>

LEES MEER

>

Die Departement Studentevoorligting en -ontwikkeling (SVO) en hul onderafdeling, Ingryp, het hierdie boodskap oorgedra toe hulle op 17 Maart 2018 hulle jaarlikse Pad na Persoonlike Ontwikkeling-inisiatief aangebied het.

omstandighede uit en word

leiers

STYG BOKANT

Die personeellede van Studentevoorligting en -ontwikkeling is van links Juan-Ri Potgieter, Anretha Joubert, Bianca Steyn, Petro Boshoff en Sureta Cornelius.

Dié inisiatief is in 2017 ingestel deur Petro Boshoff, wat ’n maatskaplike werker is wat vir die Meal-a-Day-studente op die kampus in Potchefstroom verantwoordelik is.

 

Die doel van hierdie inisiatief is om aan studente van die plaaslike gemeenskap wat aan programme soos die Nasionale Finansiëlehulpskema vir Studente (NSFAS) en Meal-a-Day deelneem, die geleentheid te gee om meer oor hulself en hul persoonlikhede te ontdek en hulle te bemagtig om leiers by die universiteit of in hul gemeenskappe te word. Hierdie studente het ’n subkomitee gevorm en sal met die Meal-a-Day-program begin help.

 

Neem aan leierskapstrukture deel

 

“Ons wil aan hierdie studente ontwikkelings- en leierskapsvaardighede verskaf wat hulle sal aanmoedig om aan leierskapstrukture deel te neem,” sê Juan-Ri Potgieter, bedryfsielkundige en medekoördineerder van die inisiatief. “Ek het besef ’n oorweldigende meerderheid studente uit die plaaslike gemeenskap is geïsoleer en teruggetrokke, en hierdie inisiatief is ’n platform vir hulle om met ander studente om te gaan, mekaar te leer ken en te leer om as ’n span saam te werk,”

 

Die meeste van die studente kom uit baie arm omstandighede en hierdie inisiatief rus hulle met vaardighede toe wat hulle in staat sal stel om die lewens van die mense in hul gemeenskappe te verryk. Dit bied ook ’n geleentheid vir ervaringsleer.

 

Wees ’n rolmodel vir anders

 

Sprekers van verskeie departemente het opgetree en die deelnemers het baie positiewe terugvoer gegee. “Die studente het geweldige selfvertroue verkry, wat hulle weer in staat sal stel om rolmodelle en die volgende geslag leiers te wees,” sê Petro. “Die inisiatief het ’n direkte invloed op die verandering van ingesteldhede en persepsies oor hulle omstandighede en op hulle motivering.”

 

Juan-Ri sê die SVO, die Alumniverhoudinge-departement en Van Schaik Potchefstroom borg hulle tans, maar hulle het ook hulp van ander belanghebbers nodig en sal dit baie waardeer.