
Unieke woordeboek op kampus bekendgestel
? Unieke multifunksionele woordeboek in Afrikaans en Nederlands is onlangs op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit bekendgestel. Dié woordeboek, Groot Woordeboek Afrikaans en Nederlands (algemeen bekend as ANNA), is enig in sy soort wat die direkte vergelyking tussen dié twee tale moontlik maak.
|
Van links is proff Ig Vorster (destyds op raad van PUK-Kanselierstrust), Carools Reinecke (destydse voorsitter van die Trust), Harry Brinkman (Amsterdam), Willy Martin (hoofredakteur van ANNA), Wannie Carstens (Skool vir Tale) en Jan Swanepoel (dekaan van die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte). |
Die woordeboek is op die kampus bekendgestel aangesien die NWU betrokke was deur die PUK-Kanselierstrust wat ? borgskap aan die projek gegee het. “Ons is baie trots op ANNA en vir die aandeel wat ons daarin kon hê,” het die destydse voorsitter van die Kanselierstrust, prof Carools Reinecke, gesê.
Prof Willy Martin, hoofredakteur van ANNA en emeritus hoogleraar in leksikologie van die Vrije Universiteit in Amsterdam, sê ANNA vergelyk die twee tale direk met mekaar, beskryf net die woorde en is nie ? verklarende woordeboek nie. “Dit is ook ? leeswoordeboek waar nie net die kontraste tussen die twee tale gevind word nie, of vertalings gesoek kan word nie, maar wat ? mens kan lees en kan meevoer.
ANNA stel as woordeboek baie navorsingsmoontlikhede daar om ook in of met ander tale te kan doen.


