WYS

jou mooiste kampus-kiekies

Baie dankie aan almal wat vir die tweede rondte van ons fotokompetisie ingeskryf het. Ons het egter besluit om hierdie inskrywings te laat oorstaan en vir meer personeellede die geleentheid te gee om deel te neem.

 

So skud op en stuur vir ons jou beste kampusfoto’s – wie weet, dalk is jy die volgende wenner van ʼn R250-geskenkbewys.

 

Jy mag tot drie foto’s inskryf wat op enigeen van die NWU se drie kampusse geneem is en die uniekheid van die NWU uitbeeld. Foto’s moet in jpg-formaat en tussen 1Mb en 5Mb groot wees. Dit kan na  annette.willemse@nwu.ac.za. gestuur word. Opskud, die sluitingsdatum is 3 Julie.

 

Ons sien uit na pragfoto’s!

 

 

 

>

>