Hier kom die
volgende geslag ekostryders
Die toekoms van ons planeet is dalk nie so donker as wat talle mense voorspel nie. Dr Irene Muller van die Fakulteit Opvoedkunde doen haar deel om 'n nuwe geslag ekostryders toe te rus met kennis en toewyding om waterskaarste en ander uitdagings wat met klimaatsverandering te doen het, te bestry. Deur haar akademiese en navorsingsvaardighede en liefde vir die natuur te kombineer, blaas sy nuwe lewe in omgewingsopvoeding.
lees meer |
Groen behandeling van water sal gemeenskappe baat
Water is noodsaaklik vir lewende organismes, maar die gehalte van water is besig om as gevolg van bevolkingsgroei en omgewingsveranderings te verander. Kan 'n wonderplant dalk die antwoord wees? Grond- en oppervlakwater dien as hoofbronne vir drinkwater in landelike en stedelike gebiede. Die beskikbaarheid van drinkwater is egter steeds 'n groot bekommernis. Nitraat is een van die algemeenste besmetters van grondwater in landelike gebiede.
lees meer |
Toe en nou: die lewensomstandighede van mynwerkers
In stampvol klein kamertjies in hostelle vir dieselfde geslag, weg van hulle lewensmaats of gesinne, en sonder behoorlike toegang tot water, elektrisiteit of sanitasie, het Suid-Afrikaanse mynwerkers vroeër in haglike toestande geleef. 'n NWU-navorsingstudie toon dat die situasie van mynwerkers by Impala Platinum in Rustenburg vandag drasties verbeter het, hoewel daar steeds uitdagings is. Prof Hendri Coetzee het onlangs sy vierde studie hieroor uitgevoer.
lees meer |