1 2 3 4 5
6

Visekanseliersnuusbrief

11 12 14 15
26 November 2010

Indien die grafika nie vertoon nie, kies HTML onder die "view"-hofie.

Beste kollegas

Ek dink almal van ons voel dat die jaar 2010 dalk twee weke te kort kon wees (of vir party van ons, dalk twee weke te lank...) - en ek vermoed ook dat die 2010-sokkerw?reldbekertoernooi dalk iets hiermee te doen kon h?!

Nietemin, ons is baie dankbaar om 'n stabiele en suksesvolle akademiese jaar te kan afsluit.

Wat die afgelope twee maande se gebeure betref, wil ek graag die volgende sake met u deel:

-Gebeure op die vlak van ho?r onderwys

-Gelukwensings en bedankings

-Akademiese kernbesigheid

-Posisionering

-Transformasie

-Kwaliteit

-Finansi?le stabiliteit

-Personeel

-Studentelewe

-Beplanning vir 2011




Gebeure op die vlak van ho?r onderwys

Op die vlak van ho?r onderwys het die volgende drie gebeure die grootste potensiaal om 'n impak op ons te h?:

In 'n verrassende wending het die Minister van Ho?r Onderwys en Opleiding 'n Waarnemende Direkteur-generaal, te wete mnr Gwebinkundla Qonde, aangestel ? in die plek van prof Mary Metcalfe, wat aanges? is om verlof te neem.
Die President het 'n nuwe Adjunkminister van Ho?r Onderwys, me Hlengiwe Mkhize, aangestel. Sy sal na verwagting onder andere fokus op die ko?rdinering van aktiwiteite tussen die skool- en naskoolse vlakke.
Intussen kon ons ook die lang verwagte gesprek met die Departement voer rakende ons studente-inskrywingsgetalle. Ons as instelling se uitsette is gemeet aan die nasionale teikens vir groei en ontwikkeling, en daar l? vir ons 'n paar uitdagings voor, maar ek is gerus dat met ons eie fokus en beplanning om toegang en deurvloei van studente te bevorder; die ontwikkeling van kampus-nisareas; spesifieke teikens vir Wiskunde, Inligtingstegnologie, Lewens- en Fisiese Wetenskappe, Gesondheid, en in ons geval spesifiek Dieregesondheid - asook 'n toename met betrekking tot nagraadse studente - ons reeds 'n wesenlike bydrae tot nasionale doelwitte maak. Die Departement sal nou 'n verdere konsultasierondte met instellings h? om waarskynlik teen die middel van 2011 die sektor se studente-inskrywingsteikens vir 'n nuwe driejaarperiode te finaliseer.

Terug na bo


Gelukwensings en bedankings

Hierdie tyd van die jaar is dit ook gepas om 'n klompie gelukwensings en bedankings te deel:

Ek het reeds in my spesiale nuusbrief van 22 Oktober die akademiese bevorderings aangekondig. Ons kollegas moes aan streng kriteria voldoen wat in lyn is met nasionale en internasionale standaarde. Di? kriteria dra natuurlik ook daartoe by om te verseker dat ons missie om 'n gebalanseerde onderrig-leer en navorsingsuniversiteit te word, verwesenlik kan word - baie dankie ook hiervoor. Weereens baie geluk.
Toekennings vir Inspirerende Leer: Aan die begin van 2010 het Media24 deur middel van een van sy filiale, Rapport, hulself bereid verklaar om as borg op te tree en 'n projek by die NWU van stapel te stuur met die oog op die identifisering en beloning van akademiese rolmodelle in elk van die fakulteite aan die Universiteit. Hierdie proses is deur die onderskeie Kampus-VSR'e gedryf. Geluk aan ons kollegas wat ge?dentifiseer is as die mees inspirerende dosente in die onderskeie fakulteite, en wat elk 'n bedrag van R50 000 ontvang het wat vir professionele ontwikkeling aangewend kan word.
Toekennings vir Navorsing en Innovasie: Ten tyde van die jaarlikse prestige-toekennings is toekennings gemaak ter erkenning van uitnemende bydraes deur personeel.
Ek wil ook graag alle personeel bedank wat deelgeneem het aan die IT-ouditopname en aan die Stres- en Uitbrandingsopname. Ons besef dat dit vir almal 'n baie besige tyd van die jaar is, en daarom waardeer ons u deelname des te meer. Die respons van die IT-opname was heeltemal voldoende as 'n statisties verteenwoordigende steekproef vir evaluering, en die uitkoms van die oudit sal Bestuur help verseker dat die regte aksieplanne ge?mplementeer word om ons dienslewering te verbeter. Wat die stres- en uitbrandingsopname aanbetref, is ek bly dat ons in 'n posisie sal wees om daadwerklik en op 'n individuele basis te kan behulpsaam wees met ons personeel se welstand.

Terug na bo


Akademiese kernbesigheid

Ons inskrywingsyfers vir 2010 sal in die omgewing van 56 000 koppe wees - 'n styging van ongeveer 10% vergeleke met di? van 2009, met net minder as 30 000 kontakstudente en omtrent 26 000 afstandstudente (hoewel daar eintlik naby aan 33 000 afstandstudente is, is die tendens dat slegs 70% uiteindelik sal eksamen skryf).

Ons werklike prestasie sal uiteraard eers vroeg in 2011 bekend wees, maar die huidige stand van sake is dat ons onderrig-leer-uitsette onder die top vyf universiteite ten opsigte van deurvloeikoers is; ons het ook die tweedehoogste graadverwerwingskoers in Suid-Afrika.

Ons totale navorsingsuitset vir 2009 plaas ons onder die top ses in die land. In 2009 het ons die meeste THRIP-toekennings in Suid-Afrika ontvang. Hoewel ons artikeluitset in 2009 (452) effens laer was as in 2008 (503), het nagraadse kwalifikasies 'n beduidende styging getoon. Dit het gelei tot 'n toename in ons totale navorsingsuitset van 1 083 in 2008 tot 1 190 in 2009. Ons vertrou dat ons weereens ons oorkoepelende navorsingsuitset vir 2010 sal kan verbeter.

Met ons innovasies, patente en gemeenskapsdiens tel ons onder die top vyf universiteite in die land.

Terug na bo


Posisionering

Die NWU was so bevoorreg om PricewaterhouseCoopers se toekenning vir die bes bestuurde ho?ronderwysinstansie in Suid-Afrika vir die vierde agtereenvolgende jaar te ontvang. Ander goeie geleenthede vir blootstelling gedurende die afgelope jaar sluit in: Die aanbieding van 'n aantal internasionale konferensies op ons kampusse; borg van die Nasionale Persklub se toekennings; die ontvangs van twee toekennings van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT) se jaarlikse meertaligheidstoekennings; die huisvesting van die Spaanse span tydens die 2010-sokkerw?reldbeker; en die 30ste bestaansjaarvieringe van die Mafikengkampus.

Ons het ook twee nuwe kampusrektore verwelkom wat nie van die begin af by die samesmeltingsproses betrokke was nie. Ons waardeer hulle insette, nuwe idees en innoverende benaderings tot die bewerkstelliging van eenheid in ons gediversifiseerde omgewing.

Terug na bo


Transformasie

Op 19 en 20 April het die NWU 'n institusionele transformasie-colloquium aangebied - voor enigiemand anders in die sektor - wat openhartige en konstruktiewe gesprekvoering moontlik gemaak het. Hierdie proses het die NWU gehelp om by 'n bre? begrip van transformasie uit te kom as "'n dringende, regverdige en goed bestuurde proses van fundamentele en volhoubare verandering om ongelykhede, die behoeftes van die land en al sy mense aan te spreek. Teen die agtergrond van die Suid-Afrikaanse ho?ronderwysomgewing word dit gedoen deur die bemagtiging van mense deur gehalteonderrig, navorsing en die implementering van kundigheid." Die feit dat ons aktiewe stappe geneem het om die transformasieproses strategies te beplan, en om die vordering voortdurend te meet en te weeg volgens die nege ewe belangrike elemente (Toegang; Belyning; Gelykheid; Toenemende Eenheid; Kwaliteit; Herstel; Hulpbrontoewysing; Studente-ervaring en Sukses) maak dat ons die pas aangee in die sektor.

Bykomend het die Raad ook besluit om 'n Uitvoerende Adviseur aan te stel wat spesifiek sal fokus op die verwesenliking van die NWU se transformasiedoelwitte. Verdere aksiestappe sluit in 'n strewe om te verseker dat diversiteit op alle vlakke van die NWU bevorder word. In hierdie verband is dit ook belangrik om kennis te neem dat die Raad sekere diversiteitsteikens t.o.v. studentegetalle ? en met inagname van die funksioneel meertalige taalbeleid - gestel het. In praktyk beteken dit dat ons studentegetalle (kontak) in die volgende 10 jaar soos volg gestuur moet word (huidige stand in hakies aangedui):

Kampus/NWU
Wit studente
Swart studente
Mafikeng
10% (1%)
90% (99%)
Potchefstroom
70% (76%)
30% (24%)
Vaaldriehoek
25% (31%)
75% (69%)
NWU Totaal
43% (49,1%)
57% (51,9%)

Die Raad en bestuur is van mening dat hierdie teikens transformasie sal bevorder en diversiteit sal dien, en daarby die NWU-beleid van veeltaligheid sal bevorder. Daar is ook besluit dat die Potchefstroomkampus die ankerkampus vir Afrikaans sal wees en die Mafikengkampus die ankerkampus sal wees om Setswana te bevorder. Die moontlikheid om dieselfde vir Sesotho by die Vaaldriehoek te doen, sal ondersoek word.

Terug na bo


Kwaliteit

In Mei het ons 'n baie positiewe Hoëronderwyskwaliteitskomitee (HOKK)-verslag ontvang voortspruitend uit 2009 se kwaliteitoudit, wat bevestig dat ons voldoende kwaliteitsverbeteringsprosesse in plek het. In areas waar verdere ontwikkeling nodig is, het die NWU reeds tydens die selfevalueringsfase wat die kwaliteitoudit voorafgegaan het kwaliteitsgapings ge?dentifiseer wat aandag geverg het. 'n Omvattende verbeteringsplan, opgestel deur die Kwaliteitskantoor in samewerking met die onderskeie kampusviserektore, is goedgekeur deur die Raad en sal nou na die Raad vir Hoër Onderwys (RHO) toe gestuur word.

Terug na bo


Finansi?le stabiliteit

In die lig van die negatiewe ekonomiese omstandighede wat in 2010 geheers het, het die Institusionele Bestuur (IB) maandeliks die afwykingsverslae in o?nskou geneem, en is vol vertroue dat ons die 2010 finansi?le jaar binne die begroting en met 'n klein surplus sal afsluit.

Ons het weereens 'n baie goeie begrotingsproses gehad, wat beteken dat ons slegs 'n baie klein tekort op 'n begroting van meer as R2 miljard aan die Raad aanbeveel. Die moeilike ekonomiese klimaat ten spyt het ons daarin geslaag om voorsiening te maak vir 'n aantal nuwe poste (R32,1m). Dit het 'n verhoging van 52,5% in die begrote verhouding personeelkoste tot inkomste teweeggebring, wat meer is as die teiken gestel in die Institusionele Plan (50% - 52%). Die groter persentasie behoort tydelik van aard te wees aangesien hierdie strategiese inspuiting (in lyn met die kampusprioriteite) die groeiende kernbesigheid ondersteun. Daar is ook 'n strategiese fonds van R66,8m (3,1% van omset) om ons kernbesigheid te bestuur.

Vir 2010 en 2011 is daar groot infrastruktuurontwikkelings op al die kampusse aan die gang, met 'n belegging van meer as R270 miljoen. Hierdie projekte sluit in die oprigting van nog koshuise en 'n opvoedkundegebou op die Mafikengkampus, 'n ingenieursonderriggebou op die Potchefstroomkampus, en 'n studentesentrum en opvoedkundegebou op die Vaaldriehoekkampus.

Terug na bo


Personeel

Vergeleke met ander sektore is ons ook bevoorreg om sulke toegewyde personeel by die NWU te h?. Alhoewel die lewenskosteaanpassing-proses vanjaar 'n bietjie langer as gewoonlik geduur het, is ons dankbaar dat die kwessie binne ons bestaande strukture en prosesse bygel? kon word.

Terug na bo


Studentelewe

Gebaseer op ons prestasies is die NWU waarskynlik een van die mees gebalanseerde instansies ten opsigte van studentesport, kultuur en oorkoepelende studente-ervaring.

Terug na bo


Beplanning vir 2011

Wat betref ons beplanning vir 2011 is sowel die 2011 Institusionele Plan as die 2011-begroting goedgekeur deur die Raad. Saam met die inisiatiewe oor transformasie en die herstrukturering van die IB (die nuwe pos van Adjunk-visekanselier Onderrig-leer sal vroeg in 2011 geadverteer word vir vulling) glo ek dat ons op koers is om ons missie binne die volgende drie tot vier jaar te bereik.

Dit is ook belangrik om die “padkaart” vir die bereiking van ons missie in gedagte te hou. Ons onmiddellike fokuspunte sluit in:

Gaan voort om ons kernbesigheid te verbeter met die volgende mediumtermynteikens:
 
  •  
  • Handhaaf goeie onderrig-leer-uitsette, verminder uitvalkoers (85% slaagsyfer, 28-30% graadverwerwingskoers, uitvalkoers <10%).
     
  •  
  • Verbeter navorsingsuitsette op alle kampusse, bv. artikeluitset (0,75 artikels/personeellid), NNS-gegradeerde navorsers (15%), en personeel met PhD’s (55%).
     
  •  
  • Verbeter vlakke van innovasie en gemeenskapsbetrokkenheid (meetbaarheid, meer as 200 gemeenskapsbetrokkenheidsprojekte, ondernemingsontwikkeling).
    Die volgehoue verbetering van die gehalteversekeringsprosesse, insluitend die finalisering en implementering van die kwaliteitsverbeteringsplan wat voortspruit uit die NWU se gapingsregister en die aanbevelings uit die HOKK se ouditverslag.
    Versnel die pas van transformasie volgens die ewe belangrike elemente van Toegang; Belyning; Gelykheid; Toenemende Eenheid; Kwaliteit; Herstel; Hulpbrontoewysing; Studente-ervaring en Sukses.
    Die verdere uitbouing van die kampusse se nisareas, ontwikkelingstrajekte en infrastruktuurontwikkeling.
    Internasionalisering, en spesifiek 'n raamwerk om aan akademici die geleentheid te bied om hulself internasionaal beter te posisioneer en om die nodige ondersteuningstrukture te vestig.
    Die optimalisering van operasionele prosesse, in die besonder inligtingstegnologie-, bestuursinligtings- en die IKAS-prosesse.
    'n Ondersoek om die Universiteit se afstandsprogramme uit te brei en op die groeiende volwasse-leer-mark te rig

    Terug na bo


    Kollegas, dit is 'n mondvol. Van my kant af wil ek elke personeellid persoonlik bedank vir harde werk en lojaliteit teenoor die NWU gedurende die afgelope jaar. Die uitdagings vir 2011 sal nie minder intens wees nie, en ek vertrou dat almal 'n goeie rustydperk sal geniet en saam met geliefdes 'n vredevolle tyd mag beleef, veral oor Kersfees.

    Vriendelike groete

    THEUNS ELOFF
    Visekanselier


    Stuur asseblief enige nuus, voorstelle, kommentaar of inligting vir hierdie nuusbrief aan Marelize Santana

     

    Klik hier vir die Engelse weergawe