READ MORE

 

Euginia March het in 1982 by die voormalige Universiteit van Bophuthatswana aangesluit – ’n paar jaar ná die instelling tot stand gekom het. Sy is oorspronklik van Itireleng in Pampierstad, Noord-Kaap.

Catarina Magqoki is die kaptein van die personeel se netbaspan. Die span het ’n trofee gewen by die Four Varsities-toernooi wat op 8 September 2018 in GaRankuwa gehou is.

Euginia March is ’n sprekende voorbeeld van die voordele van ’n gesonde gees in ’n gesonde liggaam.

Amper 20 jaar gelede het sy die NWU se personeelsportklub in Mahikeng help stig, en vandag werk sy steeds onverpoosd om personeel aan te moedig om deel te neem.

 

“Ous March”, soos sy bekendstaan, sê dit is haar wens om die klub te sien groei.

 

“As ons nog lede van die Potchefstroom- en Vanderbijlparkkampusse kan kry, kan ons klein inter-NWU-sportgeleenthede aan die gang kry. Ons kan selfs sterker spanne bou vir toernooie van die Suider-Afrikaanse Personeelsportvereniging (SAUSSA),” sê sy.

 

Die SAUSSA-toernooi word hierdie jaar van 9 tot 15 Desember by die Universiteit van Limpopo gehou, en die NWU sal ’n netbal- en sokkerspan stuur om deel te neem.

 

Ous March, wat die skakelbeampte van die personeel se sportklub is, sê sy is opgewonde daaroor om gholf as ’n sportkode by te kry. Tot op hede sluit sportkodes wat deelneem skaak, netbal, potspel, sokker en vlugbal in.

 

Geldsake

 

Hoewel die universiteitsbestuur die sportklub van die personeel ondersteun, is dit van fondsinsameling afhanklik. Gelukkig is Ous March ook daarmee goed. In Julie hierdie jaar het sy broodnodige fondse tydens ’n minifondsinsamelingstoernooi ingesamel – ʼn toernooi  wat die NWU gewen het.

 

“Ons is baie dankbaar vir ons visekanselier, prof Dan Kgwadi, se deurlopende ondersteuning. Die klub sal nie vergeet hoe hy ʼn paar jaar gelede ʼn spontane reis na Namibië onderneem het nie. Dit was om ’n verrassingsgaladinee te hou vir klublede wat in daardie land deelgeneem het,” onthou Ous March.

 

“Personeel moet asseblief by ons aansluit. Onthou, ’n gesonde liggaam huisves ’n gesonde gees. Ek glo dat die klub oor die jare ’n positiewe bydrae gelewer het om deur sport tot die welstand van personeel by te dra. Lede kan ook mekaar leer ken en ervarings met personeel van ander instellings vir hoër onderrig deel.”

 

Hoe om aan te sluit

 

Daar is ’n eenmalige aansluitingsgeld van R150 en ’n maandelikse bedrag van R50 (wat moontlik in 2019 verhoog sal word). Vir meer inligting skakel Ous March by 018 389 2155, of die tesourier, Kaone Gwai, by 018 389 2478.

 

Met die klub se 20ste verjaardag wat volgende jaar plaasvind, het Ous March net een wens: “Dat die NWU-bestuur Woensdae as amptelike sportdae opsy sal sit. Dit sal waarskynlik oor tyd heen die welstand van personeel verbeter en hulle help om van stres ontslae te raak.”

loop die tweede myl vir personeelwelstand

EUGINIA

TERUG

ROL AF