redaksioneel

Op die foto hierbo is Nicolene op die Vaaldam waar hulle watermonsters neem vir hul gereelde monsternemingsprogram of vir spesiale navorsingsprojekte. Op die foto hieronder doen hulle navorsing op die Vaalrivier.

Nicolene toets die waterkwaliteit by die Walter Sisulu Botaniese Tuine as deel van ʼn ad hoc projek.

Vir Nicolene gaan dit oor waterkwaliteit

Beste mede-alumni,

 

Toe ek onlangs die NWU se alumnitydskrif ontvang het, het ek die versoek gesien dat ons moet laat weet hoe dit met ons loopbane gaan.

 

Ek was in 2003 ’n eerstejaar aan die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO) en het in Kasteel-dameskoshuis gewoon. Ek het my BSc in mikrobiologie en plantkunde voltooi en in 2006 met my BScHons-graad in waterwetenskappe begin.

 

Kennis is mag

 

In 2009 het ek aansoek gedoen vir Rand Water se eerste ontwikkelingsprogram vir graduandi, wat oor twee jaar strek. Ek was gelukkig om een van die 10 studente te wees wat hulle uit sowat 1 400 nasionale aansoeke gekies het.

 

Hulle het ’n miljoen rand aan elke student spandeer en die opleiding het verskillende kursusse en ’n navorsingsprojek behels. Ek het my projek gebruik om deur Rand Water en die PU vir CHO my MSc-graad in omgewingswetenskappe te verwerf.

 

In 2011 is ek permanent by Rand Water aangestel en het ek deel van die afdeling Waterkwaliteit Gespesialiseerde Dienste geword. Ek is lid van ’n span wat die waterkwaliteit van die Vaalrivier en Vaaldam monitor.

 

Illustrasies spreek boekdele

 

Vanjaar het ek ook met deeltydse studies in grafiese ontwerp begin.

My mikpunt hiermee is om wetenskaplike resultate of inligting beter te illustreer en animasie te gebruik om die kommunikasie met nie-wetenskaplikes visueel opwindend te maak.

 

Gelukkig is kuns ’n groot deel van my persoonlike lewe. Ek het ook ’n paar skryf- en video kompetisies van Afrikaans.com gewen. Min mense verstaan hoe ek ’n kreatiewe en analitiese mens kan wees – dus ’n linker-en-regterbrein-mens. Ek dink dit maak die lewe interessanter en bied meer uitdagings.

 

Dis vir my belangrik om my ware passie te vind en iewers ’n verskil te probeer maak.

 

 

Groete,

 

Nicolene van der Walt, Vanderbijlpark

(Waterkwaliteitadviseur, Vaaldam-opvangsgebied, Rand Water)

 

Skryf gerus en vertel ons waar in die wêreld julle jul bevind en hoe dit met jul loopbane gaan, of skryf sommer oor ditjies en datjies wat julle na aan die hart lê.

 

Stuur julle briewe na nelia.engelbrecht@nwu.ac.za, faks dit na 086 614 3222 of pos dit aan Nelia Engelbrecht, Korporatiewe Kommunikasie, Noordwes-Universiteit, Privaat Sak X1290, Potchefstroom, 2520.

 

ONS HOOR GRAAG VAN JULLE!

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER inLIGTING

KLIK

DEEL

Nicolene vlieg soms vir so ʼn uur of twee saam met haar kollegas oor die Vaalrivier en die Vaaldam.

 

Hulle kontroleer onder meer die teenwoordigheid van alge en indringerplante soos hiasinte en die invloei van rioolwerke se afvalwater in die rivier of dam.  As hulle lekkasies van pype, pompstasies of mangate sien, rapporteer hulle dit aan die Departement van Water en Sanitasie.

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U