DETAIL

Redaksionele span:

Personeel van Korporatiewe Kommunikasie en kommunikasiebeamptes op die kampusse

 

Ontwerp en uitleg:

Graphikos

 

Fotografie:

NWU-kollegas en -diensverskaffers

 

Vir verdere navrae/

korrespondensie:

Nelia Engelbrecht - tel 018 299 4937
of Bussie 260.

 

Eish! word deur die Korporatiewe Kommunikasie-departement van die NWU se Institusionele Kantoor in Engels, Setswana en Afrikaans uitgegee.

>

Jy is welkom om foto's van NWU-kunswerke op jou kampus te deel. Stuur jou bydraes aan Willie du Plessis by willie.duplessis@nwu.ac.za

Verken ons kuns

In die volgende paar uitgawes fokus ons op die kunswerke in die tuine en geboue van die NWU. Die eerste kunswerk in die reeks is die beeldhouwerk op die eerste vloer van die Institusionele Kantoor.

 

Die kunswerk is in 2009 deur die Italiaanse kunstenaar, Marco Cianfanelli, geskep. Dit weerspieël die vorm (soos op 'n driedimensionele reliëfkaart) van die Noordwes- en Gautengprovinsie, waar die kampusse van die NWU gesetel is. Dit bestaan uit 76 staalprofiele of "vinne" wat aan die muur vas is. Hierdie profiele se buitelyne stem ooreen met die reliëf van die landskap. (Werklike geografiese data is vir hierdie doel ingesamel.) Hoe meer heuwels daar in die landskap voorkom, hoe hoër die profiele of hoe meer kurwes is daar.

 

Op hierdie vinne verskyn daar Afrikaanse, Engelse en Setswana woorde wat die visie en waardes van die NWU weergee.

“The aim of every artist is to arrest motion, which is life, by artificial means and hold it fixed so that a hundred years later, when a stranger looks at it, it moves again since it is life.”

William Faulkner