Volharding is die sleutel

 

Kedirang sê om te glo in mense en passievol te wees oor wat jy doen, beteken ook om deursettingsvermoë te hê. Hy beskou volharding en ʼn resultaatingesteldheid as sy beste eienskappe.

 

“Ek het deursettingsvermoë geleer terwyl ek by die voormalige Universiteit van Noordwes studeer het. “Ek het nie geld gehad om te studeer nie en wou opgee. Die beste raad het van my ma af gekom, wat my gemotiveer het om nie my drome te laat vaar nie.”

 

Hy het nie die handdoek ingegooi nie, en besluit om te werk en deeltyds te studeer om sy studies self te befonds. Hy sê dit was nie maklik nie, maar dit was wel die moeite werd aangesien sy volharding tot ʼn suksesvolle loopbaan gelei het.

TERUG

 is die sleutel tot Mense en Kultuur

Volharding

Eish! gesels met Kedirang Oagile, die nuwe uitvoerende direkteur vir mense en kultuur (voorheen bekend as mensekapitaal) in die Institusionele Kantoor. Kedirang vertel ons van sy lewensfilosofie en die uitdagings van sy nuwe posisie.

 

 “As jy vir iemand ʼn rede gee om uit te blink en die doelwit daarvan persoonlik betekenisvol maak, sal daar geen afdankings op grond van swak prestasie wees nie.”

 

Kedirang sê daar is geen bloudruk vir ʼn perfekte werknemer nie. “Ek glo elke mens het die potensiaal om uit te blink. Ek het situasies gesien waar mense op die randjie van ontslag was weens swak prestasie, maar as hulle situasie verander word, begin hulle floreer en dan verras hulle selfs diegene wat hulle wou afdank.”

 

Belangstelling in bedryfsielkunde

 

Kedirang sê ʼn loopbaan in mensekapitaalontwikkeling was aanvanklik nie sy eerste keuse nie. As gevolg van beperkte fondse kon hy nie kursusse by ander universiteite bekostig wat duurder en verder van die huis af was nie. Dit het hom laat inskryf vir ʼn BAdmin-graad. Sy hoofvak was openbare administrasie en net daar het hy toe ’n belangstelling in bedryfsielkunde ontwikkel.

 

“Ek kon onmiddellik aanklank vind met my passie vir mense en hulle dinge. Ek het besef dat daar geen ander loopbaan vir my kon wees nie. Ek voel tevrede as mense floreer en goeie resultate oplewer waarin ek die een of ander aandeel het. Dit gee aan my ʼn gevoel van innerlike vrede.”

 

Uitdagings sal oorkom word

 

Kedirang sê hy is gereed vir die uitdagings wat op hom wag in sy werk as uitvoerende direkteur. “Die grootste uitdaging sal wees om ʼn gemeenskaplike kultuur tot stand te bring.

“Dit gaan moeilik wees en dit gaan konstante kommunikasie noodsaak. Dit beteken dat ons nie net met mekaar sal moet praat nie, maar ook ʼn begrip kry van die verskillende perspektiewe op ʼn gemeenskaplike kultuur."

 

 “Mense en Kultuur sal ʼn belangrike rol speel om te verseker dat daar geleentheid is vir verskillende perspektiewe om na vore te kom en uitgespreek te word.”

 

Hy sê ʼn gemeenskaplike kultuur voorveronderstel wedersydse begrip onder mense. “As jy nie daardie platform tot stand bring nie, kan daar nooit begrip wees nie, en dit is hier waar Mense en Kultuur inkom.”

 

Dit is waar hy as uitvoerende direkteur beoog om ʼn betekenisvolle bydrae tot die NWU te maak.

KLIK VIR INTERESSANTE FEITE

>

>