1 2 3 4 5
6

Visekanseliersnuusbrief

11 12 14 15
15 April 2008
 

Indien die grafika nie vertoon nie, kies HTML onder die "view"-hofie.

Inhoud

Belyning van die Institusionele Plan se missie-elemente met prestasieooreenkomste van NWU-personeel

Besoeke deur die DvO en die Minister van Onderwys

Die "klimaat" by tersi?re instellings: Diversiteit, interkulturele harmonie en samewerking

NWU-Klimaat- en Kultuuropname 2007

Sluiting en heropening van die Mafikengkampus

Studente-inskrywings 2008

Loopbaansentrum

NNS-graderings en navorsingsprestasie

Samewerking met PBMR

HOKK-oudit

Erkenning deur PanSAT

Begrotingstoespraak-kompetisie

Interkampus Sosiale Dag vir NWU-personeel

Interkampus-sportdag vir NWU-studente

Die NWU en elektrisiteitsvoorsiening

Verhuising van Institusionele Kantoor

Raadsvergadering

 

 

 

Beste kollegas

Ek dink u sal saamstem dat 2008 teen 'n ongelooflik vinnige pas weggespring het. Ons het 'n baie goeie registrasietydperk op al ons kampusse gehad. Ons het dus 'n egalige stroom van uitnemende eerstejaarstudente gehad wat by die NWU aangesluit het. Van die kant van die Institusionele Bestuur wil ek graag na die volgende sake kyk:

Belyning van die Institusionele Plan se missie-elemente met prestasieooreenkomste van NWU-personeel

Gedurende die eerste kwartaal het bestuur 'n omvattende hersiening van prestasieooreenkomste gedoen om te verseker dat die missie-elemente, doelstellings en teikens soos vermeld in die Institusionele Plan 2008–2010 nou afgewentel word na prestasieooreenkomste met bestuurders op alle vlakke, en uiteindelik ook na alle akademiese personeel. Deur hierdie proses sal ons verseker dat ons ons missie verwesenlik. Soos ek altyd s?: "As ons belowe om iets in die IP te doen, moet iemand daaroor wakker l? ? en dit kan nie net ek wees nie!"

Die gekombineerde resultaat hiervan is vervat in die prestasieooreenkoms van die Visekansellier.

Die hoofpoging vir die volgende jaar sal wees om die teikens te dryf soos in die nuwe Institusionele Plan vermeld word. Hierbenewens moet daar 'n meer spesifieke fokus op kwaliteit (binne die konteks van die HOKK-oudit) wees, asook op eenheid ? met die klem op belyning, sinergie en die bou van 'n eenheidsin.

Wat betref belyning is daar 'n paar beleide en prosedures wat nog in die belyningsproses is. Toelatingsvereistes en klasgelde is twee hiervan. Die proses van belyning van akademiese programme moet selfs sterker momentum verkry. Sinergie kom neer op die beginsel dat die NWU meer as die som van die dele daarvan moet wees.

Terug na bo


Besoeke deur die Departement en Onderwys en die Minister van Onderwys

Lede van die IB en Mafikengkampusbestuur het 'n uiters konstruktiewe vergadering met die Adjunkdirekteur-generaal en personeel van die Departement van Onderwys gehad toe hulle die Mafikengkampus op 23 Januarie 2008 besoek het. Die DvO-afvaardiging was duidelik be?ndruk met die prestasies op die Mafikengkampus en het voorgestel dat die NWU 'n motivering vir infrastruktuurbefondsing weer voorl?. Dit is gedoen en daar word op terugvoer van die DvO gewag.

Die Minister van Onderwys het die Potchefstroomkampus op 29 Februarie 2008 besoek om die nuwe gebou vir die Fakulteit Opvoedkunde te open. Die "ou" hoofgebou is opgeknap nadat daar besluit is om dit as die Institusionele Kantoor aan te wend. Die Minister het ook met lede van die Institusionele Bestuur, Kampusbestuur, vakbondverteenwoordigers en die kampus-VSR vergader. Die Minister is ingelig oor die fasiliteite op die kampus en het die HPI besoek. Sy het haar waardering uitgespreek vir die uitnodiging en het die kampus geluk gewens met hul fasiliteite wat so uitnemend in stand gehou word.

Terug na bo


Die "klimaat" by tersi?re instellings: Diversiteit, interkulturele harmonie en samewerking

Ek dink dit is billik om te s? dat alle Suid-Afrikaners (insluitende personeel en studente) geskok is deur die onlangse gebeure by ons susteruniversiteit in die Vrystaat. Hierbenewens is 'n student van een van ons noordelike universiteite deur medestudente tydens 'n busreis onderweg terug vanaf Pretoria vermoor. Sy liggaam is van die bus afgegooi... Hierdie gebeure (en ander wat nie eers berig is nie) is 'n hartseer getuienis van die gebrek aan verdraagsaamheid en die gees van geweld in ons jong demokrasie. Op die Raadsvergadering op 14 Maart 2008 is hierdie kwessies indringend bespreek en het die Raad 'n verklaring uitgereik.

Kortweg spreek die Raad hul diepste bekommernis uit oor "rassisme, seksisme, onverdraagsaamheid, xenofobie, geweld en misdaad" in die ho?ronderwyssektor en s? hulle dat hulle, met erkenning en waardering vir dit wat in hierdie opsig deur die NWU-gemeenskap gedoen word, hul voorneme wil uitspreek om hierdie kwessies konstruktief aan te pak". Die Raad het besluit om "die Institusionele Forum en die Menseregtekomitee van die Universiteit dringend te versoek om die idee van diversiteit, interkulturele harmonie en samewerking aktief te bevorder en konstruktief te werk aan daardie aangeleenthede waaroor daar kommer heers binne die konteks van die Universiteit en die bre?r Suid-Afrikaanse gemeenskap".

Die Raad het uitgewys dat dit sou insluit "verdere uitbreiding van die voorsiening wat vir hierdie betrokkenheid in die Institusionele Plan van die Universiteit gemaak word, dat hierdie betrokkenheid 'n meer eksplisiete deel van die universiteitskurrikulum gemaak moet word; en dat 'n toegewyde oop lyn vir die aanmelding van enige probleme en/of misbruike tot stand gebring word". Die Raad het ook die NWU se verbintenis herhaal om ons "doenwaardes" (integriteit, verbintenis, aanspreeklikheid en respek) verder in te bed ten einde die Universiteit vorentoe te neem.

Ek maak graag van hierdie geleentheid gebruik om alle NWU-personeel en -studente te versoek om voortdurend waaksaam en bewus te wees van wat onverdraagsaamheid of disrespek in enige vorm kan wees of wat aldus beskou kan word. Deur ons statuut en deur ons waardes (wat respek insluit) is ons gedwonge om op te tree op 'n wyse wat in ooreenstemming met ons land se Grondwet en Handves van Regte is. Maar nog belangriker, ek sou graag wou dink dat by die NWU ons ook die morele waardes het om vrywillig op hierdie wyse op te tree. Laat ons by die NWU tot interkulturele harmonie en goeie interpersoonlike verhoudings op alle vlakke bydra, veral op hierdie tydstip in ons land se geskiedenis wanneer te veel Suid-Afrikaners op grond van ras, groep, geslag of kultuur gepolariseer word.

Terug na bo


NWU-Klimaat- en Kultuuropname 2007

Ek spreek graag 'n woord van dank uit teenoor alle personeellede wat deelgeneem het aan die NWU-Klimaat- en Kultuuropname wat aan die einde van 2007 gedoen is. Die deelname van 711 kollegas is werklik beduidend en gee aan ons 'n goeie gevoel van die klimaat by die NWU. Die voltooide verslag sal op die volgende vergadering van die Transformasie-Oorsigkomitee (TOK) van die Raad dien en bestuur sal aan die TOK verslag doen oor die beplande ingrepe, waarna die TOK op die vergadering in Junie 2008 hieroor aan die Raad verslag sal doen. Intussen sal bestuur seker maak dat die aangeleenthede wat in die verslag geopper word, ook in prestasieooreenkomste gedek word ten einde te verseker dat ons die probleemgebiede so gou moontlik aanpak.

Die verslag, asook 'n opsomming van die spesifieke uitdagings vir die NWU soos in die verslag ge?dentifiseer (opgestel deur die What Works-konsultante) is nou vir u ter insae by Strategiese Prioriteite op die landingsbladsy van die intranet. Hierbenewens sal die What Works-konsultante so gou moontlik op die onderskeie kampusse terugvoer gee.

Terug na bo


Sluiting en heropening van die Mafikengkampus

Die Mafikengkampus is op 7 Maart 2008 vir studente gesluit n? studenteproteste deur 'n handjievol hoofsaaklik SASCO-ondersteuners. Optrede wat met hierdie protes gepaard gegaan het, het die versperring van die hoofingang na die kampus, die intimidasie en verhindering van personeellede en studente om toegang tot die kampus te verkry, asook beskadiging van die eiendom van die Universiteit ingesluit. Dit was ook nie altyd duidelik wat die bekommernisse van die protesmakers presies was nie. 'n Wenslys wat teenstrydige eise bevat het, is oorhandig en daarna weer teruggetrek in 'n klaarblyklike spanning tussen SASCO-lede en die ANC-Jeugliga. Die kampus-VSR het die staking deurgaans nie ondersteun nie. Studente wat ver weg van die Kampus woonagtig was, is hetsy finansieel ondersteun om terug te keer huis toe, of is by wyse van uitsondering in die koshuise geakkommodeer. Na die sluiting van die Kampus het die Kampusbestuur die skade evalueer en herstel. Elf studente is geskors op klagtes van openbare geweld, intimidasie en beskadiging van eiendom. Hulle sal binnekort in dissiplin?re verhore verskyn.

Die Mafikengkampus is reeds op Dinsdag 25 Maart 2008 vir studente heropen in 'n poging om verlore onderrigtyd in te haal. As gevolg van die kriminele gedrag van 'n handjievol studente het die meerderheid van die studente en al die personeel goedgunstiglik (en gewillig) ingestem om hul herfsreses op te offer. Ek wil hulle almal vir hul verbondenheid en toewyding bedank.

Die Kampus is heropen op die grondslag dat enige verdere onwettige versteuring van die aktiwiteite op die Kampus sonder enige verdraagsaamheid hanteer sal word. Streng dissiplin?re en ander maatre?ls sal getref word om te verseker dat die normale aktiwiteite op die kampus voortgesit kan word. Beide die IB en Kampusbestuur sal alles in ons vermo? doen om te verseker dat studente wat hul klasgelde met swaarverdiende inkomste betaal het, nie deur 'n klein groepie studente wat nie daarin belang stel om te studeer nie (en in 'n aantal gevalle reeds 'n hele paar jaar lank reeds nie studeer het nie) daarvan weerhou word om hul leergeleenthede ten volle te benut.

Terug na bo


Studente-inskrywings 2008

Ons het 'n teiken van 5 183 gestel vir eerstejaarsinskrywings vir 2008. Tans is die studente-inskrywing vir 2008 soos volg (afstandstudente en die meeste nagraadse studente uitgesluit):

  Voorgraadse studente wat vir eerste keer inskryf Totale getal studente geregistreer, uitgesonderd afstand- en nagraadse studente
Mafikengkampus 1340 6585
Potchefstroomkampus 3188 13 185
Vaaldriehoekkampus 794 2912
TOTAAL 5322 22 682

Die totale vir eerstejaarstudente is almal volgens teikens, terwyl ons in die geval van die nagraadse studente, waarvan die meeste nog moet registreer, 'n matige groei vanaf 2007 sal ervaar het. Dit is in ooreenstemming die infrastruktuurkapasiteit van die individuele kampusse.

Terug na bo


Loopbaansentrum

Die Loopbaansentrum, waarvan die doelstelling, onder andere, is om plasingsvooruitsigte van NWU-gegradueerdes in die mark te bevorder en werkgewers behulpsaam te wees om gekwalifiseerde individue vanaf die Universiteit te vind, het in Januarie 2008 op al drie die kampusse in werking getree.

Terug na bo


Nasionale Navorsingstigting-graderings en navorsingsprestasie

Sedert die vorige nuusbrief, waarin ek kollegas geluk gewens het wat hul NNS-graderings behou het en nuwes ontvang het, het ons verneem dat prof Petra Engelbrecht C1-gradering ontvang het. In die verwagting dat die een nuwe evaluering sal slaag, is die getal NNS-gegradeerde personeel nou 94 (2007: 85). Dit is meer as 10% van die permanente akademiese personeel, 'n prestasie waarvoor alle akademici geluk gewens behoort te word!

Ons het nou amptelike bevestiging ontvang dat die NWU se totale navorsingsuitset in 2006 die 1 000-merk oortref het. Die totaal van ons navorsingsmeestersgrade, ons PhD's wat toegeken is (geweeg deur dit met drie te vermenigvuldig) en die getal geakkrediteerde publikasies het op 'n verstommende 1 074 te staan gekom! Dit is 'n styging vanaf 865 in 2005. Ek is baie trots op hierdie prestasie van ons navorsers, aangesien dit ons in die sesde plek in die land plaas!

Terug na bo


Samewerking met PBMR

Die NWU en Pebble Bed Modular Reactor Pty (Ltd) of South Africa (PBMR) het op 26 Februarie 2008 'n samewerkingsooreenkoms onderteken waarvolgens PBMR navorsingswerk wat deur die NWU op die gebied van kerningenieurswese gedoen word, sal borg. Saam met PBMR het die NWU deur navorsingsuitnemendheid tegnologie na die praktyk deurgevoer en praktiese en veilige oplossings vir die energiekrisis wat Suid-Afrika tans in die gesig staar, help verseker.

Terug na bo


HOKK-oudit

Ons het nou bevestiging van die HOKK verkry dat die NWU se Institusionele Oudit vanaf Saterdag 14 tot Vrydag 20 Maart 2009 gedoen sal word.

Ons is op skedule en die sesde konsep van die selfevalueringsverslag sal teen die middel van April vir kommentaar versprei word.

Terug na bo


Erkenning deur PanSAT

Die NWU het 'n waarderingstoekenning van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT) ontvang as die ho?ronderwysinstelling wat gedurende die afgelope tien jaar die meeste tot veeltaligheid en nasiebou in die Suid-Afrikaanse ho?ronderwyssektor bygedra het.

Terug na bo


Begrotingstoespraak-kompetisie

Linda Dingiswayo, 'n student van die Vaaldriehoekkampus, het die Nedbank en Ou Mutual-begrotingstoespraak-kompetisie vir 2007 gewen. Linda het die BCom Ekonomie/Bankrisikobestuur en Hons BCom in Ekonomie aan die Vaaldriehoekkampus voltooi. Die eerste ronde van die kompetisie was 'n begrotingsopstel. Uit al die inskrywings is 12 deelnemers gekies om die begrotingstoespraak van die Minister van Finansies by te woon en vir onderhoude voor 'n paneel te verskyn. Linda is die eerste swart vrou om hierdie jaarlikse prestigekompetisie te wen.

Terug na bo


Interkampus Sosiale Dag vir NWU-personeel

Dankie aan almal wat deelgeneem het aan die Interkampus Sosiale Dag wat op 7 Maart 2008 op die Vaaldriehoekkampus gehou is. Altesaam 330 werknemers het aan hierdie dag deelgeneem, wat met 'n pretstap begin het, gevolg deur vlugbal en toutrek, en met 'n NWU-vasvrakompetisie ge?indig het. Gedurende die dag het 75 werknemers (gelukkige trekkings) die geleentheid geniet om vlotvaarte op die Vaalrivier te ervaar. Die terugvoer wat van werknemers op al drie die kampusse en vanaf die Institusionele Kantoor ontvang is, was baie positief.

Die volgende Interkampus Sosiale Dag sal op Vrydag 17 Oktober 2008 op die Mafikengkampus gehou word.

Terug na bo


Interkampus-sportdag vir NWU-studente

'n Uiters geslaagde interkampus-sportdag is op 1 Maart in Potchefstroom gehou. Altesaam 341 studente het aan die volgende sportaktiwiteite deelgeneem: vlugbal, tennis, tafeltennis, krieket, sokker, netbal, sagtebal en pluimbal. Die doel was om nie die wenners aan te kondig nie, omdat dit nie 'n kompetisie was nie. Die resultate sal egter beskikbaar gestel word wanneer die organiseerders al die uitslae opgetel het wat van die verskillende spanbestuurder ontvang is.

Terug na bo


Die NWU en elektrisiteitsvoorsiening

Sedert die vorige verslag kan die volgende opdatering gegee word:

Op die Potchefstroomkampus word daar verwag dat die twee kleiner eenhede (500 kVA elk) teen die einde van die reses op die kampus ge?nstalleer behoort te wees om in die onmiddellike behoeftes van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe en die Fakulteit Natuurwetenskappe te voorsien, soos met die dekane ooreengekom. Ongelukkig neem die aankoop en installasie van die ses gespesialiseerde noodgenerators (1 100 kVA elk) op die Potchefstroomkampus langer as wat verwag is, hoofsaaklik as gevolg van vertragings aan die kant van die diensverskaffers. Die nuwe verwagte datum van implementering is nou aan die einde van Julie 2008.

Op die Vaaldriehoekkampus het die huidige nuwe generator tegniese probleme ondervind maar dit behoort binnekort opgelos te wees. Op die Mafikengkampus sal 'n dieseldepot opgerig word om te verseker dat die generators op die Kampus versien word.

Uit die bogenoemde is dit duidelik dat ons steeds op die Potchefstroomkampus vir die grootste deel van die komende winter kwesbaar sal bly. Ongelukkig is daar geen manier om die proses te bespoedig nie en moet ons hooffokus daarop wees om besparings in ons elektrisiteitsgebruik te verseker.

As 'n instelling moet ons hooffokus daarop wees om elektrisiteitsgebruik te bespaar. Ons is in 'n gevorderde stadium van samesprekings met die munisipaliteite en Eskom om die 10%-besparing op huidige elektrisiteitsgebruik te bespreek ten einde te verseker dat ons uiteindelik alle beurtkrag sal vryspring. Selfs met die noodkragvoorsiening wat teen die einde van Julie op al die kampusse ten volle in werking sal wees, sal ons steeds ons houding oor elektrisiteitsgebruik op die medium en langer termyn moet verander. Daarom wil ek 'n beroep op u doen, as 'n kollega en 'n lid van die NWU-gemeenskap, om te help om elektrisiteit doeltreffend te bespaar en te bestuur. Indien ons almal saamwerk, sal ons in staat wees om onsself, mekaar en die Universiteit en uiteindelik die land in die geheel te help.

Meer riglyne betreffende elektrisiteitsbesparings volg in 'n afsonderlike kennisgewing, nadat die werk van die spesialistaakspan voltooi is.

Terug na bo


Verhuising van Institusionele Kantoor

Die verhuising van die Institusionele Kantoor na die C1-gebou is goed op dreef. Wanneer die IK teen die einde van April behoorlik in die nuwe gebou gevestig is, sal 'n boekie met al die IK funksies, kontakpersone en kontaknommers op die drie kampusse versprei word. Intussen kan IK-personeel nog op hul ou telefoonbylyne geskakel word, terwyl hul e-posadresse onveranderd bly.

Terug na bo


Raadsvergadering

Ons het 'n baie konstruktiewe Raadsvergadering op 14 Maart 2008 gehad. Klik hier om die nuusbrief te lees.

Terug na bo


Kollegas, wanneer u hierdie brief lees, sal sommige van u reeds vanaf 'n kort vakansie teruggekeer het. Soos blyk uit die eerste drie maande, hou ek vol dat 2008 'n dol maar opwindende jaar gaan wees ? beslis nie vervelig nie! Kom ons gebruik ons energie, toewyding en innovasievermo? om te verseker dat ons konsolideer en voortbou op die suksesse wat ons gedurende die afgelope vier jaar kon behaal. Soos met alle groeiende organisasies kan ons nie eenvoudig dieselfde ou dinge aanhou doen en verwag dat nuwe dinge moet gebeur nie. Ons het 'n behoefte aan hernude pogings om die opwaartse kurwe van die NWU se prestasies te handhaaf. Kom werp saam met my al jou kragte hierin...

Alles van die beste vir die tweede kwartaal!

Beste wense

 

THEUNS ELOFF

VISEKANSELLIER


Stuur asseblief enige nuus, voorstelle, kommentaar of inligting vir hierdie nuusbrief aan Marelize Santana

 

Klik hier om die Engelse weergawe te lees

 

Klik hier om die Setswana weergawe te lees