>

LEES MEER

>

Sam se ster skitter al hoe helderder

Sam Junior Mbatha bied Noordwes se provinsiale seremonie waartydens die Lilizela Tourism-toerismetoekennings oorhandig is, saam met bekroonde kunstenaar en aktrise KB Motsilenyane aan..

 

As jy iemand met buitengewone talente wil dophou, hou jou oog op Sam Junior Mbatha, ’n derdejaar-kommunikasiestudent op die kampus in Mahikeng.

 

Hy het eers naam gemaak met Varsity Sokker op die kampus in Mahikeng, en het nog ’n mylpaal bereik toe hy ʼn spanlid was van die NWU se sonkarprojek, Naledi (wat “ster” beteken). Dit het daartoe gelei dat hy vir die Bridgestone World Solar-uitdaging saam Australië toe is.

 

Tydens die uitdaging was Sam onder meer verantwoordelik vir die keuring en organisering van sosialemedia-inhoud, die sigbaarheid van die NWU se sonkarhandelsmerk, en die film-insette vir die universiteit se aanlyn platform, BUAtv.

 

Sterkwaliteit skyn deur

 

Tussen ’n veeleisende akademiese skedule en sy toenemende sosiale verpligtinge het Sam sy sterkwaliteit begin wys toe hy by die kampuskoerant, The Album, aangesluit het. Hy was eers ’n kampusjoernalis met vermaak as portefeulje, en het later dié afdeling se subredakteur geword.

 

Sam raak opgewonde wanneer hy verduidelik dat sy beste geleenthede twee-twee na hom toe gekom het.

 

Die een geleentheid was toe hy aangestel is as studente-assistent wat verantwoordelik is vir die sosialemediainhoud van die kampus in Mahikeng. Die ander geleentheid was toe hy saam met die kunstenaar en aktrise KB Motsilenyane ’n aanbieder by Noordwes se provinsiale Lilizela Tourism-toekenningseremonie was.

 

As iemand wat elke geleentheid met geesdrif aangryp, wag daar ʼn belowende loopbaan op Sam Junior Mbatha.