>

>

Boodskap van die

Visekanselier

geagte kollegas,

Tydens die afgelope paar maande is die laaste van die uitvoerende dekane van die nuutgestigte oorkampusfakulteite aangestel en het hulle met hul taak begin. Die aanstelling van die adjunkdekane het gevolg, en die proses vir die aanstelling van skooldirekteure is goed op dreef.

 

Kortom, die unitêre struktuur, in die besonder die fakulteite (wat verlede Juliemaand tot stand gekom het), het nou die senior leiers om ons strategie te implementeer.

 

By ’n bosberaad van die Senior Bestuurskomitee wat binnekort gehou word, sal die dekane die geleentheid hê om te wys hoe hul planne vir die fakulteite by die NWU se strategie inpas en daarmee belyn is. Ons sien almal daarna uit.

 

Intussen gaan werk op grondvlak soos gewoonlik voort. Studente en dosente berei vir die wintereksamen voor en ons is seker alles sal glad verloop en uitstekende uitslae sal volg.

Ons kyk ook na die toekoms en daarom het ons uiters geslaagde opedae op elkeen van ons drie kampusse gehou. Dit is integraal tot ons werwingsaktiwiteite. My hartlike dank aan al die personeel en studente wat hulle tyd en energie in hierdie noodsaaklike bemarkings- en werwingsprojekte ingeploeg het.

 

Twee ander projekte verdien om gemeld te word. Die eerste is die Ubuntu-veldtog, wat van Junie tot September 2018 sal strek. Dit sal ’n reeks dialoogsessies oor diversiteit behels, met die fokus daarop om institusionele uitnemendheid te skep deur hoëprestasiespanne te ontwikkel wat innovasie en kreatiwiteit nastreef. Die tweede is die deurlopende dialoog ten opsigte van die studentelewe en die NWU se identiteit en kultuur.

 

Die doelwit van albei hierdie inisiatiewe is om ons universiteit op talle vlakke vorentoe te neem: as ’n instelling wat na akademiese uitnemendheid streef deur groter sosiale samehorigheid, inklusiwiteit en diversiteit binne die etiek van omgee te bevorder.

 

Dit is nie ’n vae droom op papier nie. Ons is werklik besig om dit te laat gebeur!