Mei 2019

NWU – navorsing met impak!

Welkom by 2019 se derde uitgawe van die Noordwes-Universiteit se navorsing- en innovasienuusbrief, Navorsing@NWU. Dié nuusbrief is 'n vertoonvenster vir navorsingsprojekte, navorsers en verwante gebeure. Hierdie nuusbrief is een van sewe, en word aan akademiese personeel en navorsers gedurende die jaar gestuur.

immagine1

Belangrike befondsing toegewys aan grootskaalse samewerkingsprojekte

Prof Refilwe Phaswana-Mafuya, adjunk-visekanselier vir navorsing en innovasie by die NWU, sê dat universiteite hulle befondsingsbronne vir navorsing in 'n hoogs mededingende omgewing moet diversifiseer.

"In hierdie tyd van ekonomiese besuiniging word regerings gedwing om hulle besteding en begrotings te besnoei om finansieel lewensvatbaar of volhoubaar te bly. Universiteite word dus toenemend uitgedaag om alternatiewe maniere te vind om te voldoen aan die toenemende eise om finansiële hulpbronne te vind om die akademiese projek aan die gang te hou."

lees meer

immagine3 immagine4 immagine5

Astrofisici help om geheime van die heelal te ontsluit

Die hoë-energie-astrofisikagroep by die NWU se Sentrum vir Ruimtenavorsing speel 'n belangrike rol in sleutelwetenskapprogramme van die Cherenkov Telescope Array (CTA) wat in Chili gebou gaan word. Die finale ooreenkoms tussen die CTA-sterrewag en die European Southern-sterrewag is aan die einde van verlede jaar onderteken.

lees meer

Nuwe geneesmiddel-ontdekkings is drievoudige aanval

Navorsers van drie Suid-Afrikaanse universiteite gebruik die krag van suurstof in 'n drievoudige geneesmiddelbehandeling-strategie teen siekte-veroorsakende parasiete en bakterieë. Suurstof is die sleutel tot die lewe – en dit geld eweveel vir parasiete en bakterieë wat malaria, tuberkulose en sekere ander verwante siektes veroorsaak, as vir mense en diere.

lees meer

NWU by Lindau-vergadering verteenwoordig

Min wetenskaplike byeenkomste is so gesog as die beroemde jaarlikse Lindau-vergadering. Twee NWU-studente het die eer om gekies te word om die 2019-geleentheid by te woon. Hester Schutte, 'n PhD-student, en Hannes Thiersen, 'n MSc-student, albei van die Sentrum vir Ruimtenavorsing, is gekies om aan die 69ste Lindau Nobelpryswenner-vergadering deel te neem.

lees meer

immagine1 immagine4

2019 Navorsingsdag plaas opkomende navorsers in die kollig

Die belangrikheid van navorsing en die toepassing daarvan in die gemeenskap is op die oomblik in die kollig – veral te midde van wêreldwye debatte oor die rol van universiteite wat weer opvlam.

lees meer

Jag genereer die meeste wins vir wildboere

Wat wildboerdery betref, lewer jag en teling die grootste produksie-uitset en vereis dit die hoogste kapitaaluitleg, maar genereer dit ook die grootste wins.

lees meer

Vind meer uit oor die NWU se navorsingsleerstoele

Die NWU het 'n aantal toegewyde en kundige navorsingsleerstoele wat die universiteit help om sy ideal te bereik om navorsing en innovasie met 'n noemenswaardige internasionale impak te lewer. Ontmoet in hierdie uitgawe prof Rosemary Cromarty, die ETDP SETA-navorsingsleerstoel in Vroeë Kinderontwikkeling.

kyk die video



facebook
twitter
youtube

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die nuusbriefredakteur, willie.duplessis@nwu.ac.za te stuur.