Vol 1 2018

‘n Ingeligte gemeenskap is bemagtig en kan ’n impak maak

Dit is vir my aangenaam om die eerste van hierdie jaar se sewe navorsings- en innovasienuusbriewe, Navorsing@NWU, aan te kondig.

Hierdie nuusbrief stel die NWU se huidige navorsings- en innovasie-inisiatiewe ten toon om die hele universiteit en ons belanghebbergemeenskappe op hoogte te hou van die werk wat deurlopend gedoen word. Ek is oortuig dat ’n ingeligte gemeenskap bemagtig word en ’n impak kan maak, en daarom streef ons na die benutting van verskillende metodes vir die verspreiding van navorsing en innovasie.

immagine1

Met ons almal as mede-ambassadeurs van die NWU se navorsing en innovasie, wil ons ook graag die kultuur van leer en deel aanmoedig.

Hierdie uitgawe van Navorsing@NWU fokus op die NWU se baanbrekernavorsing en tegnologieverwante inisiatiewe. Dit is duidelik dat navorsers aan die NWU in hierdie tegnologiese era saam met die tyd beweeg deur nuwe tegnologieë in hul navorsingsprojekte te gebruik. Dit strek van digitale data-insameling, vaslegging, bestuur en verwerking tot digitale verspreiding. Hierdie grootskaalse, veeljarige samewerkingsinisiatiewe sal nie net tot die vooruitgang van wetenskap en tegnologie bydra nie, maar ook tot toegang, benutting, sigbaarheid en impak.

Groete,
Prof Refilwe Phaswana-Mafuya
Adjunk-Visekanselier: Navorsing en Innovasie

immagine1

Oognaspeuringstegnologie skep nuwe moontlikhede vir werk en speel

Om in die jaar 2018 te leef en te sien hoe vinnig tegnologie ontwikkel, kan ’n mens beslis laat sê dat verandering in ’n oogwink kan plaasvind.

Die Skool vir Tale op die NWU se kampus in Vanderbijlpark kyk na die toekoms en gebruik oognaspeuringstegnologie om ware verandering te bring in die manier waarop mense werk en speel.

lees meer

immagine3 immagine4 immagine5

Geesteswetenskappe oorbrug digitale kloof

Die NWU is reeds jare lank deel van die hart van tegnologievooruitgang wat die gebruik en ontwikkeling van Suid-Afrika se 11 amptelike tale ondersteun. Noudat die NWU die nasionale navorsingsinfrastruktuur – die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Digitale Taalhulpbronne – huisves, is die universiteit in staat om sy verbintenis tot meertaligheid ’n reusetree vorentoe te neem.

lees meer

Fisikus kyk na die son vir gestoorde krag

Sonenergie is ’n onderbroke energiehulpbron, maar dit kan vir latere gebruik gestoor word, sê prof Ashmore Mawire, hoofnavorser van die son- termiese energie-navorsingsgroep op die NWU se kampus in Mahikeng.
Hy is een van die min toegepaste fisici wat bergingstelsels vir son- termiese energie vir huishoudelike toepassing in Suid-Afrika ondersoek.

lees meer

Toetsing by geboorte kan babas red

Die toetsing van pasgebore babas (newborn screening, NBS) word internasionaal erken as noodsaaklik in voorkomende gesondheidsorg-praktyke. Dit behels die toetsing van pasgebore babas vir behandelbare genetiese toestande of aangebore foute in metabolisme wat moontlik nie by geboorte sigbaar is nie. Alle toetse op pasgebore babas word deur die NWU se NBS-laboratorium hanteer.

lees meer

facebook
twitter
youtube

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die nuusbriefredakteur, willie.duplessis@nwu.ac.za te stuur.