"Groen steenkool": Brandstof vir die toekoms
Steenkool in sy tradisionele vorm kan dalk spoedig iets van die verlede wees, maar baanbrekernavorsing deur die NWU wys hoe heraanpassing van hierdie fossielbrandstof talle veilige, groen moontlikhede inhou. ’n Revolusionêre proses om “groen” steenkool te vervaardig wat die hoeveelheid koolstofdioksiedvrystellings met tot 80% kan verminder, word tans deur die Sentrum van Uitnemendheid in Koolstof-gebaseerde Brandstowwe in ’n loodsstudie getoets.
lees meer |
NWU bied belastingantwoorde op koolstofemissies
Studies het getoon dat Suid-Afrika een van die lande in die wêreld is wat die meeste koolstof vrystel. Dr Michelle Barnard, ’n senior lektor van die Fakulteit Regte, het onderneem om dit te probeer verander. Sy het onlangs ’n bekroonde artikel hieroor gepubliseer. Dit het gefokus op kweekhuisgasse, die vermindering van klimaatsverandering in Suid-Afrika, en hoe die land die voorgestelde koolstofbelasting kan aanwend wat later die jaar of in 2019 ingestel sal word.
lees meer |
Ondersoek veilige gebruik van plantmedisyne
Simangaliso Lesley Mashego, ’n meestersgraadstudent in Inheemse Kennisstelsels op die kampus in Mahikeng, doen navorsing oor veiligheidsmaatreëls wat ’n landelike Khoisan-gemeenskap gebruik om algemeen-gebruikte medisinale plante in te span as ’n manier om gesondheidsorg in Suid-Afrika te verbeter. Die navorsing het gefokus op 10 algemeen-gebruikte medisinale plante, waarvan vyf deur die deelnemers as “sterk” en “minder veilig” geïdentifiseer is.
lees meer |