>

Die toekoms van onderrig en leer

 

Martin glo akademici moet ’n sleutelrol speel in die nuwe onderrig-en-leer-strategie wat die Raad verlede jaar goedgekeur het.

 

“Ons moet sensitief wees ten opsigte van die ontwikkelingsbehoeftes van ons studente. Ons moet onsself daartoe verbind om ’n dinamiese leeromgewing te skep waarin studente kan gedy en die eienskappe kan ontwikkel wat ons van hulle verwag, sodat dit hulle in staat sal stel om in hulle loopbane en hul lewens vorentoe sukses te behaal.”

 

Dit beteken studente moet ontwikkel word om etiese leiers met ’n konstante dors na kennis te wees sodat hulle verantwoordelikheid kan neem vir hoe hulle leer.

 

“Die suksesvolste dosente sal diegene wees wat kreatief en vindingryk is wanneer hulle met hul studente omgaan. Hulle moet hul studente leer om inligting vanuit verskillende bronne krities te evalueer en te sistematiseer en dit op ’n effektiewe manier toe te pas sodat dit kan help om oplossings vir die komplekse probleme van ons samelewing te vind.”

 

 

LEES MEER

>