Vol 3 2017

NWU neem navorsing na nuwe hoogtes

Welkom by die derde uitgawe van die Noordwes-Universiteit se nuusbrief, Navorsing@NWU.

Dié nuusbrief is 'n vertoonvenster vir navorsingsprojekte, navorsers en verwante gebeure.

Volg hierdie skakel om te hoor wat Prof Frikkie van Niekerk, waarnemende adjunk-visekanselier vir navorsing, innovasie en tegnologie, sê oor nuwe navorsingsgeleenthede.

immagine1
immagine1

NWU stel nuwe adjunk-visekanselier vir navorsing en innovasie aan

Die NWU Raad het ’n nuwe adjunk-visekanselier vir navorsing en innovasie aangestel tydens hulle buitengewone vergadering op 17 Augustus 2017.

Prof Nancy (Refilwe) Phaswana-Mafuya is aangestel vir ’n termyn van vyf jaar.

lees meer

NWU se kernprogram kry die internasionale groen lig

Die NWU is een van slegs drie universiteite in die wêreld met ‘n meestersgraad in kerningenieurswese wat vir akkreditasie aanbeveel is. Dit volg nadat die internasionale kernbestuursakademie (International Nuclear Management Academy – INMA) aanbeveel het dat die Internasionale Atoomenergie Agentskap (International Atomic Energy Agency – IAEA) die NWU se meestersgraad in kerningenieurswese met spesialisering in kerntegnologiebestuur akkrediteer.

Joe-Nimique Cilliers, dosent, ontwikkelaar en die persoon verantwoordelik vir die implementering van die NWU se INMA-program by die Skool vir Meganiese en Kerningenieurswese, sê die ewekniebeoordeling wat as deel van die IAEA se INMA-inisiatief gedoen is, het in Junie by die NWU in Potchefstroom en by Wits in Johannesburg plaasgevind.

lees meer

immagine2

'Serious game' kan statistiekkopseer verlig

Wanneer dit by die leer en begrip van statistiek kom, beskou talle studente die vak as ’n afskrikwekkende uitdaging. Die span van Serious Games: South Africa (SGI:SA) het die uitdaging aanvaar en ’n benadering van serious games (spele vir leer) voorgestel.

lees meer

immagine3 immagine4 immagine5

Onderwysers sonder grense: reik uit na opvoeders

Die 21ste eeu is ’n uitdagende tyd en dit is belangrik dat onderwysers sowel as skoolleerders selfgerigte leerders word.
Die NWU se navorsingsfokusarea vir selfgerigte leer (SDL), onder direkteurskap van prof Elsa Mentz, fokus veral op inheemse kennis vir selfgerigte leer in die wetenskap- en wiskunde-klaskamer.


lees meer

Spesiale ekonomiese sone in Mahikeng: lewensvatbaar, maar...

'n Spesiale ekonomiese sone (Special Economic Zone – SEZ) met ’n fokus op landbouverwerking in Mahikeng kan ekonomiese voordele vir die stad en Noordwes inhou, mits daar voldoende beleids- en beplanningsondersteuning is. Dit is volgens ’n studie wat die NWU se TRADE-navorsingsentiteit op versoek van die provinsiale regering in Noordwes gedoen het.


lees meer

Studente en gemeenskap vat hande

Die skep van ’n beter gemeenskap vereis spanwerk, vennootskappe en samewerking, met ’n groot groep ondersteuners wat saamwerk om ’n beter toekoms te bou. Volgens prof Danie Meyer, senior lektor in ekonomie op die NWU se kampus in Vanderbijlpark, is dit die doel van die vennootskap tussen die NWU, die Vaal LED Warriors en die gemeenskap van Sharpeville.

lees meer

Meestersgraadnavorsing oor oestersampioene maak student 'n wenner

'n PhD-student, Sidwell Sihlangu, het prysgeld ter waarde van R20 000 by die Provinsiale Jeug in Landbou-toekennings gewen vir die vaktydskrifartikel met die beste navorsing oor wetenskaplike innovasie. Die artikel was deel van sy navorsing vir sy meestersgraad oor die kweek van oestersampioene in die dor klimaat van Mahikeng.

Die toekenningseremonie is aangebied deur Noordwes se Departement van Landelike, Omgewings- en Landbou-ontwikkeling (READ) as deel van die tweede provinsiale Jeug in Landbou-toekennings.

Die doel van die toekennings is om uitnemendheid in landbou onder jongmense aan te moedig en te erken.


lees meer

immagine2

Meer aktiwiteite nodig om vroeë voorwerpbeheer-vaardighede te bevorder

Skoolmeisies in Suid-Afrika behoort onder leiding van liggaamlike-opvoeding-onderwysers blootgestel te word aan meer aktiwiteite wat vroeë voorwerpbeheervaardighede bevorder.

lees meer

 

Dosent dra tot die wêreld se kennisskatte by

Taal fassineer prof Bertus van Rooy, wat floreer op die ingewikkeldhede van menslike uitdrukking deur taal, en vir sy pogings het hy van B3 tot B2 in die Nasionale Navorsingstigting (NNS) se graderingstelsel gevorder.

Bertus is ’n dosent in tale en direkteur van die navorsingsfokusarea met die naam Verstaan en Verwerking van Taal in Komplekse Omgewings (UPSET) op die NWU se kampus in Vanderbijlpark.

lees meer

immagine1
facebook
twitter
youtube

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die nuusbriefredakteur, willie.duplessis@nwu.ac.za te stuur.