NUUs
INHOUD
Vorige
<
ʼn Alumni-werkswinkel op 13 Maart in Potchefstroom het kort op die hakke van die sake-ontbyt gevolg. By die werkswinkel is van links GP van Rheede van Oudtshoorn, Suzanne Coetzer, Abigail Leshope en Nkateko Khoza.
Ongeveer 52% van die jongmense in Suid-Afrika is werkloos.
Dit is volgens Statistieke Suid-Afrika se verslag vir 2018 en die Spectator-indeks, wat die werkloosheidskoers van Suid-Afrika se jeug in 2018* as die hoogste in die wêreld plaas.
Geen wonder dat werkloosheid onder die jeug hoog op die agenda was van die sake-ontbyt wat op 8 Maart 2019 vir NWU-alumni en vriende op die kampus in Vanderbijlpark gehou is nie.
Met die tema “Building a future that works for us” het verskeie sprekers die begrotingstoespraak en president Cyril Ramaphosa se staatsrede bespreek. ’n Onderwerp wat dikwels opgeduik het, was dat jongmense bemagtig moet word om na hulself om te sien en dat hulle ten volle voorberei moet word om die arbeidsmark te betree.
Alumnus Nkateko Khoza, die HUB van Leza Private Equity, het gesê die hoë mislukkingskoers van ondernemings wat deur jong mense besit word, moet dringend aandag kry.
Nog ’n spreker, Michelle Groenewald, glo daar moet ’n nasionale gesprek oor werkloosheid wees en alle Suid-Afrikaners moet ’n bydrae tot die besprekings, kritiek, beleidsvoorstelle en oplossings lewer.
Michelle, wat ’n dosent in ekonomie in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe in Vanderbijlpark is, stem saam dat entrepreneurskap ’n lewensvatbare oplossing vir werkloosheid is, maar waarsku dat dit nie as die enigste oplossing beskou moet word nie.
DIE NWU & U
Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.
Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.
Navigasie
>
<
VOLGENDE ARTIKEL
VORIGE ARTIKEL
KLANK
video
mEER inLIGTING
KLIK
DEEL
Die Britse tydskrif, Spectator, publiseer die Spectator Index, wat die stand van onder meer gobale politiek, ekonomie, sport, wetenskap en tegnologie moniteer.
Van die lande wat hulle gelys het, het die Spectator-indeks die vyf lande genoem wat die hoogste werkloosheidskoers het, met Suid-Afrika op 52,8%, gevolg deur Griekeland (36,8%)‚ Spanje (34,9%)‚ Nigerië (33,1%) en Italië (32,5%).
*Hou egter in gedagte dat nie alle lande hul werkloosheid onder die jeug op dieselfde manier bereken nie – dit is dus nie altyd presies vergelykbaar nie.