Die Departement Navorsingsondersteuning verseker dat navorsers op alle vlakke die vaardighede en kennis het wat nodig is om die beste van die beste te wees. Prof Nnenesi Kgabi, direkteur van Navorsingsondersteuning, vertel vir eish! meer oor dié departement.

 

Steun bring die beste in navorsers na vore

 

Die departement ondersteun navorsers en akademici op al drie kampusse. Daar is verskillende programme en werkswinkels vir ontluikende navorsers, jong ontwikkelende navorsers en gevestigde navorsers. Daar is ook programme wat meestersgraad- en doktorale studente ondersteun.

 

Die departement verseker ook dat alle NWU-navorsers inligting ontvang oor befondsingsgeleenthede wat op nasionale en internasionale platforms beskikbaar is.

 

“Ons ondersteuningsdienste kan in vier prosesse verdeel word. Dit is die ontwikkeling van navorsingskapasiteit, die verbetering van die gehalte van navorsingsprosesse en  uitsette, die bestuur van navorsingsfondse, en die monitering van navorsingsuitsette,” sê Nnenesi.

 

Gestruktureer vir diens

 

As direkteur van Navorsingsondersteuning rapporteer Nnenesi direk aan prof Refilwe Phaswana-Mafuya, die adjunk-visekanselier vir navorsing en innovasie.

 

Die departement bestaan tans uit nege personeellede wat in drie klusters diens lewer: befondsing, monitering en rapportering, en algemene navorsingsondersteuning. Elke kluster het ’n koördineerder, senior navorsingsbeampte en/of ’n administratiewe assistent.

 

Die departement dien ook op verskillende navorsingsverwante Senaats- of institusionele komitees. Dit sluit in die Senaatskomitee vir Navorsing en Innovasie, Navorsingsdata-hekwagterkomitee, Navorsingsetiek Regulatoriese Komitee, en die Komitee vir die Klassifikasie van Proefskrifte en Verhandelings.

 

Invloedsfeer brei uit

 

Die departement is tans op die kampus in Potchefstroom gebaseer, maar daar is reeds planne om sigbaarheid te verhoog en toegang tot ondersteuningsdienste vir navorsers op die ander kampusse uit te brei.

 

Die departement het onlangs ’n kantoor op die kampus in Mafikeng gekry, waar navorsers met Navorsingsondersteuning kan skakel oor onder meer navrae, versoeke, oop toelae-aansoeke, en die verkryging van ouditlêers van die navorsers.

As een van die top-10 universiteite in die land ten opsigte van navorsingsuitsette streef die NWU voortdurend na navorsings- en akademiese uitnemendheid.

NAVORSINGSONDERSTEUNING

Direkteur: Navorsingsondersteuning

Prof Nnenesi Kgabi

 

 

Koördineerder vir navorsingsondersteuning: Befondsingsagentskappe

Funanani Lavhelani

 

 

Koördineerder vir navorsingsondersteuning: Monitering en verslagdoening

Teresa Smit

Koördineerder vir navorsingsondersteuning: Algemene navorsingsondersteuning

Mpe Meintjes

ROL AF

NAVORSINGSONDERSTEUNING:

niemand bly agterweë nie

ROL AF