Dinamiese vroue vier uitnemendheid in onderrig. Prof Welma Lubbe van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe, dr Carolina Botha van die Fakulteit Opvoedkunde en prof Roelien Goede van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe het die Toekenning vir Uitsonderlike Onderriguitnemendheid ontvang.

DRIEKUNS VIR VROUE TYDENS TOEKENNINGSEREMONIE

Die NWU het die room van sy oes tydens die universiteit se Institusionele Toekennings vir Onderriguitnemendheid-seremonie (ITOU-seremonie) vereer. Hierdie jaarlikse gebeurtenis, wat erkenning gee aan die beste dosente, het op 19 April in Potchefstroom plaasgevind.

Prof Alfred Henrico, die wenner van verlede jaar se TUOU-toekenning, bied ʼn inspirerende voorlegging oor sy onderrigmetodes aan. Hy verduidelik hoe hy – in plaas daarvan om sy studente in groepe te verdeel – hulle in “sake-ondernemings” verdeel, waar hulle belangrike besigheidsrolle vertolk terwyl hulle take en projekte voltooi.

Prof Robert Balfour, adjunk-visekanselier vir onderrig en leer, wens die wenners geluk en bedank hulle vir die waarde wat hulle toevoeg tot die kwaliteit van onderrigleer.

Drie vroue het tydens die toekenningseremonie met die louere weggestap. Dr Carolina Botha van die Fakulteit Opvoedkunde, prof Roelien Goede van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe en prof Welma Lubbe van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe het as dosente uitgeblink en die gesogte Toekenning vir Uitsonderlike Onderriguitnemendheid (TUOU) ontvang.

 

Toekennings is in drie kategorieë gemaak, naamlik die Toekenning vir Opkomende Onderriguitnemendheid (TOOU), die Toekenning vir Onderriguitnemendheid (TOU) en die Toekenning vir Uitsonderlike Onderriguitnemendheid (TUOU). Dit is die vierde jaar dat die toekennings in hierdie kategorieë gemaak word.

 

Fakulteite vier hul bestes

 

Een-en-vyftig akademici het toekennings ontvang. Die NWU se fakulteite wat die meeste wenners opgelewer het, is die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe en die Fakulteit Gesondheidswetenskappe, met 12 toekennings elk. Die Fakulteit Teologie was derde met agt toekennings.

 

Die toekennings word gemaak om waardering te betuig teenoor dosente vir hulle verbintenis en toewyding tot studentesukses, en om akademici aan te moedig om op die gebied van onderrig en leer te ontwikkel.

 

EN DIE WENNERS IS...

 

Klik hier om die volledige artikel te lees

en die lys met al die wenners te sien.

 

  • TOOU

    Die TOOU-toekennings beloon opkomende dosente vir uitnemende onderrig.

  • TOU

    Die TOU word toegeken aan dosente wat buitengewone en bewese prestasies in onderriguitnemendheid getoon het.

  • TUOU

    Die TUOU loof voortreflike vakkundiges vir leierskap en prestasie in die vakkundigheid van onderrig en leer. Om in aanmerking te kom vir die toekennings moet deelnemers aan ten minste 80% van die kriteria in die individuele kategorieë voldoen.

Klik op die blokkies hieronder om

te sien wat die verskillende

kategorieë behels.

In die video hieronder vertel ons drie wenners wat die toekennings vir hulle beteken en hoe dit hulle loopbane beïnvloed.

>

LEES MEER

>