Die 2009 studente-inname
Met betrekking tot die 2009-inname het ons inskrywings van 5 100 studente in 2008 tot 5 874 in 2009 toegeneem - 'n groeikoers van meer as 13%. Dit stem ooreen met die inskrywings van eerstejaars aan die meeste universiteite as gevolg van die ho?r getal inskrywings van studente met 'n nasionale senior sertifikaat. Teen die agtergrond van die ontwrigtings in 2008 is ons veral opgewonde oor die 1 272 eerstejaars wat by Mafikeng geregistreer het (byna dieselfde getal as in 2008). Die Potchefstroomkampus het ongeveer 3 600 eerstejaars ingeskryf en die Vaaldriehoekkampus ongeveer 1 000 - die eerste keer dat die Potchefstroomkampus die 3 000-, en die Vaaldriehoekkampus die 1 000-grens oorskry het.
Die totale studente-inskrywings vir 2009 is tans soos volg:
| Kampus |
Totale kontak** |
Totale afstand* |
Totaal 2009 |
| Mafikeng |
6 169 |
1 109 |
7 278 |
| Potchefstroom |
16 451 |
25 395 |
41 846 |
| Vaaldriehoek |
3 557 |
491 |
4 048 |
| NWU totaal |
26 177 |
26 995 |
53 172 |
*Hierdie getalle is voorlopig, aangesien nie alle Voortgesette Onderwysersopleidingstudente noodwendig aktief is nie omdat hulle moontlik nie eksamen gaan skryf nie.
**Nagraadse studente kan nog steeds registreer.
Terug na bo
Prosesse gedurende die tweede kwartaal
Na die suksesvolle voltooiing van die HOKK-oudit in Maart, het die tweede kwartaal op 'n aantal prosesse gefokus (benewens die normale daaglikse kernbesigheid), onder andere:
| |
Die werk van die Senaatskomitees - insluitend IKAS en die kernre?lingskomitee, waar die hooffokus steeds is om te verseker dat ons ons doelwitte ten opsigte van programbelyning bereik. Ons het die finale rondte van belynde voorgraadse programme goedgekeur en is nou besig om voor te berei om aan die begin van 2010 met die belynde programme te begin.
|
| |
|
| |
Die 2010-begrotingsproses het in Mei 2009 met opleidingsessies vir die Institusionele Kantoor en die drie kampusse afgeskop. Die vier begrotingseenhede stel tans hulle begrotings saam om dit op 7 Augustus 2009 aan die Institusionele Begrotingskantoor voor te l?. Die aanbevole NWU-begroting vir 2010 sal deur die volgende bestuursvlakke bespreek en aanbeveel word: Institusionele Begrotingskomitee (27 Augustus 2009); Institusionele Bestuur (9 en 23 September 2009); Finansi?le Komitee (29 Oktober 2009). Die finale goedkeuring van die aanbevole begroting vir 2010 sal by die Raadsvergadering van 20 November 2009 plaasvind. |
| |
|
| |
Voorbereidingswerk vir die onderskeie Raadskomitees ter voorbereiding van die Junie-raadsvergadering - ons het op 19 Junie 'n baie konstruktiewe Raadsvergadering gehad en die Raad se nuusbrief sal binnekort beskikbaar wees. Ek wil ook graag die volgende uitlig: Die Raad het onder andere die proses vir die aanstelling van twee kampusrektore; die hersiene algemene akademiese re?ls; die institusionele almanak vir 2010 en die 2008-jaarverslag, insluitend die finansi?le state, goedgekeur. Na aanleiding van die uitslae van 2008, het die Raad met waardering kennis geneem dat die NWU weer eens besonder goed presteer het ten opsigte van al die kernaanwysers (die volledige 2008-jaarverslag sal binnekort op die intranet beskikbaar wees). Die volgende opsomming gee 'n duidelike aanduiding van die prestasies:
| |
2004 |
2005 |
2006 |
2007 |
2008 |
| Totale studente-inskrywings |
40 145 |
38 596 |
38 709 |
44 726 |
47 008 |
| Voorgraadse slaagkoers (kontak en afstand) |
75,2% |
78,8% |
78,4% |
79,5% |
81,2% |
| Gradueringskoers (getal grade as % van totale koppe) |
24% |
20% |
25% |
25% |
26% |
| Getal grade en diplomas toegeken |
9 657 |
7 746 |
9 825 |
11 345 |
12 337 |
| Meestersgrade toegeken |
626 |
700 |
765 |
618 |
583 |
| PhD's toegeken |
87 |
85 |
110 |
124 |
100 |
| Artikelekwivalente gepubliseer (totaal) |
275 |
326 |
361 |
376 |
512,64 |
| NNS-gegradeerde navorsers |
73 |
85 |
82 |
95 |
103 |
| Totale navorsingsuitset* |
798 |
865 |
1 074 |
1 061 |
1 089 |
| Totale begroting |
R953m |
R1 080m |
R1 253m |
R1 420m |
R1 650m |
| % inkomste van die regering |
45,1% |
43,2% |
42,8% |
39,8% |
40,0% |
| Selfgegenereerde inkomste |
R311m |
R371m |
R441m |
R578m |
R649m |
| Finansiële oorskot/tekort |
R14,7m |
R68,7m |
R71m |
R85m |
R71m |
| Infrastruktuur: makro-instandhouding |
R20,9m |
R17,8m |
R32,1m |
R54,1m |
R50,3m |
| Kapitale uitgawe aan nuwe geboue |
R5,9m |
R29,3m |
R44,5m |
R46,8m |
R46,2m |
*Sluit in navorsingsmeesters-, PhD- maal drie en ander publikasies (insluitend ’n raming van boeke, konferensiehandleidings en artikels).
|
Op nasionale vlak:
| |
Ons wag steeds op terugvoer oor die Raad se antwoord aan die Minister rakende die verslag van die Ministeri?le Taakspan. Intussen het Bestuur reeds 'n aantal sake uit die verslag onttrek om in die strategiese plan van die Universiteit op te neem. Dieselfde sal met die verslag van die Ministeri?le Komitee oor "Transformasie en Sosiale Kohesie en die Uitskakeling van Diskriminasie in Openbare Ho?ronderwysinstellings" gedoen word. Die verslag is net voor die Raadsvergadering ontvang en Bestuur en die Raad sal op 'n later stadium formeel hierop reageer. Klik hier om die verslag te lees. |
| |
|
| |
HESA het op 10 Junie 2009 sy eerste vergadering met mnr Blade Nzimande, die nuwe Minister van Ho?r Onderwys, gehad. Tydens hierdie geleentheid het ons Visekanselier, dr Theuns Eloff, wat die voorsitter van HESA is, bevestig dat ho?r onderwys openbare "besit" en universiteite nasionale hulpbronne is. Daar is beklemtoon dat die kernmandaat van universiteite is om gehalte ho?r onderwys te verskaf, met die erkenning van die diversiteit van sy kampusse en hulle missies en belanghebbersgroepe. Die Minister is ingelig oor die nodige voorwaardes vir 'n suksesvolle ho?ronderwyssektor, onder andere transformasie, kwaliteit, diversiteit en respek vir mekaar, en voldoende befondsing. Die komplekse aard van universiteite is benadruk, en daar is uitgewys dat daar 'n voortdurende behoefte is om 'n balans tussen 'n aantal o?nskynlike teenoorgesteldes te vind. Dit sluit in:
| |
kennis en opvoeding aan die een kant en vaardighede en opleiding aan die ander kant; |
| |
toegang en sukses; |
| |
nasionale toepaslikheid en internasionale geloofwaardigheid; |
| |
institusionele outonomie en akademiese vryheid aan die een kant en openbare aanspreeklikheid en selfregulering aan die ander kant; en |
| |
kontinu?teit en stabiliteit aan die een kant en verandering en aanpassing aan die ander kant. |
Die Minister het die kwessies waarmee HESA worstel, verwelkom. Hy het benadruk dat "... dit noodsaaklik is dat arm studente nie die geleentheid tot gehalte ho?r onderwys misgun word nie". Die Minister het ges? dat, in die lig van die nuwe ministerie se gesamentlike klem op ho?r onderwys en opleiding, daar 'n behoefte is om die idee van Ho?r Onderwys (HO), die Verdere Onderwys- en Opleidingskolleges (VOO's) en die Sektorowerhede vir Onderwys en Opleiding (SETAs) te herkonseptualiseer. Dit sou 'n post-sekond?re onderwysstelsel in die land tot stand bring. Hy het die ondersteuning van die HO-sektor vir hierdie belangrike kwessie versoek. Die Minister het ook die behoefte beklemtoon om die kapasiteit vir ho?ronderwysgeleenthede van gehalte te vergroot, veral ten opsigte van skaars en kritieke vaardighede vir swart studente, ten spyte van die erkende feit van swak-voorbereide eerstejaarstudente. Hy het 'n beroep gedoen op universiteite om ho?r onderwys so bekostigbaar as moontlik te maak en om alles in hulle vermo? te doen om die volgende geslag akademici en navorsers te ontwikkel. In die lig van die vrystelling van die Soudien-verslag oor transformasie en sosiale kohesie het hy die visekanseliers versoek om seker te maak dat institusionele kultuur en die transformasie van instellings die waardes van die Grondwet weerspie?l.
|
Terug na bo
Mag ek hierdie geleentheid gebruik om die personeel en studente te bedank vir al die harde werk en toewyding tot by hierdie halfpadmerk van 2009. Ek hoop dat julle die welverdiende vakansie sal geniet!
Ek wil ook graag die personeel bedank vir hulle steun tydens my termyn as die waarnemende Visekanselier. Julle voortgaande toewyding het my gehelp om nie net hierdie uitdagende taak te geniet nie, maar dit ook bevredigend uit te voer.
Die Visekanselier sal op 13 Julie van sy langverlof terugkeer en hy sal meer op die uitdagings vir die res van 2009 uitbrei.
Vriendelike groete
Dr M (Ngoato) Takalo
|