Vol 2 2017

NWU neem navorsing na nuwe hoogtes

Welkom by die tweede uitgawe van die Noordwes-Universiteit se nuwe nuusbrief, Navorsing@NWU.

Dié nuusbrief is 'n vertoonvenster vir navorsingsprojekte, navorsers en verwante gebeure.

Volg hierdie skakel om te hoor wat Prof Frikkie van Niekerk, adjunkvisekanselier vir navorsing, innovasie en tegnologie, sê oor die NWU se navorsingsbestuursmodel.

immagine1
immagine1

Navorsers ontvang R9 miljoen om hartsiektes in Afrika te bestudeer

Nie-oordraagbare of leefstylsiektes sal teen 2030 die algemeenste oorsaak van sterftes in Afrika wees, sê die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO).

Navorsers van die NWU is midde in 'n nuwe openbare-privaat samewerkingsprojek ter waarde van R80 miljoen om Suid-Afrika se mediese navorsingsvermoëns 'n hupstoot te gee.


lees meer

TELIT-SA: die toekoms van tegnologie-ondersteunde leer

'n Toegewyde fokus op die praktyk van tegnologie-ondersteunde leer: dit is waaroor die pas gestigte TELIT-SA-navorsingsfokusarea gaan. TELIT-SA staan vir tegnologie-ondersteunde leer en innoverende onderwys en opleiding in Suid-Afrika (Technology Enhanced Learning and Innovative Education and Training in South Africa), en die eenheid kyk na die teorie en praktyk van leertegnologieë oor 'n verskeidenheid dissiplines in hoër onderwys heen.

Aan die hoof van hierdie dinamiese entiteit is prof Seugnet Blignaut, 'n gesoute en hoogaangeskrewe kundige in onderwystegnologie. Sy sê dat TELIT-SA wil help om 'n spesifieke, formele kennisbasis vir tegnologie-ondersteunde leer te skep, wat weer as 'n wettige, geldige en uiters noodsaaklike hulpbron en veranderingsagent oor akademiese dissiplines heen sal dien.

lees meer

immagine2

Kweek gewasse en wek terselfdertyd energie op

'n Slim sonkragvennootskap tussen die NWU en 'n Duitse hernubare-energiemaatskappy is besig om gemeenskappe te bemagtig om voedsel te kweek terwyl hulle energie opwek.

 

lees meer

immagine3 immagine4 immagine5

'n Fokus op Dothraki en ander subkulturele tale

"Me zisosh disse". Dit is net 'n vleiswond. Dit sal beslis goeie nuus wees as jy gewond is en een van die hierdie taal se moedertaalsprekers is.
Dit is Dothraki en is die fantasietaal wat vir die televisiereeks Game of Thrones geskep is.
Dié taal word vandag deur 'n beduidende getal mense wat aan 'n subkulturele groep in die samelewing behoort, gepraat.

lees meer

Studie toon die effek van visuele terapie op kinders met DCD

Daar is hoop vir kinders wat aan ontwikkelings-
koördinasieversteuring (DCD) ly. Dit is die bevinding van 'n nuwe studie deur prof Dané Coetzee en prof Anita Pienaar by die NWU se Fisiese Aktiwiteit, Sport en Rekreasie-navorsingsfokusarea (FASRek).
Hulle studie het bevind dat die effek van visuele terapie beduidende voordele kan inhou.

lees meer

Besigheidskool speel gasheer vir akademici uit Afrika

Navorsingsamewerking was op die agenda toe akademici uit Ghana, Nigerië en Zimbabwe die leweringsperseel van die Noordwes-Universiteit se Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur (NWU-SBG) in Mahikeng vanaf 20 tot 22 April 2017 besoek het.
Die skool het 'n werkswinkel vir die organisasie vir 'n navorsingskultuur in Afrika-universiteite aangebied.

lees meer

Jong NWU-wetenskaplike skuur skouers met Nobelpryswenners

Min wetenskaplike gebeurtenisse is meer luisterryk as dié waar Nobelpryswenners hulle kennis deel. Retha Peach, 'n doktorale student van die NWU, kry die seldsame geleentheid om 'n byeenkoms by te woon waar 31 Nobelpryswenners teenwoordig sal wees.

Retha is een van vyf wetenskaplikes wat deur die Akademie vir Wetenskap van Suid-Afrika (ASSAf) gekies is om van 25 tot 30 Junie aan die 67ste Lindause Nobelpryswennersvergadering in Duitsland deel te neem.

Sy en 400 ander chemici, almal onder 35 jaar oud, neem deel aan 'n ses dae lange program van lesings en paneelbesprekings. Altesaam 76 lande word verteenwoordig en 31 Nobelpryswenners woon dit by.

lees meer

immagine2

Passie laat jong navorser vanaf C1 tot B1 skiet

Passie word nie deur swaartekrag gebind nie. Dit laat jou uitstyg waar ander bloot sukses behaal, en passie is wat prof Stefan Ferreira van die NWU se Sentrum vir Ruimtenavorsing vanaf 'n C1 na 'n B1 NNS-gradering laat uitskiet het.

lees meer

 

Musa is een van Afrika se jongste vroulike PhD-graduandi

Die NWU het een van Afrika se jongste vroulike PhD-graduandi opgelewer. Musawenkosi "Musa" Saurombe het haar PhD in Bedryfsielkunde op 25 April 2017 aan die universiteit se kampus in Mahikeng ontvang.

Op 23 is sy een van die jongste vroulike studente in Afrika om 'n PhD te verwerf.

lees meer

immagine1
facebook
twitter
youtube

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die nuusbriefredakteur, willie.duplessis@nwu.ac.za te stuur.