April 2019

NWU – navorsing met impak!

Welkom by 2019 se tweede uitgawe van die Noordwes-Universiteit se navorsing- en innovasienuusbrief, Navorsing@NWU. Dié nuusbrief is 'n vertoonvenster vir navorsingsprojekte, navorsers en verwante gebeure. Hierdie nuusbrief is een van sewe, en word aan akademiese personeel en navorsers gedurende die jaar gestuur.

immagine1

Navorsing identifiseer nuwe behandelingsopsies vir seldsame siekte

Die navorsing van 'n briljante nagraadse student aan die NWU bied 'n deurbraak in die begrip van mitochondriale siekte en die identifisering van nuwe behandelingsopsies vir pasiënte.

Karin Terburgh het mitochondriale siekte as deel van haar MSc-studies ondersoek, en het muise wat reeds aan hierdie siekte ly – bekend as "Ndufs4 knockout"-muise – gebruik.

lees meer

immagine3 immagine4 immagine5

Navorsing ondersoek kuturele praktyke en MIV/Vigs in Afrika

Die NWU se prof Erhabor Idemudia het baanbrekerswerk gedoen met navorsing wat kulturele praktyke in Afrika ondersoek wat die verspreiding van MIV/Vigs bevorder, en wat gedoen kan word om hierdie verspreiding hok te slaan. Volgens sy navorsing is die Afrika-kultuur een van manlike oorheersing, met vroue wat 'n laer status as mans beklee.
Dit beteken dat mans grootgemaak word om te glo dat vroue minderwaardig is en beheer moet word, terwyl vroue grootgemaak word om mans te respekteer en aan hulle onderdanig te wees.

lees meer

Maak die keuse: oop toegang teenoor vaktydskrifte

Navorsers is argitekte vir innovasie. Hulle navorsingsbevindings sal egter slegs 'n impak op die wêreld hê as dit doeltreffend met die res van die akademiese gemeenskap en die wêreld gedeel word. Met hierdie feit in gedagte het die Biblioteek en Inligtingsdiens-span aan die NWU onlangs 'n Oop Toegang-week op al drie kampusse aangebied. Tot op hede is die deel van sulke inligting tradisioneel gefasiliteer deur eweknie-beoordeelde geslote vaktydskrifte wat slegs deur middel van 'n betaalde inskrywing toeganklik is.

lees meer

Waterwys swartbekboontjie het baie potensiaal

In 'n land wat met watervoorsiening sukkel, het die NWU 'n swartbekboontjie-plant gevind wat nie baie water nodig het vergeleke met ander veldgewasse nie. Hierdie besondere swartbekboontjie is inheems aan Suider-Afrika en die NWU sal die eerste instelling ter wêreld wees wat dit aan die wetenskaplike gemeenskap bekendstel.
Dit word in klein gebiede om Mafikeng, Lehurutshe, Kuruman en Botswana aangetref. Die gewas het verskillende name in die verskillende streke, soos Mae a Tsilwana en Ggopo tsa Nare.

lees meer

Vind meer uit oor die NWU se navorsingsleerstoele

Die NWU het 'n aantal toegewyde en kundige navorsingsleerstoele wat die universiteit help om sy ideal te bereik om navorsing en innovasie met 'n noemenswaardige internasionale impak te lewer. Ontmoet in hierdie uitgawe prof Sanette Marx, die Departement van Wetenskap en Tegnologie/Nasionale Navorsingstigting-navorsingsleerstoel in Biobrandstowwe en Ander Skoon Alternatiewe Brandstowwe.

kyk die video



facebook
twitter
youtube

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die nuusbriefredakteur, willie.duplessis@nwu.ac.za te stuur.