Julie 2023

Welkom by die tweede uitgawe van IMPAK@NWU, die Noordwes-Universiteit (NWU) se nuusbrief vir gemeenskapsbetrokkenheid.

Hierdie kwartaallikse publikasie bevat besonderhede oor ons volhoubaarheidsinisiatiewe, komende gemeenskapsaktiwiteite, geleenthede vir vrywilligerwerk, en hoe jy 'n aktiewe deel kan word van die NWU se verbintenis om ons gemeenskap te dien.

"As we serve others, we are working on ourselves; every act, every word, every gesture of genuine compassion naturally nourishes our own hearts as well.”
- Wayne Muller -

Agterplaastuin-vennootskap skiet wortel betyds vir Nelson Mandela-dag

In 'n tyd waar voedselonsekerheid 'n dwingende bekommernis is, bied gemeenskapstuine 'n praktiese oplossing deur toegang tot vars, voedsame kos te verhoog. Hierdie tuine bemagtig individue en gemeenskappe om beheer van hulle voedselproduksie te neem, en om die afhanklikheid te verminder van duur en dikwels ongesonde voedselalternatiewe wat by die winkel gekoop word.

Lees meer

Bring tegnologiekennis na verarmde klaskamers

Die NWU maak seker dat leerders nie agterbly nie, en dat hulle die gereedskap en kennis het om aan die uitdagings van die immerveranderende wêreld te voldoen.

Lees meer

Leerders leer meer oor die gevolge van klimaatsverandering

Leerders van die StudyXpress Hoërskool het die kans gekry om te sien watter tipes besoedeling en drywers van klimaatsveran-dering in hul omgewing aangetref word.

Lees meer

Verken Suid-Afrika se unieke en interessante erfenis

Het jy al ooit oor die betekenis van 'n monument langs die pad gewonder? Dalk het jy al in 'n dorp stilgehou en gewonder waar die besienswaardighede is.

Lees meer

Nuwe benadering tot onderwys is nie net kinderspeletjies nie

LEGO®-blokkies in die klaskamer is ewe onweerstaanbaar vir leerders en voordiens-onderwysers, en so ontdek hulle dat speel en leer nie so veel van mekaar verskil nie.

Lees meer

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die nuusbriefredakteur, angeline.marokoane@nwu.ac.za te stuur.