Februarie 2019

NWU – navorsing met impak!

Welkom by 2019 se eerste uitgawe van die Noordwes-Universiteit se navorsing- en innovasienuusbrief, Navorsing@NWU. Dié nuusbrief is 'n vertoonvenster vir navorsingsprojekte, navorsers en verwante gebeure. Hierdie nuusbrief is een van sewe, en word aan akademiese personeel en navorsers gedurende die jaar gestuur.

immagine1

Konferensie inspireer navorsers

Navorsing kan 'n baie eensame aktiwiteit wees en niks kom by kontak met eendersdenkende vakkundiges om 'n navorser te motiveer en te stimuleer nie.

Die voordele om met medenavorsers kontak te hê, is duidelik bewys by die eerste tweejaarlikse Navorsing en Innovasie-konferensie van die NWU, wat verlede jaar van 27 tot 29 November gehou is.

lees meer

immagine3 immagine4 immagine5

NWU dra by tot gehaltemedisyne vir die wêreld

Geen toegewings kan gemaak word wanneer dit by die gehalte van medisyne kom nie. Dit is waarom die NWU se Navorsingsinstituut vir Industriële Farmasie®, waarby CENQAM® geïnkorporeer is, deur die Wêreldgesondheids-organisasie (WGO) as vennoot vertrou word. Die instituut huisves 'n WGO Samewerkingsentrum vir die Kwaliteitsversekering van Medisyne, wat analitiese toetsmetodes ontwikkel en valideer om gehaltekeuring op medisyne uit te voer.

lees meer

Waarom ontwikkel ons nie nuwe besighede nie?

Die ontwikkeling van nuwe entrepreneurs en entrepreneursmaatskappye word as een van die sleutelaspekte beskou om nuwe lewe in die Suid-Afrikaanse ekonomie te blaas. Die regering en privaat instellings ontwikkel talle programme en inisiatiewe wat daarop gemik is, en jongmense word aangemoedig om hulle eie besighede te begin. Hierdie inisiatiewe word hoofsaaklik deur ontwikkelings-agentskappe en sakeskole aan tersiêre instellings aangedryf.

lees meer

Optentia gaan Stats Camp Suid-Afrika aanbied

Wat navorsing betref, is die bevindings net so sterk soos die ontleding van die data. As 'n navorser die statistiese ontleding goed doen, sal die navorsing tot voordeel van die samelewing wees. Indien nie, is 'n geleentheid verlore.
Die NWU se Optentia-navorsingsfokusarea gaan in April in samewerking met twee internasionale kundiges oor statistiese ontleding, prof Todd D Little (VSA) en prof Rens van der Schoot (Nederland), 'n Stats Camp in Suid-Afrika aanbied.

lees meer

NWU-studie gaan voort om studiestukke te lewer

Ná die suksesvolle afsluiting van Kgotla Katlego Masibi se eerste navorsingsverslag oor die elektrochemiese eienskappe van koolstofnanobuise, "Electrochemical properties of carbon nanotubes/PANI/metal oxide nanoparticle nanocomposites towards electrocatalysis of some organochlorine pesticides", is hy hard aan die werk aan 'n tweede referaat nadat hy verlede jaar sy MSc-graad behaal het.

lees meer



immagine1
facebook
twitter
youtube

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die nuusbriefredakteur, willie.duplessis@nwu.ac.za te stuur.