Raadsake
Die Universiteitsraad het onlangs 'n baie konstruktiewe werkswinkel gehad en in bre? tot die slotsom gekom dat ons ge?dealiseerde 2020-doelwit soos verlede jaar gestel (waarvan die boublokke reeds in ons huidige Institusionele Plan opgeneem is), inderdaad die regte koers vir die NWU aandui. Die Raad het onder andere besluit dat die volgende sake verdere ondersoek regverdig en ook in die Institusionele Plan verreken behoort te word: internasionalisering, volhoubaarheid (wat omgewingseise betref) en ook inligtingstegnologie.
Terug na bo
Onderrig-leeraangeleenthede
Met betrekking tot die NWU se onderrig-leersake, moet daar erkenning gegee word aan almal wat hard gewerk het om die registrasieprosesse vlot te laat verloop. Dankie ook aan die akademiese personeel op al die kampusse vir die afhandeling van die eerste kwartaal se onderrig-leerprogram. Ek het besondere waardering vir die ekstra moeite wat oraloor gemaak word met die oorskakeling na die belynde programme, veral omdat hierdie belegging in die beste belang van die instelling is. Die Institusionele Bestuur (IB) het reeds kennis geneem van knelpunte en 'n aantal taakspanne is besig om te kyk hoe die prosesse verbeter kan word, onder andere 'n ondersoek na 'n verbetering van die komplekse klasroosterstelsel.
Op die oomblik sien die opsommende registrasiestatistiek vir 2010 soos volg daar uit (onthou, die nagraadse en afstandkomponentdata is nog nie volledig nie):
NWU totaal
|
IP-teikens |
Mid-Maart-totaal |
| Voorgraads |
Eerste-inskrywingstudent
Voorgraads (f) -kontak |
6 073 |
6 798 |
| Totale inskrywings |
Kontak |
27 508 |
27 580 |
| Totale inskrywings |
Afstand |
23 905 |
26 727 |
| Meestersgraadstudie |
|
2 627 |
1 901 |
| Doktorale studie |
|
805 |
439 |
| Mafikengkampus |
| Voorgraads |
Eerste-inskrywingstudent
Voorgraads (f) -kontak |
1 530 |
2 022 |
| Totale inskrywings |
Kontak |
6 766 |
6 863 |
| Totale inskrywings |
Afstand |
1 500 |
866 |
| Meestersgraadstudie |
|
625 |
426 |
| Doktorale studie |
|
122 |
52 |
| Potchefstroomkampus |
| Voorgraads |
Eerste-inskrywingstudent
Voorgraads (f) -kontak |
3 477 |
3 552 |
| Totale inskrywings |
Kontak |
16 431 |
16 579 |
| Totale inskrywings |
Afstand |
21 325 |
25 064 |
| Meestersgraadstudie |
|
1 791 |
1 330 |
| Doktorale studie |
|
567 |
324 |
| Vaaldriehoekkampus |
| Voorgraads |
Eerste-inskrywingstudent
Voorgraads (f) -kontak |
1 066 |
1 224 |
| Totale inskrywings |
Kontak |
4 311 |
4 138 |
| Totale inskrywings |
Afstand |
1 080 |
797 |
| Meestersgraadstudie |
|
211 |
145 |
| Doktorale studie |
|
116 |
63 |
Hoewel ons dankbaar is vir die groei in nuwelinginskrywings, besef ons dat daar 'n natuurlike uitval sal wees wat die oorhoofse getal vir 2010 waarskynlik baie naby aan die Institusionele Plan-teiken van 6 073 studente sal bring.
U het seker ook in die media kennis geneem van die voortydige publikasie van die verslag van die ondersoek na die funksionering van die Nasionale Finansiëlehulpskema vir Studente (NSFAS). Ons het ook as instelling tydens die afgelope registrasieproses onder die indruk gekom van die tekortkominge van die huidige NSFAS-skema. Ons het nou die verslag ontvang en sal kommentaar lewer en vertrou dat dit ook tot toekomstige verligting in hierdie verband sal lei.
Terug na bo
Prestasie-aanduiders
Ons begin so stuk-stuk die 2009-resultate en ook sommige van 2008 se vergelykende syfers vir die ho?ronderwyssektor kry (u sal onthou dat die amptelike sektorinligting eers twee jaar later beskikbaar kom).
Hierby solank interessante leesstof in hierdie verband:
|
Die NWU is tans steeds die vierde grootste instelling met 47 008 studente in 2008 en 50 743 ingeskrewe studente in 2009 (nie finale syfer). |
|
Die voorgraadse slaagsyfer (kontak- en afstandstudente) het verder verbeter van 81,2% in 2008 tot 83,25% in 2009. |
|
Die gradueringsyfer (getal grade as % van totale studentetal) het van 26% in 2008 verbeter tot 26,5% in 2009, wat die NWU die derde plek in die sektor laat beklee. |
|
Die NWU het in 2009 in totaal meer as 'n duisend meer grade en diplomas toegeken as die vorige jaar (13 445 in 2009 - waarvan 6 439 afstandstudente was - teenoor 12 337 in 2008). |
|
Na 'n effense afplatting in die aantal nagraadse kwalifikasies wat toegeken is, is ek dankbaar vir die stewige verbetering. Met betrekking tot meestersgrade, is daar 657 (nie finale syfer) grade in 2009 toegeken, teenoor 583 in 2008. Die aantal doktorsgrade wat in 2009 toegeken is, toon ook 'n verbetering op die 2008-syfers: teenoor 100 toegeken in 2008, tot 124 (nie finaal) in 2009. |
|
Hoewel die aantal artikeluitsette nog nie gefinaliseer is nie, is daar aanduidings dat, saamgelees met die stabiele groei in nagraadse grade en die harde werk wat in publikasies ingaan, ons totale navorsingsuitset die uitstekende opwaartse kurwe sal kan bly handhaaf. |
Hierdie aanduiders bevestig dat die NWU se ideaal om ongeveer tien jaar na die samesmelting 'n gebalanseerde onderrig-leer- en navorsingsuniversiteit te wees, inderdaad haalbaar is met hierdie konstante prestasiekurwe.
'n Ander baie interessante vergelyking wat die NWU se effektiwiteit uitstip, is 'n vergelyking van ons uitsette teenoor die regering se investering in die NWU. Dit kan soos volg opgesom word:
| Befondsing van regering |
5,17% |
7de |
| Graduandi afgelewer |
9,3% |
3de |
| Ongeweegde onderriguitsette |
9,3% |
2de |
| Geweegde onderriguitsette |
7,5% |
5de |
| Totale navorsingsuitsette |
6,9% |
6de |
| Meestersgrade |
7,7% |
6de |
| PhD's |
8,5% |
6de |
| Artikels gepubliseer |
6,0% |
7de |
Hierdie volgehoue prestasie is nie moontlik sonder die toewyding van personeellede nie. Die NWU-bestuur bly besorg oor die druk waaronder personeel verkeer en daarom word daar later in die jaar, in samewerking met NWU-Welstand, 'n institusionele stres-assesseringsprojek van stapel gestuur. Die algemene doelstelling met die projek is om 'n sorgsame en vervullende werksomgewing te onderhou wat die welstand van personeel in ag neem en bevorder.
Terug na bo
Mediablootstelling
Die NWU het die afgelope naweek baie goeie blootstelling gekry tydens die Nasionale Persklub-toekennings deurdat ons 'n mede-borg van die geleentheid was. Dit is geleenthede soos hierdie wat die NWU kans gee om ons nasionale voetspoor te vergroot.
Ons is ook dankbaar oor die twee toekennings wat tydens die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT) se jaarlikse meertaligheidstoekennings aan die NWU gemaak is. Die NWU is aangewys as wenner in die kategorie vir tolking en vertaling, en ons was saam met die Universiteit van Kaapstad tweede in die onderwyskategorie vir ho?ronderwysinstellings.
Terug na bo
Voorkoms van MIV en verwante faktore
In November 2007 het HESA opdrag gegee dat 'n landswye opname gedoen word om die kennis, houdings, gedrag en praktyke met betrekking tot MIV en VIGS te bepaal en om die voorkoms van MIV onder personeel en studente aan ho?ronderwysinstellings te meet. Die bevindinge van hierdie verslag sal op 28 Maart 2010 openbaar gemaak word, waarna instellings die geleentheid sal kry om hul eie institusionele verslae te bestudeer. Meer in hierdie verband sal binnekort aan u gekommunikeer word.
Terug na bo
2009 se Klimaat- en Kultuuropname
Die Institusionele bestuur het ook die afgelope week 'n eerste verslag ontvang van die Klimaat- en Kultuuropname wat aan die einde van verlede jaar voltooi is. Daarby is ek nie net bemoedig deur die verhoging in die vlak van deelname ('n 28%-verbetering teenoor die 2007-opname) nie, maar ook en veral deur die aanduidings dat die NWU merkbare vooruitgang gemaak het in die vind van oplossings vir knelpunte. Ek sien hoedat die reaksie op hierdie opname daarop dui dat ons werklik vordering maak en beslag gee aan balans tussen eenheid en verskeidenheid, asook effektiwiteit en transformasie. Die belangrikste uitkoms hiervan is egter dat die “kultuur-kwosiënt” van die instelling van 58,3% in 2007 tot 63,3% in 2009 gegroei het (dit moet natuurlik gelees word teen die aanvaarbare norm van 'n maksimum van 75%). Dit word ook uit die oop bydraes duidelik dat daar nie groot knelpunte onder die NWU-personeel is nie. Die sake wat algemeen gelys word (o.a. internasionalisering, die balans tussen die Institusionele Kantoor en die kampusse, uitkomsgebaseerde prestasiebestuur, gelykheid en belyning tussen die kampusse, konsekwentheid in die bestuur van mensekapitaal-aangeleenthede, onder-na-bo-transformasie en die balansering van die drie kernbesigheiddoelwitte) word met die nodige erns deur die Bestuur bejeën en hanteer.
Terug na bo
Transformasie-colloquium
Soos reeds vroe?r meegedeel, is een van die korttermyndoelwitte van die Raad en Bestuur om 'n transformasie-colloquium op 19 en 20 April 2010 te hou. Die doel daarvan is om NWU-belanghebbendes se sienings oor transformasie as 'n konsep te bepaal om bre? konsensus te bereik oor wat dit beteken en wat in di? verband gedoen behoort te word. Tweedens bied die colloquium ook geleentheid om te bepaal hoe ver die NWU al op die pad van transformasie gevorder het. Ek wil weer 'n beroep op u doen om u insette via die aangekondigde kanale te maak.
Kort na ons eie besinning, vind 'n sektorale konferensie oor transformasie en sosiale kohesie op 22 en 23 April plaas waaraan ses NWU-personeellede gaan deelneem (volgens kategorie? soos deur die Minister bepaal).
Terug na bo
Terugvoer: Salarisverhoging-onderhandelings 2010/11
Bestuur en die werknemerorganisasies (WO's) het op 25 Maart 2010 vergader om die lewenskoste-aanpassing (LKA) te bespreek. Die dispuut wat tussen Bestuur en die WO's bestaan het is opgelos waarna Bestuur die volgende aanbod vir salarisverhogings vir 2010/11 ter tafel gel? het:
| Peromnesvlakke 15-19: |
= 8% |
| Peromnesvlakke 11-14: |
= 7,5% |
| Peromnesvlakke 8-10: |
= 7,3% |
| Peromnesvlakke 5-7: |
= 6,7% |
Die WO's het die aanbod oorweeg maar verwerp, en 'n teenvoorstel van 'n algemene salarisverhoging vir alle peromnesvlakke van 10% ter tafel gel?.
Die teenvoorstel kom ten spyte van 'n ooreenkoms tussen Bestuur en die WO's dat die beginsel van gediversifiseerde salarisverhogings van toepassing sou wees. Ons hou u op hoogte van verdere ontwikkeling.
Terug na bo
Ten slotte
Die tweede kwartaal gaan eweneens baie bedrywig wees. Buiten die druk om ons akademiese program betyds voor die Sokkerw?reldbekertoernooi af te handel, sal die finalisering van die 2009-Jaarverslag en finansi?le state, die reeks gradeplegtighede, die transformasie-colloquium asook die verwagte bekendstelling en internalisering van die finale verslag van die HOKK Institusionele Oudit baie van ons tyd in beslag neem. Dus weer 'n mondvol en 'n propvol program.
Ten slotte pas dit om u 'n gese?nde Paasnaweek toe te wens en die hoop uit te spreek dat die meeste van u 'n tydjie gaan kry om uit te span. Geniet die blaaskans en reis veilig indien u beplan om weg te breek.
Vriendelike groete
THEUNS ELOFF Visekanselier
|