REDAKSIONEEL

Prof Dan Kgwadi

Boodskap van

die visekanselier

Geagte alumnus,

 

Hier teen die einde van die jaar is dit vir my ’n plesier om ’n paar 2018-hoogtepunte oor jou alma mater, die Noordwes-Universiteit, uit te lig.

 

Ons het bevredigende vordering gemaak met die vestiging van die nuwe unitêre struktuur. Dit bly egter ’n voortgaande projek om ons struktuur en bedryfsmodel te optimaliseer. Ondanks uitdagings in hierdie verband kon ons die oog op die bal hou, soos dit blyk uit ons prestasies op verskillende terreine.

 

Sowat 15 000 studente het gedurende 2018 hul eerste grade of diplomas ontvang terwyl 255 kandidate doktorsgrade ontvang het. Hierdie bly die kern van ons aktiwiteite.

 

Ons studentelewe word ook al hoe meer unitêr, nie in die minste nie die wyse waarop die NWU se sportspanne ons trots in hul nuwe pers drag verteenwoordig het.

 

Gepraat van studente: ons is trots op die wyse waarop hulle op hul studies gefokus het. Nie ’n enkele akademiese dag het weens protesoptrede verlore gegaan nie.

 

Ek is ook bly om te kan rapporteer dat 15 000 studente beurse van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (Engels: NSFAS) ontvang het, teenoor 6 200 twee jaar gelede. Dit het groter eise aan ons ondersteuningspersoneel gestel, maar hulle het wonderlik op die uitdaging gereageer.

 

Ons finansies is stabiel. Ons hou die balansstaat fyn dop en het daarin geslaag om ons reserwes te vergroot. Die NWU bly een van die mees bekostigbare universiteite in die land.

 

Van ons navorsers het individuele erkenning gekry waarop ons baie trots is. Hierdie prestasies moet in dieselfde asem genoem word as die vierster-toekenning wat ons van die internasionale graderingsagentskap QS ontvang het. NWU-studente se vermoë om werk te kry is ook deur hierdie normeringsoefening uitgelig.

 

Meertaligheid is die hart van ons nuwe taalbeleid en onderskraag ons studente se vermoë om in meer as een taal te funksioneer. In dié opsig is ons toekomsgerig en bevorder ons maatskaplike samehorigheid.

Alles in ag genome, meen ek jy kan trots voel op jou alma mater. Ek hoop jy stem saam en gaan voort om die universiteit op allerlei wyses te ondersteun.

 

Ek wens jou ’n geseënde feestyd en ’n voorspoedige 2019 toe.

 

 

Prof Dan Kgwadi

Visekanselier

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U