REDAKSIONEEL

KLIK OM MEER TE LEES

Word slimmer met aanlyn onderrig en grootdata

GetSmarter, ’n aanlyn onderrigmaatskappy wat in Kaapstad gebaseer is, is vir ’n verstommende $103 miljoen (ongeveer R1,4 miljard) aan ’n Amerikaanse tegnologie-onderrigmaatskappy, 2U, verkoop.

 

Albei maatskappye fokus op die lewering van hoëkwaliteit hoër onderwys deur wêreldgehalte kolleges en universiteite, het 2U in ’n verklaring gesê.

 

Dit is nie maklik om hierdie verstommende bedrag geld te visualiseer nie. ʼn Vraag wat by ’n mens opkom, is: Kan ’n aanlyn onderrigmaatskappy werklik soveel werd wees? ’n Ander, dalk belangriker, vraag is: Is hierdie transaksie ’n aanduiding van hoe belangrik afstandsonderrig, aanlyn leer en tegnologiegebaseerde onderrig geword het?

 

Die antwoord op albei vrae is waarskynlik ja. Die aard van onderwys is inderdaad aan die verander en die geleenthede wat tegnologie bied, het reeds tot ’n magdom nuwe benaderings wat vir onderwys ontwikkel word, gelei.

 

In hierdie uitgawe van Eish! kan jy oor een van hierdie benaderings lees wat besonder interessant is: om deur middel van tafel- en elektroniese bordspeletjies te leer. Dit word in hierdie artikel duidelik dat bordspeletjies ’n noodsaaklike rol speel in hoe die nuwe geslag leerders, die sogenaamde millennium-jeug, leer en nuwe inligting en vaardighede bekom.

 

Aanlyn onderwys loop hand aan hand met die ontwikkeling van moderne tegnologie – waar die yslike hoeveelhede bestaande digitale inligting gebruik en aangevul word. Dit bring ons by nog ’n verwante onderwerp, naamlik grootdata, wat na uiters groot datastelle verwys wat tydens navorsing saamgestel word en dan ontleed word om tendense en patrone vas te stel. In ons “Fokus op”-artikel in hierdie uitgawe kan jy meer oor die NWU se grootdata-inisiatiewe op die gebied van datagedrewe navorsing lees.

 

As mens alles in ag neem, is een ding seker: terme soos e-Leer, oop en afstandsonderrig, massiewe aanlyn kursusse (MOOCs) en grootdata is die nuwe gonswoorde in die onderwysomgewing.

 

En as jy wonder hoe op aarde die massa digitale inligting wat elke dag geskep word in die toekoms gestoor gaan word, kan jy hier klik om vas te stel hoe die DNS-molekule wat inligting stoor ons oor die lang termyn met die stoor van digitale data kan help.

 

Lees intussen lekker!

 

 

 

>

>