Beste NWU-belanghebber
Die volgende senior aanstellings is deur die Raad gemaak as deel van die herstruktureringsproses om 'n nuwe unitêre model vir die NWU te implementeer. Hierdie aanstellings, gemaak deur die Raad tydens hul vergadering op 22 Junie 2017, tree op 1 Julie 2017 in werking:
Adjunkvisekanselier (AVK): Toewysbare Funksies en Kampusbedryf & Uitvoerende Direkteur
Mafikengkampus: Kommunikasie volg binnekort.
Potchefstroomkampus |
Vaaldriehoekkampus |
Uitvoerende Direkteur: Studentelewe |
|
|
|
Prof Fika Janse van Rensburg
(waarnemend tot en met 31 Desember 2017) |
Prof Linda du Plessis |
Prof Lumkile Lalendle |
Na afloop van konsultasie met institusionele bestuur, die Senaat, die NWU-raad se Ad Hoc Komitee oor Herstrukturering, die Raad se Uitvoerende Komitee (Exco) sowel as die Raad self, sal die volgende plasings wat betref sleutelposisies oor die universiteit heen ook op 1 Julie 2017 in werking tree:
Uitvoerende dekane
Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe |
Fakulteit Geesteswetenskappe |
Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Fakulteit Ingenieurswese |
|
|
|
|
Prof Sonia Swanepoel |
Prof Marilyn Setlalentoa. |
Prof Awie Kotze |
Prof LJ Grobler
(waarnemend totdat pos gevul is) |
|
|
|
|
Fakulteit Natuurwetenskappe en Landbou |
Fakulteit Opvoedkunde |
Fakulteit Regte |
Fakulteit Teologie |
|
|
|
|
Prof Eno Ebenso |
Prof Robert Balfour
*Prof Martin Oosthuizen se termyn as AVK: Onderrig-Leer verstryk op 30 Junie 2017, en prof Balfour sal as AVK waarneem totdat die posisie gevul is. Die proses om ‘n waarnemende uitvoerende dekaan vir die Fakulteit Opvoedkunde aan te stel, sal binnekort gefinaliseer word. |
Prof Stephen de la Harpe
(waarnemend totdat pos gevul is) |
Prof Rantoa Letŝosa
(waarnemend totdat pos gevul is) |
Alle individue wat in die onderskeie posisies geplaas is, sal hierdie posisies behou totdat hul huidige termyne verstryk. Dekane wat nie geplaas is nie en/of dié wat verkies het om nie geplaas te word nie, sal terugkeer na hul terugvalposte in die onderskeie fakulteite, soos gestipuleer in die kontraktuele ooreenkomste wat tussen hulle en die universiteit gesluit is.
Alhoewel sommige adjunkdekane reeds geplaas is, gaan gesprekvoering wat betref ander of alternatiewe plasings sowel as waarnemende plasings voort. Meer inligting hieroor, wat die name van hierdie persone sal insluit, sal gekommunikeer word sodra die proses gefinaliseer is.
Ek wil graag die aangewysde kollegas gelukwens. Ek is oortuig daarvan dat hulle almal die insig het om die universiteit se strategie te realiseer – om die NWU te transformeer en te posisioneer as ʼn unitêre instelling van voortreflike akademiese uitnemendheid met ʼn verbintenis tot sosiale geregtigheid. Saam sal ons die NWU na hoër hoogtes kan neem.
Vriendelike groete
Prof Dan Kgwadi
Visekanselier
|