|
Geagte kollegas
Ons het die halfpadmerk vir 2008 bereik, en ons kan soos gewoonlik hierdie tyd van die jaar (met die finalisering van die jaarverslag en die finansi?le state) terugkyk na 2007 se resultate.
2007-jaarverslag
Die volledige jaarverslag vir 2007 wat aan die Departement van Onderwys (DvO) voorgel? is, is op die intranet beskikbaar en die volgende gee ?n duidelike aanduiding dat die NWU inderdaad in terme van al die kernaanduiders goed presteer.
Dit is duidelik dat die NWU se strategie om stabiliteit in ons kernbesigheid te verseker, terwyl ons deurlopend ons instelling op ?n beplande en volhoubare wyse transformeer in ooreenstemming met die doelwitte soos in die Institusionele Plan uiteengesit word, vrug dra. Die volgende tabel toon dit grafies aan:
| |
2004 |
2005 |
2006 |
2007 |
| Totale studente-inskrywings |
40 145 |
38 596 |
38 736 |
44 750 |
| Voorgraadse slaagkoers (kontak en afstand) |
75,2% |
78,8% |
78,5% |
79,5% |
| Graadverwerwingskoers (getal grade as % van totale getal persone) |
24% |
20% |
25,3% |
25,3% |
| Totale getal grade en diplomas toegeken |
9 657 |
7 746 |
9 821 |
11 346 |
| Meestersgrade toegeken |
626 |
700 |
765 |
618 |
| PhD's toegeken |
87 |
82 |
110 |
124 |
| Artikels gepubliseer (totaal) |
275 |
327 |
361 |
375* |
| NNS-gegradeerde navorsers |
73 |
85 |
82 |
95 |
| Totale navorsingsuitset** |
798 |
865 |
1 074 |
1 060* |
| Totale begroting |
R953 m |
R1,080 m |
R1,253 m |
R1,420 m |
| % inkomste van die regering |
45,1% |
43,2% |
42,8% |
39,8% |
| Selfgegenereerde inkomste*** |
R311 m |
R371 m |
R441 m |
R578 m |
| Finansi?le surplus/tekort (herhalende items) |
R25,8 m |
R53,8 m |
R62,6 m |
R65,5 m |
| Infrastruktuur: makro-instandhouding |
R20,9 m |
R17,8 m |
R32,1 m |
R54,1 m |
| Kapitaalbesteding aan nuwe geboue |
R5,9 m |
R29,3 m |
R44,5 m |
R46,8 m |
* Geskat
**
Sluit in navorsing-meesters, PhD's maal drie en publikasies ***Sluit in verblyf, goedere en dienste verkoop, kontrakwerk, patente en lisensi?ringsgelde |
Ek wil ?n paar opmerkings maak oor hierdie uitstekende prestasie ? nie slegs oor 2007 nie, maar ook oor die voorafgaande jare:
| |
Ons is steeds een van die top vyf universiteite in die land met betrekking tot onderrig-leer. Met 44 750 geregistreerde studente (17 500 van hulle afstandstudente), is dit uitsonderlik om ?n slaagsyfer van 79,5% en ?n graadverwerwingskoers van 25,3% te kry. En om dit te doen met die toekenning van 11 346 sertifikate, diplomas en grade (waarskynlik die derde of tweede meeste in die land), is merkwaardig. Ek wil al die akademiese personeel gelukwens met en bedank vir hierdie prestasie. Julle het goed gedoen, dikwels onder moeilike en uitdagende omstandighede. |
| |
Met betrekking tot navorsing is daar goeie nuus en minder goeie nuus. Ons het min of meer ons vlakke van navorsingsuitset (beraam as 1 060 in totaal ? 2006: 1 074) gehandhaaf; ons het ?n rekordgetal van 124 PhD?s geproduseer en het nou 95 NNS-gegradeerde navorsers (van wie 10,7% akademiese personeel is). Dit lyk egter of ons ?n plato bereik het met betrekking tot navorsingsuitsette (slegs 14 meer artikels beraam as in 2006), en ons getal meestergrade het beduidend afgeneem. Ek vertrou egter dat die implementering van die nuwe navorsingsentiteitsmodel ons binnekort op ?n nuwe groeipad sal plaas. |
| |
Implementering van deskundigheid is nie altyd op die korttermyn meetbaar nie, maar ons het ons getal patente (33) gehandhaaf, en nog ?n newemaatskappy is by ons reeds indrukwekkende portefeulje gevoeg. Wat indrukwekkend is, is die prestasie in terme van selfgegenereerde inkomste. Ons het dit sedert 2006 met ?n massiewe R137 m (of 31%) laat toeneem. Dit is aan die verkope van goedere en dienste (byvoorbeeld verblyf) en veral kontraknavorsing toe te skryf. Laasgenoemde toon die volhoubaarheid van ons navorsingsgroei. |
| |
Dit het uit die aard van die saak ?n baie positiewe impak op ons finansi?le prestasie gehad en ons het die jaar afgesluit met ?n beskeie herhalende surplus van R65 m (of 4,4% van omset). Hierdie surplusse het tot ons reserwes bygedra (die meeste daarvan in die fakulteite en skole) en kan later vir strategiese doeleindes aangewend word. Die feit dat ons deurlopend ons kapitaalbesteding kon volhou en vergroot (en meestal sonder enige ?eksterne? fondse) dien as bewys van hierdie uitstekende finansi?le prestasie. |
| |
Die sagter (maar ewe belangrike) kwessies van die handelsmerkimplementeringsplan, die beweging na eenheid en integrasie met betrekking tot beleide en prosedures, die positiewe uitkoms van die tweede kultuur- en klimaatsopname en die groei van ons IT-kapasiteit is ook belangrik en indrukwekkend. |
Ek wil my dank uitspreek teenoor alle bestuurders en personeel wat tot hierdie uitstekende prestasie bygedra het. Ons het goeie vordering gemaak op die vorige jaar se stewige fondament om ons missie te bereik om ?n getransformeerde en gebalanseerde onderrig-leer- en navorsingsuniversiteit te word. In die volgende fase kan die NWU nou versnel na toenemende eenheid en gehalte.
Ek is trots daarop om deel van so ?n toegewyde en talentvolle span te wees!
Terug na bo
Ontwikkelings gedurende die afgelope kwartaal
Sover dit die eerste vyf maande van 2008 betref, gaan ons kernbesigheid sterk vorentoe en word dit bekwaam deur personeel, prosesse en strukture ondersteun. By die halfpadmerk van 2008 is dit duidelik dat ons op pad is om die doelwitte wat in die Institusionele Plan gestel is, te bereik.
Herfs-gradeplegtighede
Die herfs-gradeplegtighede was weer eens feestelike geleenthede wat die totale grade en diplomas vir 2007 tot ?n nuwe rekordgetal van 11 346 gebring het.
Gedurende Mei 2008 het die grootste enkele groep doktorale studente op die Potchefstroomkampus hulle grade ontvang ? 64, sowel as twee eredoktorsgrade. Dit is ?n sonderlinge prestasie, ook in die lig van die feit dat die meeste PhD?s ooit ? 124 ? in 2007 deur die NWU toegeken is.
Terug na bo
Stabilisering van leeraktiwiteite op die Mafikengkampus
Soos in my vorige nuusbrief gemeld, het ons sedert Maart 2008 ?n mate van onstabiliteit op die Mafikengkampus gehad. Ek gaan nie herhaal wat in die Maart-nuusbrief ges? is nie, maar verslag doen oor wat intussen plaasgevind het:
Na die gebeure in Maart is 11 dissiplin?re verhore gehou oor klagtes wat gewissel het van vernietiging van Universiteitseiendom tot die aanhou van mense as gyselaars, intimidasie en aanranding. Sewe studente is by die verhore skuldig bevind en vier van hulle is permanent uit die Universiteit geskors, terwyl drie studente vir 'n aantal jaar geskors is. Ons het talle bevestigings ontvang dat ouers sowel as die meerderheid studente die strenger dissipline op kampus steun. Teen die einde van Mei het ?n groep studente die Universiteit se eiendom beskadig en personeel en studente ge?ntimideer na die skorsing van die Voorsitter van die Kampus Verteenwoordigende Studenteraad (KVSR) en bogenoemde skorsings en tydelike skorsings.
Die sekuriteitsteenwoordigheid op die Kampus is verhoog (deur die SAPD) om te verseker dat die personeel en studente met hulle normale bedrywighede kan voortgaan. In ?n vergadering op Vrydag 23 Mei tussen die Visekanselier, Kampusbestuur en die KVSR is oor die volgende ooreengekom:
| |
Na regsadvies en soos deur die Visekanselier uiteengesit, het die Bestuur volgens die NWU-statuut opgetree en was die President van die KVSR se skorsing in orde. Die dissiplin?re verhoor is egter vervroeg en is op Dinsdag 27 Mei 2008 afgehandel. Die Voorsitter van die KVSR is hier onskuldig bevind. |
| |
Met betrekking tot die sewe studente is soos tevore aangedui dat elkeen van hulle ?n versoekskrif moet rig om in ooreenstemming met die KVSR se versoek spesiale toestemming te vra om aan akademiese bedrywighede deel te neem, hangende hulle onderskeie app?lle. Daardie briewe is ontvang en die Bestuur het die nodige toestemming verleen dat hulle hangende hulle app?lle eksamen mag skryf. |
Ten spyte van die re?lings waarop ooreengekom is, het sommige studente op Sondagaand, 25 Mei, en Maandag, 26 Mei oproerig geraak en by konfrontasies met die polisie betrokke geraak. Hulle het in di? proses toegangsbeheerstelsels beskadig, geboue en mense met klippe bestook en die eiendom van die Universiteit (stoele en tafels in party koshuise), verbrand. Hierdie insidente het ook aanvalle op lede van die kampussekuriteit en lede van die SAPD ingesluit, asook intimidasie van studente en personeel van die Universiteit. Alhoewel die Kampus tegnies oop gebly het, het baie min normale onderrig- en leeraktiwiteite tussen Donderdag 22 Mei en Dinsdag 27 Mei 2008 plaasgevind.
Kampusbestuur en die studenteverteenwoordigers het weer op 28 Mei vergader en die volgende is skriftelik ooreengekom:
| |
Studente sal alle protesaksie staak en die Bestuur betrek by sy reaksie op hulle memo onder fasilitering van die volgende alumni-lede: |
| |
- |
Mnr Gaba Tabane: Hoof- Uitvoerende Beampte Invest North West |
| |
- |
Mnr Solly Bokaba ? Adjunkdirekteur Algemene Premierskantoor |
| |
- |
Mnr Johnny Motlogelwa ? Hoofdirekteur: Behuisinglewering Plaaslike Regering |
| |
Alle leeraktiwiteite op die Kampus sal dadelik voortgaan soos op 28 Mei aan die personeel gekommunikeer is. |
Die Visekanselier, Kampusbestuur, die KSVR en ander studente-substrukture het op die middag van 28 Mei byeengekom onder die fasilitering van die drie alumni (wat al drie voorheen Studenteraadsvoorsitters was). In ?n sessie wat tot 22:00 geduur het, is ?n aantal ooreenkomste bereik oor die memorandum wat die studente voorgel? het.
Op grond van hierdie ooreenkomste is klasse hervat en eksamens het ?n week laat begin en sal tot in die vakansie duur.
Soos in Maart, wil ek die optrede van die studente, wat ten spyte daarvan dat hulle by bona fide-onderhandelings betrokke was, steeds gevoelloos voortgegaan het met die destruktiewe optrede soos hierbo beskryf is, in die sterkste moontlike taal veroordeel. Die Bestuur sal nie hierdie optrede daar laat nie en dra die medium- en langtermyntoekoms en welsyn van die Universiteit en die Kampus op die hart.
Ek wil die personeel en studente wat gehelp het met die normalisering van die situasie op die Mafikengkampus sodat die eksamen afgehandel kon word, bedank.
Terug na bo
Ministeri?le Komitee
Die Ministeri?le Komitee wat ons op 9 Junie besoek het, het nog geen terugvoer gegee nie en daar word verwag dat die verslag aan die minister eers teen laat 2008 gefinaliseer sal word. Die aanduidings is dat die groepe wat die Komitee ontmoet het, konstruktiewe besprekings gehad het.
Intussen het die Raad die bre? saak bespreek en bly steeds saam met die Bestuur verbind tot die versekering dat dade van rassisme ontmoedig en gestraf sal word.
Terug na bo
Studente-inskrywings 2008
Soos met einde Mei 2008 was die studente-inskrywings vir 2008 soos volg:
| Kampus |
Inskrywing |
Kontak |
Afstand |
VOO |
Totaal vir 2008 |
Totaal vir 2007 |
| Mafikeng |
Voorgraads |
5874 |
|
631 |
6505 |
7891 |
| Meesters |
599 |
|
|
599 |
662 |
| Doktoraal |
89 |
|
|
89 |
149 |
| Mafikeng-totaal |
6562 |
|
631 |
7193 |
8702 |
| Potchefstroom |
Voorgraads |
13498 |
387 |
11046 |
24931 |
30382 |
| Meesters |
1543 |
11 |
|
1554 |
1773 |
| Doktoraal |
442 |
16 |
|
458 |
568 |
| Potchefstroom-totaal |
15483 |
414 |
11046 |
26943 |
32723 |
| Vaaldriehoek |
Voorgraads |
2896 |
|
|
2896 |
3022 |
| Meesters |
166 |
|
|
166 |
194 |
| Doktoraal |
82 |
|
|
82 |
109 |
| Vaaldriehoek-totaal |
3144 |
|
|
3144 |
3325 |
| NWU |
Totaal |
25189 |
414 |
11677 |
37280 |
44750 |
Die totale vir 2007 is volgens die tweede Hemis-voorlegging en word tans geoudit, en kan as gevolg van die ouditresultate verander. Die 2008-totale sal gedurende die jaar verander en sal ook beduidend be?nvloed word deur die inskrywings vir studente in Voortgesette Onderwysersopleiding (VOO) wat nog nie geprosesseer is nie, aangesien dit gedeeltelik deur ?n eksterne diensverskaffer (OLG) geadministreer word.
Terug na bo
Programbelyning
Die momentum van die Akademiese Belyningsprogram (ABP) -proses sal in 2008 toeneem en sal in 2009 die intensiefste wees. ?n Totaal van 30% van die voorgraadse programme is tot op datum (1 Junie 2008) al belyn. Die teikendatum vir goedkeuring van belynde voorgraadse programme deur die Institusionele Komitee vir Akademiese Standaarde (IKAS) is Mei 2009 (implementering in Januarie 2010). Indien die belyning teen die huidige tempo voortgaan, sal die oorblywende IKAS-vergaderings die goedkeuring van belynde voorgraadse programme aan die NWU teen Mei 2009 afhandel.
Die ander goeie nuus is dat die Ekonomiese en Bestuurswetenskappe se KSV tot so ?n mate belyn is, dat dit die belynde programme reeds in 2009 kan laat loop (insluitend die GR-programme as ?n vereiste vir SAICA). Daarmee saam word probleme steeds in die veld van generiese grade ondervind as gevolg van die verskillende reikwydtes van aanbiedings van die verskillende kampusse, en die probleme met die belyning van programme op programvlak (met ander woorde deur middel van uittreevlak-uitkomste en nie deur individuele modules nie).
Belangrike vordering is gemaak in terme van kritieke kruisvelduitkomste (KKU?s), veral Akademies Liter?r, met die Potchefstroomkampus wat die nuwe module in 2009 wil loods in ?n poging om dit in die praktyk te toets.
Terug na bo
Navorsing
Na die implementering van die nuwe navorsingsentiteitemodel is 21 nuwe entiteite in die lewe geroep. Uit die 2007-jaarverslag is dit duidelik dat ons navorsingskapasiteit tot die uiterste beproef is, en hierdie inisiatief sal beslis verseker dat ons die nodige momentum behou.
Terug na bo
Implementering van deskundigheid
Die Departement van Wetenskap en Tegnologie (DWT) het ?n R400 000-kontrak aan die NWU toegeken om ?n sakeplan vir die voorgestelde Noordwes-Wetenskappark (NWWP) te ontwikkel. Die doel van die DWT is om die NWWP-sakeplan as rolmodel vir ander parke in die land te gebruik, aangesien dit ?n sterk fokus op werkskepping in ?n tipiese plattelandse omgewing sal h?. Die nuwe tendens is vir wetenskapparke om die kern van Streeksinnoveringstelsels te wees. ?n Innoveringstelsel is ?n samewerking en netwerk tussen die plaaslike regering, besighede en universiteite om die pyplyn vir universiteittegnologie oop te maak om plaaslike ekonomie? en werkskepping te versterk.
Die totstandkoming van die Potchefstroomse Innoveringsnetwerk (PIN) is deur die stadsraad aanvaar en die res van die rolspelers word nou genader. ?n Paar projekte wat op NWU-tegnologie? gebaseer is, word as deel van die sogenaamde PIN geloods. Dit sluit in voedselverwerking, bestuur van gevaarlike afval en voedselproduksie.
Terug na bo
Gemeenskapsbetrokkenheid
Me Bibi Bouwman is onlangs aangestel as Bestuurder: Gemeenskapsbetrokkenheid. Daarmee saam is ?n voorlopige databasis en raamwerkdokument saamgestel en vir insette gesirkuleer.
Terug na bo
Lewenskoste-ooreenkoms
Na uitgebreide samesprekings het die bestuur en die vakbonde ?n tweejaar-ooreenkoms vir 2008 en 2009 bereik. Dit sluit ?n 9%-verhoging vir 2008 in (wat ho?r is as inflasie vir die afgelope 12 maande) en 'n 9,2% verhoging vir 2009 (onderhewig aan 'n aantal faktore).
Terug na bo
Kultuur- en klimaatopname
Die verslag oor die Klimaat- en kultuuropname is aan die personeel beskikbaar gestel en terugvoersessies deur die konsultante is by al drie die Kampusse en die Institusionele Kantoor gehou.
Terug na bo
Die HOKK Institusionele Oudit
Voorbereidings vir die oudit is steeds op koers. Die terugvoer wat van die personeel op konsep 7 van die selfevalueringsportefeulje ontvang is, is vervat in die weergawe wat formeel op die eerskomende senaatsvergadering bespreek sal word ter voorbereiding op die weergawe wat op die volgende Raadvergadering aan die Raad voorgel? sal word. Dit sal die span toelaat om die Raad se insette betyds vir ?n finale voorlegging aan die Raad te inkorporeer voordat die portefeulje gedruk word om betyds op 3 Desember 2009, wat die voorlopige inleweringsdatum is, aan die HOKK voorgel? te word.
Die eerste formele besoek deur die HOKK in verband met die oudit het op 6 Junie 2008 plaasgevind. Verskeie praktiese en logistiese aspekte van die ouditbesoek gedurende die week van 13 tot 20 Maart 2009 is bespreek. ?n Opvolgbesoek sal tydens die tweede semester plaasvind.
?n Aantal gapings tussen gestelde prosedures en werklike gewoontes is uit die selfevalueringsoefening ge?dentifiseer. Dit hou verband met ?n wye verskeidenheid situasies rakende die NWU se kernbesigheid en sal die NWU help om dienslewering van ons kernprodukte bekwaam en doeltreffend te verbeter. Die oorbrugging van hierdie gapings is so belangrik dat dit as ?n aparte projek bestuur word, wat waarskynlik sal voortduur lank nadat die oudit afgehandel is.
Terug na bo
Innovering deur diversiteit is die nuwe slagspreuk van die Noordwes-Universiteit (NWU) en sal lewe kry met behulp van die bemarking-, kommunikasie- en reklameveldtogte wat daarop gerig is om die nuwe handelsmerk van die Universiteit uit te bou en te versterk.
Die nuwe slagspreuk sal help om ?n konsekwente en duidelike boodskap aan ons belanghebbendes deur te stuur en slaan enige wanpersepsies rakende die Universiteit die nek in. Die slagspreuk gee die kern van ons strategiese oogmerk weer, en s? dat ons diversiteit inspan en ons studente en personeel toelaat om te wees wie hulle wil, om op hierdie wyse ons innoverende gees te verryk.
Terug na bo
Die Raad
Ons het ?n baie konstruktiewe Raadsvergadering op 20 Junie gehad. Die Raad se nuusbrief kan elders gelees word, maar ek wil graag die volgende uitlig:
Mnr Peet van der Walt is as voorsitter gekies, me Sanki Mthembi-Mahanyele as ondervoorsitter, en prof Laetitia van Dyk as lid van die Uitvoerende Komitee. Mnr Max Fuzani is aangestel as lid vir die Oudit, Nakoming- en Risikobestuurskomitee (waar adv Jan Henning SC as die voorsitter gekies is) en mnr JJ Tabane as lid van die Transformasie Oorsigkomitee.
Die Raad het die konsep van die 2007-jaarverslag met dankbaarheid aanvaar en die bestuur, ander personeel en studente met die goeie akademiese, finansi?le en ander resultate gelukgewens.
| Die Raad het ook beleide aangaande die volgende goedgekeur: |
| |
Terugvoer oor onderrig en leer deur studente |
| |
Akademiese programbestuur |
| |
Bestuur van navorsings- en innoveringskontrakte |
Daarbenewens het die Raad die voorgestelde Institusionele Almanak vir 2009 goedgekeur en die outonomie van die Institusionele Forum bevestig.
Terug na bo
Herontwikkeling en bekendstelling van die NWU-webwerf
?n Projekspan is saamgestel om die herontwikkeling en bekendstelling van die eerste fase van die NWU-webwerf in September 2008 te bestuur. Die herontwikkeling van die NWU se eksterne webwerf is daarop gerig om ?n ge?ntegreerde en interaktiewe platform te bou om relevante inligting aan sleutelbelanghebbendes deur te gee, die Universiteit te posisioneer, die handelsmerk, beeld en reputasie van die Universiteit te versterk, en om die Universiteit se prim?re belanghebbendes, naamlik personeel, studente (voornemend en huidig) en alumni te betrek.
Ek wil julle graag aanmoedig om aan hierdie proses deel te neem deur die webopname wat tans gedoen word, in te vul.
Terug na bo
Ek wil hierdie geleentheid by die halfpadmerk gebruik om alle bestuurspersoneel en studente uit die diepte van my hart te bedank vir die uitstekende resultate van 2007 waaroor ons verslag gedoen het. Dit is bemoedigend om te sien dat ons in staat was om die momentum wat geskep is, te behou. Mag ons almal ?n asemskepkans in Julie kry en verfris terugkom om die laaste semester aan te pak.
Dit is ?n plesier en ?n voorreg om met almal van julle saam te werk ...
Vriendelike groete
THEUNS ELOFF
VISEKANSELLIER
|