Redaksioneel

KLIK OM MEER TE LEES

Hierdie drie woorde kan lewens verander

Beste kollega

 

Die Kanadese skrywer en leierskapspreker Robin Sharma sê leierskap het nie iets met ’n titel of ’n benoeming te doen nie, maar wel met IMPAK, INVLOED en INSPIRASIE.

 

Wanneer ’n mens die artikel oor die NWU se bekroonde alumni lees, kan jy nie help om te dink dat daar êrens in die verlede van hierdie buitengewone alumni dosente was wat hulle geïnspireer en gehelp het om die manier waarop hulle die lewe beskou, te vorm nie.

 

Die volgende keer wanneer jy voor ’n klas staan en klasgee, of agter ’n dienstoonbank staan terwyl jy ’n student help om vir ’n beurs aansoek te doen, onthou dat jou harde werk die potensiaal het om lewens te inspireer en te verander.

 

Ons personeellede se invloed strek egter baie verder as die NWU se studente en raak ook die gemeenskap aan. Dit vind plaas wanneer ons byvoorbeeld nasionale ekonomieverenigings lei of boeke skryf.

 

Ons verwelkom ons nuwe kollegas wat onlangs aangestel is en vertrou dat hulle ook 'n positiewe invloed op ons studente sal hê en hul kundigheid buite die universiteit en ook in die samelewing sal deel.

 

Onthou, wat ook al jou rol by die NWU is, jy kan ’n IMPAK op die mense om jou hê en hulle BEÏNVLOED en INSPIREER. Moenie hierdie wonderlike geleentheid laat verbygaan nie.

 

Lekker lees.

 

 

 

>

>