September 2019

NWU – uitnemendheid deur navorsing!

Welkom by 2019 se vyfde uitgawe van die Noordwes-Universiteit se navorsing- en innovasienuusbrief, Navorsing@NWU. Dié nuusbrief is 'n vertoonvenster vir navorsingsprojekte, navorsers en verwante gebeure. Hierdie nuusbrief is een van sewe, en word aan akademiese personeel en navorsers gedurende die jaar gestuur.

immagine1

NWU-vroue skitter by gesogte wetenskaptoekennings

Die vroue van die NWU skitter steeds in Vrouemaand en hulle buitengewone prestasies word raakgesien.

Op 15 Augustus was die NWU goed verteenwoordig by die Departement Wetenskap en Tegnologie se toonaangewende Suid-Afrikaanse Vroue in Wetenskap-toekennings (SAWiSA) in Port Elizabeth.

lees meer

immagine3 immagine4 immagine5

Bordspeletjie help studente om die sprong te maak

Nuuskierigheid stimuleer die brein, en dit maak bordspeletjies die ideale leerinstrument. Rekeningkundestudente sal dit binnekort agterkom wanneer hulle 'n nuwe bordspeletjie speel wat spesiaal vir hulle ontwerp is. Kreatiewe benaderings tot onderrig en leer word toenemend binne en buite hoër onderwys gebruik. Een van die toonaangewers in tafelbladspeletjie-ontwerp is die navorsingseenheid vir Tegnologieverbeterde Leer en Innoverende Onderwys en Opleiding in Suid-Afrika (TELIT-SA), wat by die NWU geleë is.

lees meer

Navorsing om afval in biobrandstof te omskep

Een mens se vullis kan waarlik 'n ander man se rykdom wees. Die NWU, in samewerking met die Bauhaus-Universität Weimar (BUW) in Duitsland, is besig om aan baanbreker-navorsing te werk wat afval sal verminder en skoon, hernubare energie sal verskaf. Die afval wat hulle beplan om te gebruik, is mis, rioolvuil en fekale slyk, wat in biogas* omskep gaan word. Die vier jaar lange navorsingstudie word deur prof Carlos Bezuidenhout van die NWU se Eenheid vir Omgewings-wetenskap en -bestuur en prof Jörg Londong van die BUW gelei.

lees meer

PhD-gegradueerde se navorsing fokus op Tswana-bok

Dieregesondheid en -produksie is gewoonlik 'n uitdaging in Suid-Afrika se landelike gemeenskappe, en veral onder Tswana-bokboere in Noordwes. Daarom is Mpho Tsheole, 'n tegnikus en onlangse PhD-gegradueerde van die NWU, vasbeslote om 'n oplossing te vind. Sy het navorsing gedoen oor die effek van byvoeding in die vorm van proteïen op die groei en reproduktiewe gesondheid van Tswana-bokke. Dié inheemse bok is 'n veelkleurige, mediumgrootte ras met lang slap ore, 'n kort growwe haarstruktuur en het meestal 'n baard en horings.

lees meer

immagine1 immagine4

Navorser sien geleenthede raak, nie struikelblokke nie

Daar is 'n algemene opvatting onder die meeste hoopvolle voorgraadse studente dat, indien die tradisionele manier om vir tersiêre onderrig te betaal nie vir hulle beskikbaar is nie, hul nie die geleentheid sal hê om 'n opwindende loopbaan na te jaag nie. 'n Inspirerende jong akademikus het dié mite die nek ingeslaan deur die deure van moontlikhede wyd oop te skop.

lees meer

Prof Lebo Seru het groot drome vir nanotegnologie

Daar is niks kleins aan prof Lebogang Katata-Seru se idees nie. Sy werk tans as 'n medeprofessor in analitiese chemie op die NWU se kampus in Mahikeng en is die direkteur vir die Skool vir Fisiese en Chemiese Wetenskappe. Sy glo dat talle van die land se uitdagings deur nanotegnologie opgelos kan word.

lees meer

Vind meer uit oor die NWU se navorsingsleerstoele

Die NWU het 'n aantal toegewyde en kundige navorsingsleerstoele wat die universiteit help om sy ideal te bereik om navorsing en innovasie met 'n noemenswaardige internasionale impak te lewer. Ontmoet in hierdie uitgawe prof Anél du Plessis, die Departement van Wetenskap en Tegnologie / Nasionale Navorsingstigting-navorsingsleerstoel in Stede, Reg en Omgewingsvolhoubaarheid.

kyk die video



facebook
twitter
youtube

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die nuusbriefredakteur, willie.duplessis@nwu.ac.za te stuur.