Akademikus kry nuwe blik op tradisionele Afrika-sterrekunde
Mense in Afrika het reeds sedert antieke tye die sterre en planete bestudeer en die moderne wetenskap gee nou ook aandag aan die skat van kennis in die tradisionele Afrika-sterrekunde.
Prof Thebe Medupe, 'n akademikus op die NWU se kampus in Mahikeng, gebruik sy navorsing om lig te werp op die antieke wetenskap van Afrika-sterrekunde, en bevorder ook só die globale begrip vir die wêreld se oudste wetenskap. Hy kyk ook na sterrekundige oortuigings – geloof oor die lugruim en die buitenste ruimte – vanuit verskillende dele van die Afrika-kontinent.
lees meer |
Gerontologie: Voeg lewe by die jare van ouer mense in Afrika
Binne die volgende 30 jaar gaan die getal ouer mense in Afrika van 46 miljoen tot 170 miljoen toeneem. Dit is die probleem wat die vasteland teen 2050 in die gesig gaan staar, het prof Jaco Hoffman van die Optentia-navorsingsfokusarea tydens 'n onlangse kursus oor sosiale gerontologie in Suider-Afrika gesê. Die kursus is aangebied deur die fokusarea, in vennootskap met die International Institute of Ageing, United Nations, Malta, die International Longevity Centre SA, die Suid-Afrikaanse Gerontologie-vereniging en die Nasionale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling.
lees meer |
BRICSEd steek grense oor – in Afrika en verder
Die NWU het oor die jare heen vir homself naam gemaak as een van die topuniversiteite in die land. Nou is die NWU deel van 'n breër inisiatief, BRICSEd, wat gehalte-onderwys na lande regoor Afrika en nog verder neem. BRICSEd is 'n internasionale vereniging wat bestaan uit Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika, die vyf lidlande van die BRICS- ekonomiese blok. Dit is 'n nuwe opvoedkundige navorsings-inisiatief wat by die NWU gestig is om uitnemendheid in onderrigpraktyk regoor die vyf BRICS-lande, die Afrika-kontinent en internasionaal te bevorder.
lees meer |