Hoe aanpasbaar is SA se vroulike entrepreneurs?
Suid-Afrikaanse beleidmakers en navorsers stem saam: 'n florerende klein-, medium- en mikro-ondernemingsektor (KMMO-sektor) is die sleutel tot werkskepping, ekonomiese volhoubaarheid en uiteindelik positiewe groei. Met die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) wat voorspel dat KMMO's teen 2030 90% van die beoogde 11 miljoen nuwe poste sal genereer, kan die toekoms baie helder wees. Dit is ongeag die uitdagings wat entrepreneurs, veral vroulike entrepreneurs, ervaar.
lees meer |
NWU baan die weg
vir vroue-entrepreneurs
Geleenthede moet sonder vooroordeel wees. Daar is 'n tekort aan vroue-entrepreneurs in die land, en die NWU hanteer hierdie probleem deur die Ondernemende Vroue-program (EWP). Daar is talle slaggate en struikelblokke vir vroue wat hulle eie besigheid wil begin, en 'n gelyke speelveld is noodsaaklik as dit by die eienaars van klein ondernemings kom. Hierdie jaar baan meer as 30 vroue die weg vir 'n meer welvarende toekoms deur aan die EWP deel te neem.
lees meer |
Navorsing ondersoek voorkeure van wildsvleiseters
Vroeër hierdie jaar het Statistiek SA aangedui dat meer as ses miljoen Suid-Afrikaners tans werkloos is. Met die land se huidige ekonomiese klimaat wat tot krimpende geleenthede vir formele indiensneming lei, wend al hoe meer Suid-Afrikaners hulle tot entrepreneurskap. Prof Melville Saayman, me Bianca van Rensburg en prof Elmarie Slabbert het navorsing oor die wildsvleisbedryf en die groeipotensiaal daarvan gedoen.
lees meer |