Nuwe wet wil

KUBERMISDADIGERS

Die kuberruimte met al sy wonders, sosiale interaksie en baanbrekertegnologieë kan ook vir niksvermoedende gebruikers ’n gevaarlike plek wees. ’n Nuwe wet wil meer beskerming verleen deur te definieer wat ’n kubermisdaad is en aan die owerhede ’n basis te verskaf om oortreders te vervolg.

x

agter tralies kry

Die Wet op Kubermisdade is op 26 Mei deur president Cyril Ramaphosa onderteken en beloof om die sleutel te wees om kubermisdadigers agter tralies te kry.

 

Prof Pieter du Toit van die Fakulteit Regte sê die nuwe Wet skep spesifieke oortredings wat die huidige regsraamwerk nie behoorlik uitspel nie. Hy sê die bestaande ondersoekende prosedures maak nie voorsiening vir gespesialiseerde prosedures om kubermisdaad te ondersoek nie.

 

Die nuwe Wet het ten doel om Suid-Afrikaanse wetstoepassers in staat te stel om hierdie tipe kriminaliteit te identifiseer, te ondersoek en suksesvol te vervolg, sê hy.

 

Stuit kubermisdadigers

 

Die Wet fokus spesifiek op misdaad wat met behulp van rekenaartegnologie in die kuberruim gepleeg word.

 

“Dit skep oortredings soos die onregmatige toegang tot en inmenging met rekenaarstelsels en stelsels wat data stoor, asook die onregmatige verkryging van wagwoorde,” sê Pieter.

 

“Die Wet pas ook gemeneregmisdade soos bedrog en vervalsing aan om beter in die kuberomgewing te pas. Verder kriminaliseer dit die gebruik van sosiale media om kwaadwillige boodskappe of plasings te versprei of te skep wat geweld aanhits of skade veroorsaak.”

 

Dit sal ook ’n kriminele oortreding wees om sagteware en hardeware te gebruik om kubermisdaad te pleeg.

 

’n Ander interessante aspek van die Wet is dat dit internetdiensverskaffers verplig om inligting aan die polisie te verskaf as hulle van kubermisdaad bewus word.

 

Pieter sê hoewel president Cyril Ramaphosa die Wetsontwerp bekragtig het, sal die Wet eers geïmplementeer word wanneer die datum in die Staatskoerant gepromulgeer word.

Prof Pieter du Toit van die Fakulteit Regte sê die nuwe Wet op Kubermisdade fokus spesifiek op misdaad wat met behulp van rekenaartegnologie in die kuberruim gepleeg word.

Om meer oor die Wet op Kubermisdaad uit te vind of om die Wet te lees, besoek: 
Cybercrimes Act 19 of 2020
South African Government (www.gov.za).

(Klik op die sirkel om meer te lees.)