Susters sing boodskap van hoop

>

>

Bloedsusters en liedsusters. Roslyn Lodewyk, Loretta Hendricks en Alta Fourie vereer God deur hul sang. Hulle raad aan aspirant-gospelsangers is om eers hulself in God te vind. “As jy dit doen, sal God Sy visie vir jou openbaar en vir jou die waagmoed gee om enige vrees of huiwering te oorkom. God gee vir jou die selfvertroue om op die verhoog te klim en ander deur jou sang te dien.”

In ons gereelde reeks Eish!-artikels fokus ons op mense by die NWU wat nie net hard werk nie, maar hope talent het wat hulle tot voordeel van ander mense aanwend.

 

In hierdie uitgawe kuier ons by drie susters wie se harmoniesang in die kerk gelei het tot die ontstaan van 'n groep met groot planne. Twee van die drie susters werk by die NWU en al drie het by die universiteit studeer.

Vir Alta Fourie, mensehulpbronpraktisyn by die Institusionele Kantoor, en Roslyn Lodewyk, junior lektor in mensehulpbronne by die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, is sang en lofprysing nie 'n stokperdjie nie, maar 'n leefwyse. Saam met hul suster, Loretta Hendricks, adjunkdirekteur by Korrektiewe Dienste, dien hulle

hul kerkgemeenskap met liedjies wat seën en ophef. Die drie sing al van kleinsaf saam. “Ons het in die kerk grootgeword en was in die Kerk van die Nasarener se koor voor ons by die Pinkster Protestante Kerk aangesluit het en die groep RAL gestig het. Die naam van die groep bestaan uit die eerste letters van ons name.”

LEES MEER