April 2023

Welkom by die eerste uitgawe van IMPAK@NWU

Die Noordwes-Universiteit (NWU) is trots om die eerste uitgawe van ons gemeenskaps-betrokkenheidsnuusbrief, IMPAK@NWU, aan te bied.

Hierdie kwartaallikse publikasie bring vir julle die jongste nuus oor die NWU se inisiatiewe, gebeure en projekte wat probeer om 'n sterker verwantskap tussen die universiteit en ons plaaslike gemeenskappe te bou.

Elke uitgawe sal besonderhede bevat oor ons volhoubaarheidsinisiatiewe, beplande gemeenskapsaktiwiteite, geleenthede vir vrywilligers en hoe julle 'n aktiewe deel van die NWU se verbintenis tot diens aan ons gemeenskap kan word.

"Gemeenskapsbetrokkenheidsgeleenthede maak dit vir ons personeel en studente moontlik om aktiewe burgers te word en die waarde te ontdek wat hulle kan toevoeg en ontvang deur diens, betrokke vakkundigheid en 'n sorgsaamheidsetiek wat deur vennootskappe en samewerking aangedryf word," sê prof Sonia Swanepoel, adjunk-visekanselier vir gemeenskapsbetrokken-heid en Mahikengkampusbedrywighede.



Kyk na die video links.

Pad the Way-projek ten bate van die gemeenskap

Die GoAllOut-organisasie se studente-tak het 'n gemeenskapsdiensprojek geïnisieer om bewustheid vir die belangrikheid van persoonlike higiëne vir vroue te kweek.

Lees meer

NWU gaan groen

Ons moet die omgewing verstaan en ook hoe mense se gedrag bydra tot klimaatsverandering, wat tot gronderosie, swak luggehalte en ondrinkbare water lei.

Lees meer

Gemeenskappe baat by die NWU se ontwikkelingsprojekte

Vier projekte van die NWU wat in vennootskap met gemeenskappe uitgevoer word, is voorbeelde van hoe samewerking met gemeenskappe 'n impak kan maak.

Lees meer

Bewusmaking oor die belangrikheid van slange

Ons as mense word geleer dat ons alle lewende dinge moet respekteer, maar dit kan 'n sensitiewe saak wees as dit by slange kom.

Lees meer

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die nuusbriefredakteur, angeline.marokoane@nwu.ac.za te stuur.