NUUs

Vorige

<

 

 

Klerksdorp-alumni kyk na die 4de industriële revolusie

 

’n Streeksgeleentheid vir alumni het op 17 April in Klerksdorp plaasgevind.

 

Onder die NWU-verteenwoordigers was prof Marilyn Setlalentoa, adjunk-visekanselier vir kampusbedrywighede in Mahikeng en Warren Makgowe, direkteur vir belanghebberverhoudinge.

 

Gaste wat die sakelui in die omgewing verteenwoordig het, was Kgotso Mmadi, voorsitter van die Wesvaal Sakekamer en Jerry Mpeqeka van die Kleinsake-ontwikkelingsagentskap.

 

Die twee gassprekers was Reitumetse Machaba en GP van Rheede van Oudtshoorn.

 

Reitumetse, van die NWU se Departement Mense en Kultuur, het ’n aanbieding gemaak met die titel “Leading through the fourth Industrial Revolution”.

 

GP, ’n senior bemarker by die NWU se eenheid Bemarking en Studentewerwing, het oor nagraadse studies gepraat.

 

 

Namibië-alumni kuier om die kampvuur

Hulle is dalk so ver as Namibië versprei, maar wanneer NWU-alumni die geleentheid het om bymekaar te kom, huiwer hulle nie.

Voeg daarby ’n kampvuur onder ’n sterrehemel, en die geleentheid raak nóg aantrekliker.

Namibië-alumni is, van links, JC du Buisson, Juané Janse van Vuuren, Reuben Louw, Daniel Liebenberg, Nicole Lubbe en Tarika Louw.

Op 16 April het 32 gaste by alumna Liezel Swart en haar man, Gerhard, se Out of Nature Country Lodge buite Windhoek bymekaargekom.

 

Ná ’n hartlike verwelkoming van alumniverhoudinge-praktisyn Abigail Leshope, het prof Daryl Balia die gaste op hoogte gebring met verwikkelinge by die NWU, en hoe hy sy voete gevind het in die pos as adjunk-visekanselier vir kampusbedrywighede in Potchefstroom.

 

Clement Manoko, Korporatiewe Verhoudinge en Bemarking se uitvoerende direkteur, was laaste aan die woord, gevolg deur ’n ontspannende paar uur om die kampvuur.

Onder die gaste wat die geleentheid in Klerksdorp bygewoon het, was Warren Makgowe, Kgotso Mmadi, alumni Hannes en Joanne van Wyk, prof Marilyn Setlalentoa, Jerry Mpeqeka en alumna Reitumetse Machaba.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER inLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U