>

>

LEES MEER

Vereer topmatriekpresteerders van 2016

Van Suid-Afrika se topmatrikulante van 2016 het in 2017 die NWU vir hulle tersiêre studies gekies. Hierdie 212 uitsonderlike jongmense – nou almal eerstejaarstudente – is by feestelike geleenthede op die universiteit se drie kampusse vereer.

 

Tydens die amptelike ontvangs van die eerstejaarstudente op die kampus in Mahikeng het prof Mashudu Davhana-Maselesele, die rektor, nege toppresteerders verwelkom wat elkeen drie of meer onderskeidings in 2016 behaal het.

 

Prof Fika Janse van Rensburg, waarnemende rektor van die kampus in Potchefstroom, het 173 toppresteerders van 95 hoërskole van regoor Suid-Afrika en Namibië verwelkom. Die student met die hoogste punt het ’n gemiddelde van 95% in matriek behaal.

 

Twee van die nuwe studente, Jaco van Tonder en Mieke Pretorius, albei van Pretoria, het elkeen nege onderskeidings gehad, terwyl 30 studente agt onderskeidings elk gehad het, 90 sewe elk, 40 ses onderskeidings elk en 11 vyf onderskeidings elk. Onder hulle was Luné Smit, die topleerder van Noordwes (met ’n gemiddelde van 95%, en 100% vir rekeningkunde), en Walter Lemmer van Potchefstroom Gimnasium (99% vir wiskunde).

 

Fika het die “grit”-prys toegeken aan Samantha Pretorius, wat met agt onderskeidings en ’n 90,67% gemiddelde geslaag het, ten spyte daarvan dat sy aan die begin van haar matriekjaar met meervoudige sklerose gediagnoseer is.

Hy sê dat die grootste gedeelte van dié groep toppresteerders vir BCom-grade ingeskryf is (45), gevolg deur Ingenieurswese (43) en BSc-grade (38).

 

Room van die oes

Die waarnemende rektor van die kampus in Vanderbijlpark, prof Linda du Plessis, sê dat hulle toppresteerders die top 1,6 persentiel van die inname van eerstejaars by die kampus verteenwoordig. “Ons wil julle sukses vier en julle aanmoedig om voort te gaan om julle akademiese vaardighede gedurende julle tyd as universiteitstudente uit te leef.”

 

Die twee toppresterende studente op hierdie kampus is Janke Westraadt van Hoërskool Drie Riviere in Vereeniging en Marcelle Samons van Driehoek Hoërskool in Vanderbijlpark. Janke skitter met ’n algehele gemiddelde van 90,67% en Marcelle met ’n gemiddelde van 88%. Die 30 toppresteerders het gesamentlik 119 onderskeidings behaal.

 

Al 30 toppresterende studente het ’n geskenkbewys van Van Schaik-boekwinkel ontvang en Janke en Marcelle is met splinternuwe tablette bederf.

BEWEEG OOR FOTO'S

 

 

 

 

 

Hierdie top Graad 12-leerders van 2016 het in 2017 as eerstejaarstudente op die kampus in Vanderbijlpark geregistreer.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hier is ’n paar van die toppresteerders op die kampus
in Mahikeng tydens die ontvangs vir eerstejaarstudente.