Printer-friendly version
Gatisa
Share this
 

Hester Klopper: Aangewese voorsitter van Sigma Theta Tau International

'n Groot eer het prof Hester C Klopper te beurt geval toe sy op Woensdag 2 November 2011 as die aangewese voorsitter van Sigma Theta Tau International (STTI) verkies is vir die termyn 2011-2013 by die 41ste Tweejaarlikse Konvensie van STTI, Grapvine, Texas, VSA.

Prof Hester Klopper.

  Dit is die eerste keer in 87 jaar dat iemand uit 'n land buite Noord-Amerika in hierdie posisie verkies is. Dit en die feit dat prof Klopper nou die voorsitter van die tweede grootste organisasies vir verpleging is, is 'n ongeëwenaarde eer vir nie net die Noordwes-Universiteit nie, maar ook vir Suid-Afrika
  STTI is die enigste internasionale ere-organisasie vir verpleegkundiges, met meer as 130 000 aktiewe lede van 88 lande wat aan 480 takke behoort. Deur hierdie netwerk gee lede leiding deur die gebruik van kennis, wetenskapsbeoefening, diens en geleerdheid om die gesondheid van die wêreld se bevolking te verbeter.
Prof Klopper sal op 20 November 2013 as die volgende voorsitter van STTI in Indianapolis, Indiana, VSA bevestig word.