Vol 1 2017

NWU se nuwe navorsingsnuusbrief

Hier is dit! Die Noordwes-Universiteit stel met trots die eerste uitgawe van die splinternuwe nuusbrief, Navorsing@NWU, bekend.

Die doel van hierdie nuusbrief is om navorsingsprojekte, navorsers en verwante geleenthede bekend te stel.

Hier stel prof Frikkie van Niekerk, die NWU se adjunkvisekanselier vir navorsing, innovasie en tegnologie, hierdie opwindende nuwe elektroniese nuusbrief bekend.

immagine1
immagine1

Van oorlewing tot groei: skep 'n beter toekoms vir slagoffers van seksuele misbruik

Die hartverskeurende realiteit van die seksuele misbruik van kinders is 'n wêreldwye euwel wat twee navorsers van die NWU aanpak deur oorlewendes te help om hulle trauma te hanteer en te groei.

Die wêreldwye voorkoms soos dit in 22 lande gemeet is, dui daarop dat 18% tot 20% van meisies en 8% tot 9% van seuns hierdie trauma op een of ander stadium van hulle lewe moet verwerk.

lees meer

Bekostigbare kunsledemate binnekort 'n realiteit

Om 'n ledemaat te verloor is sekerlik 'n traumatiese ervaring. Dit gaan gewoonlik gepaard met astronomiese mediese rekenings, en die laaste ding waaroor mens dan jouself moet bekommer, is genoegsame fondse om later 'n prostetiese ledemaat te kan bekostig. Ongelukkig is dié bekommernis vir meeste mense wat 'n ledemaat verloor het, 'n harde realiteit.

Die NWU se Fakulteit Ingenieurswese is besig met baanbrekerswerk en poog nou om prostetiese ledemate te vervaardig sodat dit teen 'n fraksie van die tradisionele prys in die mark aangebied kan word. Veral aan diegene wat as gevolg van 'n gebrek aan fondse, 'n nuwe arm of been bloot 'n droom sal bly.

lees meer

immagine2

Wiskundige deel kundigheid in Maleisië

Prof Jamshid Moori, wiskundige en navorsingsprofessor van die Mafikengkampus, het onlangs 'n rede by die vierde konferensie van die Biannual International Group Theory Conference in Kuala Lumpur gelewer.

lees meer

immagine3 immagine4 immagine5

Metale in voëleiers 'n bron van kommer

Die reier wat die goue eier lê?

Wetenskaplikes van die NWU het verskeie metale en halfmetale in voëleiers in die opvangsgebied van die Oranjerivier gevind.

Dié navorsers is van mening dat dit ook moontlik vir mense 'n gesondheidsgevaar kan inhou.

lees meer

Spraakplatform om Parlement te help

Met 11 amptelike tale in Suid-Afrika gaan dit nooit 'n maklike taak wees om 'n doeltreffende dog bekostigbare manier te kry om spraak na teks te transkribeer nie.

Dit gaan egter verander met behulp van die innoverende denke van navorsers wat 'n oopbron-, webgebaseerde platform vir spraaktranskripsie skep.

lees meer

Jonker-broers bereik nog hoër hoogtes

In die geskiedenis van lugvaart het verskeie broers oor die jare heen groot hoogtes bereik.

Die Jonker-broers van Potchefstroom staan egter nie terug nie. Hulle het die afgelope 10 jaar met hul onderneming, Jonker Sailplanes, groot opslae in die wêreldmark van sweeftuie gemaak, en het pas weer 'n reuse aankondiging gemaak.

lees meer

Prof Eno se gradering spring van C1 tot B3

Die Nasionale Navorsingstigting (NNS) het aan prof Eno Ebenso, waarnemende viserektor vir navorsing en beplanning op die Mafikengkampus, 'n B3-gradering gegee vir die internasionale erkenning wat hy in chemie geniet.

Eno is een van agt NWU-navorsers wat onlangs 'n hoër gradering ontvang het. Hy was voorheen 'n C1-gegradeerde navorser en sy nuwe B3-gradering bevestig sy internasionale status ten opsigte van chemiese navorsing oor korrosiestremming.

Die NNS ken 'n B3-gradering toe wanneer alle beoordelaars saamstem dat die wetenskaplike aansienlike internasionale erkenning geniet vir die hoë gehalte en impak van hulle jongste navorsingsuitsette, en indien sommige van die beoordelaars aandui dat die navorser 'n gerekende internasionale kundige in die betrokke veld is.

lees meer

immagine2

Dis tyd om erkenning aan vullissmouse te gee

Hulle is 'n algemene gesig in Suid-Afrika terwyl hulle deur vullishope krap en blikke in voorstede, besigheids- en nywerheidsdistrikte deursoek. En tog is daar min bekend oor die rol wat vullissmouse in die ekonomie speel.

lees meer

 

Handhaaf die balans: Suid-Afrika se mees diverse vloedvlakte-ekostelsel

Duisende mense maak staat op die vloedvlakte van die benede-Phongolorivier in KwaZulu-Natal, en dieselfde geld vir miljoene visse, paddas, voëls, insekte en ander waterdiere.

Maar hoe kan hulle almal volhoubaar saam bestaan, en wat is nodig om die delikate balans van Suid-Afrika se grootste, rykste en mees diverse vloedvlakte-ekostelsel te handhaaf?

lees meer

immagine1
facebook
twitter
youtube

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die nuusbriefredakteur, willie.duplessis@nwu.ac.za te stuur.