Die jaar wat voorl?
Terwyl ons in gedagte hou dat die institusionele oudit deur die Ho?r Onderwys Kwaliteitskomitee(HOKK) vanaf 15-20 Maart 2009 waarskynlik die belangrikste gebeurtenis in die bestaan van ons universiteit is, moet ons almal ons o? op die volgende uitdagings en doelwitte gevestig hou:
| |
Ons moet aanhou om die kernbesigheid van die NWU te verbeter: |
| |
- |
Behou goeie onderrigleer-uitsette, onder andere deur die uitvalkoers te verlaag en ons goeie gradueringskoers van die afgelope twee jaar te behou. |
| |
- |
Verbeter die navorsingsuitsette op al die kampusse, insluitend navorsingsmeestersgrade, PhD's en gepubliseerde artikels. |
| |
- |
Verbeter vlakke van innovering en gemeenskapsbetrokkenheid deur op ons prestasies van die verlede te bou. |
| |
- |
Behou ons finansi?le lewensvatbaarheid en bel? selfs meer in personeel deur personeelontwikkelingsinisiatiewe en aansporings soos die bonusskemas wat ons sedert die einde van 2007 vir toppresterende personeel ingestel het. |
| |
Ons moet die tempo van transformasie verhoog: |
| |
- |
In die eerste plek, herstel ten opsigte van geboue, infrastruktuur en dienste. Die vooruitsig vir 'n paar staatstoelaes vir geboue in 2010 lyk goed. |
| |
- |
Ons moet ook harder werk om ons indiensneminggelykheidsdoelwitte te bereik, nie slegs in terme van die totale getalle nie, maar ook om spesifieke vlakke van bestuur aan te spreek. |
| |
- |
Ons moet, in die lig van die onrus op die Mafikengkampus, die stembusprobleme op die Vaaldriehoekkampus en die Facebook-episode op die Potchefstroomkampus, hard werk om die studentelewe op al die kampusse te normaliseer. |
| |
Ons moet 2009 sien as die begin van 'n omvattende internasionaliseringsproses. Ons het vir lank na binne gefokus en moet nou ook begin om na buite te kyk. |
| |
Ons sal na die HOKK-oudit moet begin werk om ons kwaliteitsversekeringsprosesse te verbeter - nie slegs di? wat die HOKK-span sal identifiseer nie, maar in die eerste plek daardie gapings wat ons self deur middel van die selfevalueringsportefeulje ge?dentifiseer het. |
| |
Laastens sal ons moet aanhou om die eenheid en diversiteit, sentralisering en desentralisering in ons Universiteit en onder die verskillende besigheidseenhede te balanseer. |
Terug na bo
Onmiddellike uitdagings
Natuurlik sal ons Institusionele Plan met sy 45 doelwitte ter ondersteuning van die missie-elemente en 'n vele spesifieke doelwitte ons lei om ons taak vir 2009 te volvoer, maar daarbenewens het die volgende onmiddellike uitdagings na vore gekom:
| |
Verslag van die Ministeri?le Taakspan |
| |
Sedert die Verslag in die middel van Desember na die Raad en Bestuur gestuur is, het ons hard gewerk om te reageer op die kwessies wat daarin vervat is.
In hierdie verband het die Uitvoerende Komitee (UK) 'n vergadering gehou en sal spoedig voorlopige terugvoer aan die Minister stuur. Ek kan volstaan deur te s? dat ons die Verslag as 'n geleentheid vir introspeksie gebruik, maar dat ons ook 'n aantal kritiese opmerkings gemaak het oor die proses wat deur die Taakspan gevolg is - die talle duidelike feitefoute in die Verslag, en die feit dat van die wesenlike aanbevelings op hierdie foute gegrond is. Die Raad sal tydens 'n tweedag strategiese werkswinkel wat vir 13-14 Maart 2009 geskeduleer is sy kollektiewe aandag aan die Verslag gee, waarna 'n omvattende antwoord aan die Minister gestuur sal word.
Die belangrikste is dat UK sy vertroue in die Bestuur herbevestig het om sy taak uit te voer soos dit in sy taakooreenkoms vervat en in die Institusionele Plan beskryf word. Onder die omstandighede is dit veral op die Bestuur van die Mafikengkampus van toepassing. |
| |
Die registrasietydperk en aanvang van klasse |
| |
Ons het in die afgelope twee weke meer as 5 000 eerstejaarstudente op al ons kampusse ontvang. Met die senior studente wat terugkeer, is verskeie addisionele stappe gedoen om seker te maak dat ons 'n vlot registrasietyd op al ons kampusse sal h?.
Soos julle moontlik in die media gelees het, het 'n bykomende finansi?le toelae deur die Minister van Onderwys aan alle universiteite ons in staat gestel om die klasgeldverhoging op al ons kampusse tot 9% te beperk, wat laer is as inflasie. Daarmee saam sal ons meer as R10 miljoen vir akademies-verdienstelike maar finansieel-behoeftige studente beskikbaar stel. Dit sal in noue samewerking met die onderskeie verteenwoordigende studenterade van die kampusse gedoen word. |
| |
Die HOKK-oudit |
| |
Ons is nou in die pylvak wat die HOKK-oudit betref...
Gedurende die tweede helfte van Februarie 2009 sal elkeen van die drie kampusse vir 'n dag lank deur lede van die portuurpaneel en HOKK-personeel besoek word. Die HOKK sal die datums van hierdie besoeke op 9 Februarie 2009 verskaf en dit sal deurgegee word aan almal wat betrokke is.
Die formele NWU-oudit vind van 15 tot 20 Maart 2009 in die Institusionele Kantoor, Borcherdstraat 53, Potchefstroom plaas. 'n Voorlopige terreinbesoekskedule is opgestel en is op die intranet beskikbaar. Hierdie skedule kan deur die HOKK-paneel na sy samesprekings aan die begin van Februarie, of selfs tydens sy besoek gewysig word, en die huidige skedule moet dus as "ons beste raaiskoot op hierdie stadium" gesien word. Die skedule sal te alle tye aan alle personeel en studente gekommunikeer word en op die intranet bygewerk word.
Die nominasieproses van personeel en studente met wie daar tydens die terreinbesoek onderhoude gevoer gaan word, nader voltooiing. Die huidige lys van persone met wie onderhoude gevoer gaan word, is op die intranet beskikbaar. Werkswinkels word gehou om aan alle genomineerde persone met wie onderhoude gevoer gaan word, inligting oor die terreinbesoekproses en onderhoudsvereistes oor te dra. Die genomineerde persone met wie onderhoude gevoer gaan word, sal in die volgende paar weke e-pos en/of geskrewe kommunikasie ontvang om besonderhede aangaande hulle bywoning en logistieke re?lings vir voor en tydens die terreinbesoek-onderhoudsessies te bevestig.
Selfs al is jy nie tans genomineer nie, vra ons dat jy nogtans die Selfevalueringsverslag op die intranet sal lees. Dit is 'n gedetailleerde beskrywing van ons kern operasionele prosesse en as sodanig 'n wonderlike instrument om te help om 'n gedeelde begrip en algemene taal rakende ons besigheid te ontwikkel. Dit is ook moontlik dat jy op kort kennisgewing gevra kan word om op 'n paneel te dien as gevolg van onvoorsiene omstandighede rakende 'n genomineerde persoon met wie 'n onderhoud gevoer sou word. Daar moet ook onthou word dat die HOKK-paneel 'n oop uitnodiging aan alle personeel van die NWU gerig het om 'n oop sessie by te woon of 'n geskrewe bydrae oor die inhoud van die portefeulje voor te l?, en die lees van die portefeulje kan jou dalk aanspoor om van hierdie geleentheid gebruik te maak. Die prosedures vir deelname aan die oop sessie of voorlegging van geskrewe bydraes is ook op die intranet beskikbaar. |
Terug na bo
2009 gaan beslis nie 'n vervelige jaar wees nie ... inteendeel, ek sien uit na 'n opwindende jaar met 'n vinnige tempo. Ons gaan al die energie en wysheid wat ons kan ontvang, nodig h?. Ek wens julle voorspoed toe sodat julle 2009 by die horings kan pak en die meeste daaruit haal - in belang van die alle personeel en studente.
Alles van die beste!
THEUNS ELOFF VISEKANSELIER
|