Vol 6 2018

NWU – navorsing vir 'n beter wêreld

Welkom by 2018 se sesde uitgawe van die Noordwes-Universiteit se navorsing- en innovasienuusbrief, Navorsing@NWU. Dié nuusbrief is 'n vertoonvenster vir navorsingsprojekte, navorsers en verwante gebeure. Hierdie uitgawe fokus op navorsing wat ons die toekoms in neem.

immagine1

Navorser is eerste in Afrika om wêreldwye hipertensievereniging te lei

Die normale hartklop wissel van 60 tot 100 slae per minuut. Enigiets hoër as dit beteken dat die bloed teen 'n ontstellende spoed deur jou are jaag. Een persoon wie se bloed met passie jaag in die stryd teen 'n dodelike gesondheidstoestand, hipertensie, is prof Alta Schutte.

lees meer

immagine3 immagine4 immagine5

3-D drukwerk om individue se lewens te vergemaklik

Personeel en studente van die Ingenieursfakulteit is besig om die tradisionele, langdurige vervaardigingsprosesse van produkte 'n reuse knou toe te dien. Hulle gebruik nou hul wye verskeidenheid van wêreldklas drie-dimensionele drukkers.
Volgens CP Kloppers, 'n dosent in meganiese ingenieurswese, is die doel van dié makliker en vinniger vervaardigingsprosesse om die gemeenskap toegang te gee tot produkte wat hul lewens sal vergemaklik.

lees meer

Gr8 Success! – 'n ernstige spel om sagte vaardighede te leer

Ontmoet vir Faith Sibiya en Carl Thomson. Hulle is twee tipiese universiteitstudente. Faith is 'n eksentrieke voetesleper en vind altyd 'n verskoning om daardie baie belangrike taak te doen... maar môre. Carl, aan die ander kant, is 'n aandagafleibare lolpot. Hulle moet albei binne ses maande hulle buiging in die werksomgewing daarbuite maak. Weet hulle dat die bedryf meer as bloot tegniese vaardighede en kennis van hulle vra?

lees meer

Inligting oor maatskaplike dienste is net 'n toep weg

In 'n stowwerige straat van 'n dorpie in Noordwes moedig 'n groep 12-jariges mekaar luidkeels aan terwyl hulle kgati, 'n inheemse speletjie, met 'n springtou speel. Een van die dogters hoor haar ouma vanuit die kombuis roep en haar vra om gou na hulle wyksraadslid se huis te gaan om te hoor of die maatskaplike toelaes die volgende dag uitbetaal sal word. Talle Suid-Afrikaners maak op ander staat vir inligting oor maatskaplike dienste.

lees meer

Instrument vir talentrisikobestuur kan help om akademici te behou

Die vrywillige omsetkoers van akademici wissel van 41% tot 63%, en ten minste 6 000 nuwe akademici is binne die volgende vyf jaar nodig om akademici wat aftree te vervang.

Hierdie navorsingstatistieke en -beramings lyk nie goed nie, nie waar nie? Gelukkig het 'n onlangse doktorale navorsingstudie lig gewerp op talentbestuur met die oog op verbeterings in die toekoms.

lees meer

immagine1
immagine1 immagine4

Opwindende navorsing neem ons die toekoms in

Prof Refilwe Phaswana-Mafuya, die NWU se adjunkvisekanselier vir navorsing en innovasie, gesels oor die NWU se opwindende navorsing.

kyk video

Eerste tweejaarlikse Navorsing en Innovasie-konferensie

Alle NWU navorsers word aangemoedig om te registreer vir die NWU se eerste tweejaarlikse Navorsing en Innovasie-konferensie. Die konferensie is vir navorsers, deur navorsers en met navorsers en beloof om 'n hoogtepunt van die jaar te wees.

lees meer

facebook
twitter
youtube

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die nuusbriefredakteur, willie.duplessis@nwu.ac.za te stuur.