus ook in die wete dat die NWU alles in sy vermoë doen om te verseker almal bly veilig. Die maatreëls beskerm iedere een – sommiges teen hulself.

 

Julle kan trots wees op ’n alma mater wat inspring en lemonade maak van die suurlemoene wat so mildelik uitgedeel word. Deur genade en ’n pro-aktiewe plan is ons fokus om mense veilig te hou – en om steeds akademies-afgeronde studente te lewer en ons verder te beroem op ons status as een van die top 4,7% universiteite te wêreld.

 

Ons vereer ons veerkragtige fakkeldraers

 

Die woord veerkrag verwys na die vermoë om kritieke oomblikke te oorkom en aan te pas na 'n ongewone en onverwagse situasie. Veerkragtigheid is 'n term afgelei van die Latynse werkwoord resilire, wat “spring terug” beteken.

 

Daarom wil ek julle, ons alumni, vandag vereer vir die werk wat julle steeds doen buite die hekke van die universiteit. Julle is ons fakkeldraers. Ek vereer ook elke student wat ons toekomstige alumni is – sommige van hulle is jul kinders of kindskinders. Almal stu voort ten spyte van…

 

Dit sou wonderlik wees as ons al die antwoorde kon hê, al die oplossings kon vind en almal gelukkig kon hou, maar dis nie die realiteit van die lewe nie. Die realiteit is dat ons sien hoe mense soos rubberballe weer en weer terugbons. Ophou en opgee is nie in die woordeskat van ons NWU-familie nie.

 

Soos nou in die winter skyn die son dalk minder warm en minder helder as wat ons sou verkies. Maar ons weet dit is net ’n seisoen. Seisoene gaan verby. So ook moeilike tye en krisisse.

 

Mag ons NWU-familie van krag tot krag gaan. Bly veilig. Dra trots jou NWU-fakkel daar buite. En mag jy nooit hoop verloor nie.

 

 

Beste wense,

 

Nicolize en span

 

 

 

dIe NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARITKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

Alumniverhoudinge-praktisyns

 

Tshepisho Sebeela (Mahikeng) tshepisho.sebeela@nwu.ac.za

 

Abigail Leshope (Potchefstroom) abigail.leshope@nwu.ac.za

 

Zanele Ngobese (Vanderbijlpark) zanele.ngobese@nwu.ac.za

 

 

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U