Printer-friendly version
Gatisa
Share this
 

Oud-NWU-Pukke in Wêreldbeker

Met die 2011 IRB Rugby Wêreldbeker in volle swang is Namibië een van die spanne

Theuns Kotzé.

Danie Dames.

wat in ondersteuners se harte ingeklim het.  
  Onder dié groep tel twee produkte van die NWU-Puk-rugbyinstituut.  
  Vir diegene wat die toernooi met ’n valkoog dophou, het Namibië se 24-jarige losskakel, Theuns (Worsie) Kotzé, geen bekendstelling nodig nie.  
  Dié boorling van Karasburg in Namibië en oudleerling van Hoërskool Upington is deur die NWU-Puk se hoofafrigter, Hannes Esterhuizen, Potchefstroom toe gelok nadat Kotzé ’n groot indruk, tydens die Cravenweek vir Griekwas, op hom gemaak het.  
  Benewens vir die NWU-Puk se eerste span het Kotze die Luiperds op junior vlak verteenwoordig, asook in ’n handvol wedstryde vir die senior span.  
  Kotze het vir Namibië in hul openingswedstryd teen Fidji 15 punte aangeteken, wat drie skepdoele ingesluit het.  
  In hul daaropvolgende wedstryd teen Samoa was hy ook vir een van sy span se twee drieë, sowel as ’n doelskop verantwoordelik.  
  Die vriendelike Luiperd-heelagter, Danie Dames, is ook op nasionale diensplig in Nieu-Seeland.  
  Dames wat saam met Kotzé vir die NWU-Puk uitgedraf het, het vanjaar sy buiging vir Namibië teen Fidji gemaak.
  Die 25-jarige Dames is in Keetmanshoop gebore in het al 13 drieë vir die Luiperds gedruk sedert hy hulle die eerste keer in 2011 verteenwoordig het.
  Hy was saam met Kotze ’n leerling by Hoërskool Upington.
Berig deur Bertie Jacobs.