Navorsers werk saam om werkloosheid te verstaan
"Geen werk. Geen kos. Help asseblief." Hierdie woorde op saamgeflansde kartonkennisgewings kan op enige gegewe dag op elke straathoek in Suid-Afrika gesien word. Met 'n werkloosheidskoers van 26,7% in die eerste kwartaal van 2018, is dit geen verrassing dat Suid-Afrika een van die 20 lande met die hoogste werkloosheidsyfers ter wêreld is nie. En tog is daar hoop. Die Optentia-navorsingsfokusarea op die NWU se kampus in Vanderbijlpark het met die Katholieke Universiteit Leuven in België saamgewerk om hierdie probleem te verstaan en maniere te kry om tussenbeide te tree.
lees meer |
Gesprekke oor uitvoerbesighede by Agbiz Kongres 2018
Met bevolkings in talle dele van die wêreld wat uitbrei en snelle verstedeliking wat lande se hulpbronne onder druk plaas, was die behoefte aan voedsel en voedselsekerheid nog nooit so groot nie. Terwyl dit vir verskeie produsente geweldige geleenthede geskep het, staar beduidende uitdagings ons landbousektor in die gesig. Dit sluit in die onsekerheid oor grondhervorming en die groeiende klimaatsverandering, wat jaarlikse opbrengste en die groeipotensiaal van die sektor beïnvloed. Landbouproduksie moet dus kostedoeltreffend wees en gerig word op belangrike geleenthede, veral in uitvoermarkte, waar mededinging gedy.
lees meer |
NWU reken op 'n nuwe metode vir bankwese
Banke wêreldwyd het met OTM-misdade, sekuriteitskendings van stelsels en ander tipes bedrog te make. Hierdie bedryfsrisiko's moet versigtig bestuur word om verliese te beperk, met reguleerders wat vereis dat banke kapitaal opsy moet sit om hulle te beskerm teen onverwagte verliese. Navorsing deur die NWU se Sentrum vir Bedryfswiskunde en Informatika het tot 'n nuwe en innoverende model vir banke vir hierdie doel gelei. Dit stel banke in staat om meer akkurate skattings te maak van die kapitaal wat nodig is om hulle teen bedryfsrisikoverliese te beskerm.
lees meer |