Geniet ’n paar van die foto’s wat Toy geneem het.

Sy vermoë om gesigte en aksies op presies die regte tyd vas te vang, is ’n talent wat Jabulani Timothy Ncube, beter bekend as Toy, op die kampus in Mahikeng bo ander laat uitstaan.

 

“My liefde vir fotografie het baie vroeg in my lewe reeds ontwikkel. Dit het waarskynlik begin toe ek nog op hoërskool was, of in die jare nadat my gesin van Zimbabwe na Hammanskraal verhuis het,” sê die opkomende ster op die kampus.

 

“Ek was nog altyd ’n goeie waarnemer van my omgewing. Fotografie het dit vir my nog meer betekenisvol gemaak – en soms ook winsgewend,” sê Toy, wie se sosialemedia-bynaam @Toy Captures is.

 

Prentjiemooi vir hom

 

“As die oudste van vier kinders het ek tyd gehad om verskillende belangstellings te ontwikkel en uiteindelik is dit fotografie wat my hart gesteel het.”

 

Die saggeaarde en teruggetrokke Toy is ’n BA Toerismebestuur-student in sy finale jaar. Hy sê wanneer hy sy kwalifikasie voltooi het, wil hy graag vir nog ’n voorgraadse graad inskryf.

 

“As gevolg van my belangstelling in fotografie wil ek graag kommunikasie studeer, selfs al is dit laat in my studentelewe. Ek is nou seker dis iets wat ek graag vir nog lank in die toekoms wil doen,” voeg hy by.

 

Toy se gesig verhelder wanneer hy oor sy planne vir die toekoms praat. “My uiteindelike doel is om as kameraman vir SuperSport te werk. Dit is waarheen al hierdie dinge my gaan neem.”

 

 

Wanneer jy ’n foto moet neem en die tydsberekening perfek moet wees, is daar nie tyd vir speletjies nie.

 

Elke foto is ʼn duisend woorde werd, en hierdie een vertel van die liefde wat Jabulani Timothy Ncube, beter bekend as Toy, vir fotografie het.

Toy speel nie wanneer hy foto's neem nie

ROL AF