Ons het almal verskillende menings oor ware leierskap. Iets waaroor ons egter sal saamstem, is dat ware leiers integriteit het. Hulle het ook die vermoë om ’n visie ’n werklikheid te maak.

 

Dit is van die waarhede oor leierskap wat onlangs by die NWU se jaarlikse leierskapsberaad na vore gekom het. Dit was die vierde beraad en het by die Birchwood Hotel in Johannesburg plaasgevind.

 

’n Indrukwekkende groep hoofsprekers het hul insigte gedeel oor leierskap en die ervaring wat hulle in die leierskapsarena opgedoen het. Uiteindelik het almal saamgestem dat alles – of dit nou in die privaat, openbare of burgerlikesamelewing-omgewing is – op goeie leierskap neerkom.

 

Hulle het ook gepraat oor maniere om leiers te bemagtig. Dit het toegang tot tegnologie, inligting en leerderskapgeleenthede ingesluit.

 

Kyk na die video regs om meer oor die leierskapsberaad uit te vind.

Lei met integriteit en visie

Dit is ons

“Leiers moet naby genoeg aan ander wees om aansluiting by hulle te vind, maar ver genoeg op die voorpunt om hulle te motiveer.” – John C Maxwell, Amerikaanse skrywer, spreker en leraar

-BESONDERHEDE

Redaksie:

Personeel van die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement

Ontwerp en uitleg: Karen Viljoen

Fotografie: NWU-kollegas en diensverskaffers

Vir verdere navrae/korrespondensie:

Nelia Engelbrecht - Tel (018) 299 4937 of

Interne bussie 260

Eish! word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans, Engels en Setswana uitgegee.