Anél het haar 2015-prestasie as die redakteur van die eerste en enigste omvattende volume van Suid-Afrikaanse omgewings- en plaaslikeregeringsreg oortref deur die tweede uitgawe van hierdie boek te voltooi.

Laat munisipaliteite die omgewing in die steek?

eish! het vir prof Anél du Plessis gevra hoe plaaslike regerings vaar wat voldoening aan omgewingsreg betref.

Meer oor Anél

 

As ’n kundige oor omgewings- en plaaslikeregeringsreg, was prof Anél du Plessis die studieleier van meer as 40 nagraadse studente en postdoktorale vakkundiges op hierdie gebiede.

 

Een van haar PhD-studente, dr Nicolene Steyn, het onlangs as die jongste doktorale student by die NWU se Fakulteit Regte gegradueer.

 

Anél is ook ’n Suid-Afrikaanse Nasionale Navorsingstigting-gegradeerde navorser, sy het as ’n verkose lid van die Suid-Afrikaanse Jong Akademie van Wetenskap gedien, en het van 2015 tot 2018 die NWU se LLM-program in omgewingsreg en -beheer gekoördineer.

 

Sy het haar akademiese reis jare gelede by die NWU begin, waar sy haar BA Regte-graad, haar LLB, LLM en LLD verwerf het.

 

Ná ’n internskap van een jaar by wat toe die NWU se Sentrum vir Omgewingsbestuur was, het sy in 2005 ’n permanente lid van die personeel geword.

Van links is prof Marius Pieterse van WITS se Skool vir Regte, en prof Anél du Plessis en Ngwako Raboshakga, albei van die NWU se Fakulteit Regte. Marius is ook ’n genoot van die NNS-Nedbank SARChI-leerstoel in volhoubaarheid van stede, die reg en omgewingsvolhoubaarheid by die NWU.

Environmental Law and Local Government fokus op die regsaspekte van die bestuur van water en sanitasie, energiebestuur, munisipale gesondheid, afval- en luggehaltebestuur, stedelike ekologie, dienslewering en munisipale beplanning.

 

Omgewingsvolhoubaarheid is die sleutel

 

Anél, wat die SARChI-leerstoel in stede, die reg en omgewingsvolhoubaarheid (Cities, Law and Environmental Sustainability) beklee, sê die boek hanteer die reg en reguleringsreëlings ten opsigte van omgewingvolhoubaarheid in Suid-Afrika.

 

Sy sê dit is noodsaaklik dat mense nooit ophou om vrae te vra oor die oorsake en impak van veranderings en omgewingsdegradasie in die lig van ’n groeiende menslike bevolking en die sikliese suksesse en mislukkings van regerings nie.

 

Kundiges deel hul kennis

 

Verskeie akademici en praktisyns van regoor Suid-Afrika het hoofstukke vir die boek, Environmental Law and Local Government in South Africa, bygedra, insluitende 13 navorsers van verskillende NWU-fakulteite.

 

Anél sê die bestuur van ’n projek met amper 40 medewerkers was ’n geweldige taak en het baie langer geneem as wat verwag is, maar sy was gelukkig om ’n wonderlike span studentenavorsers te hê.

 

“Ek is dankbaar vir elke skrywer wat bereidwillig was om hulle kundigheid en ervarings te deel, veral aangesien dit nêrens anders gedokumenteer is nie,” sê sy.

 

In die wêreldarena

 

Terwyl Anél haar boek bygewerk het, was sy ook die mederedakteur van twee internasionale boeke oor die globalisering van stedelike regering en die onderrig en pedagogie van omgewingsreg.

 

Haar jongste boekprojek ondersoek die rol van stede in die wêreldwye reaksie op klimaatsverandering.

Die akademikus en navorser prof Anél du Plessis van die Fakulteit Regte is in die wolke – en met goeie rede.

SE BAANBREKERSBOEK OOR OMGEWINGSREG

bly by met veranderings

Klik op die sirkel om meer te lees oor Anél se boek.

Prof Anél du Plessis is in 2019 die SARChI-leerstoel in volhoubaarheid van stede, die reg en omgewingsvolhoubaarheid (Cities, Law and Environmental Sustainability) aangestel. Wanneer sy nie werk nie, hou Anél daarvan om te reis en die buitelewe saam met haar man, Marius, en hulle 21 maande oue tweelingseuns, Christoff en Georg, te verken.